Voor geldrugby, toe die Curriebeker nog getel het …

Die eertydse voedingsaar van Springbokrugby is toegedruk en tot niet.

Ja, dis die Curriebeker-reeks waarna verwys word, die kompetisie wat deur die jare soveel wonderlike kragmetings en uitstekende drieë opgelewer het; en ook soveel vreugdevolle, maar ook bewoë en hartseer toeskouers, ná wedstryde agtergelaat het.

Ek was ʼn laerskoolseuntjie toe ek in 1956 vir Noord-Transvaal onder Hennie Nel ‒ ironies ʼn oud-Nataller ‒ in die Ligbloues se eerste weg-eindstryd en Natal in hul eerste nóg, sien speel het. Dit was ʼn reënerige dag en ek het net onder die ou horlosie, noordoos op die ou Kingsmead-krieketveld, gesit. My helde van Natal is in die laaste twee minute geklop met ʼn drie deur Schalk van Dyk in die hoek waar Castle Corner later was. Die wentelling was net 9-8.

Daar was die lang strafskop, teen die sterk bries in, van Peet Smit wat die Ligbloues in 1970 gekelder het; Natal wat in 1990 op Loftus vir Noord-Transvaal ore aangesit het; die wendrie van Pierre Spies in 1975 teen die Vrystaat wat van die Bloemfonteinse ondersteuners in trane gelaat het.

Wie onthou nog Naas Botha se 24 punte toe die Ligbloues vir Transvaal op Ellispark met 24-18 geklop het? Vier skepskoppe, vier strafdoele. Dit het dié dag selfs ʼn rukkie gehael.

Dan was daar die WP se oorheersing tussen 1982 en 1986 toe hulle vyf keer gewen het ‒ die rekord vir eindstryde. Noord-Transvaal het dit tussen 1977 en 1981 ook amper reggekry toe hulle vier gewen het met dié in 1979 teen die WP wat gelykop was.

Die eerste eindstryd is eers in 1939 gespeel, toe Transvaal die WP op Ellispark geklop het. Transvaal het ook onder ʼn nuwe stelsel in 1922 die Curriebeker gewen, die heel eerste jaar wat daar nie op ʼn sentrale veld gespeel is waar die wenner binne tien dae of so in ʼn toernooi beslis is nie.

Die Curriebeker se formaat het gedurig verander. Onder meer is daar nie gespeel as daar ʼn toerspan in die land was nie. Dan was daar nasionale proewe en vriendskaplike wedstryde op provinsiale vlak om die land se bestes besig te hou.

Dit is hierdie beginsel wat in 1957 daartoe gelei het dat die Curriebeker oor drie jaar beslis is, hoewel daar net in twee van die jare gespeel is! Die Franse het in 1958 die eerste keer hier kom toer (en die tweetoets-reeks gewen) en daar was dus dié jaar geen wedstryde om die Goue Beker nie.

Geen kompetisie is foutvry nie, veral nie die Superrugby-sirkus nie.

Soms het al 22 die destydse bonde (insluitende Rhodesië en Suid-Wes-Afrika) aan die Curriebeker-reeks deelgeneem, later net die ses of agt of tien beste spanne; soms was dit ʼn dubbelronde; en die uitspeelwedstryde is ook beslis met inagneming van waar die twee spanne laas in ʼn uitspeelwedstryd teen mekaar betrokke was ‒ en indien nooit, waar hulle laas teen mekaar gespeel het.

Die ander span het dan tuisveldvoordeel gekry.

Vanjaar se kompetisie is ook nie regverdig nie. Elk van die sewe spanne speel een keer teen elke teenstander, met een wedstryd tuis en een weg. Die indeling is volgens verlede jaar se posisies van spanne in die Curriebeker-kompetisie gedoen.

Die nadeel? Jy moet jou sterkste teenstander dalk weg aandurf, met in ruil ʼn makliker wedstryd tuis wat jy waarskynlik in elk geval weg ook sou gewen het.

Ja, geld het gewen met die Superreeks wat so lank duur en die Gans wat die eiers in Junie en op die jaareindtoer moet lê.

Die Curriebeker-bepalings:

Vrydag, 17 Augustus
Vrystaat Cheetahs vs Blou Bulle, Bloemfontein – 19:00
Saterdag, 18 Augustus
Pumas vs Griekwas, Nelspruit – 14:05
Vrydag, 24 Augustus
Goue Leeus vs Griekwas, Johannesburg – 19:00
Saterdag, 25 Augustus
Sharks vs Blou Bulle, Durban – 15:00
Westelike Provinsie vs Vrystaat Cheetahs, Kaapstad – 17:15
Vrydag, 31 Augustus
Pumas vs Westelike Provinsie, Nelspruit – 19:00
Saterdag, 1 September
Blou Bulle vs Goue Leeus, Pretoria – 15:00
Vrystaat Cheetahs vs Sharks, Bloemfontein – 17:15
Vrydag, 7 September
Sharks vs Pumas, Durban – 19:00
Saterdag, 8 September
Griekwas vs Blou Bulle, Kimberley – 15:00
Goue Leeus vs Vrystaat Cheetahs, Johannesburg – 17:15
Saterdag, 15 September
Goue Leeus vs Westelike Provinsie, Johannesburg – 15:00
Griekwas vs Vrystaat Cheetahs, Kimberley – 17:15
Blou Bulle vs Pumas, Pretoria – 19:30
Saterdag, 22 September
Vrystaat Cheetahs vs Pumas, Bloemfontein – 15:00
06 Augustus 2018 14:15
Sharks vs Goue Leeus, Durban – 17:15
Westelike Provinsie vs Griekwas, Kaapstad – 19:30
Saterdag, 29 September
Westelike Provinsie vs Sharks, Kaapstad, 14:00
Vrydag, 12 Oktober
Pumas vs Goue Leeus, Nelspruit – 19:00
Saterdag, 13 Oktober
Griekwas vs Sharks, Kimberley – 15:00
Blou Bulle vs Westelike Provinsie, Pretoria – 17:15
Saterdag, 20 Oktober
Halfeindstryde
Saterdag, 27 Oktober
Eindstryd

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Wesley ·

Hoeveel van hierdie Curriebeker-dood artikels moet ons nog mee toegegooi word. Dit kom al nou vir jare, seker vanaf 2008, en begin nou afgesaag te word…. Nogals 2 in een week op hierdie tuiste. Ons almal weet dit! Die lug is blou, gras is groen! Kom ons skryf daaroor….

Adriaan ·

Ek geniet dit. As jy nie daarvan hou nie, moet dit nie lees nie.

nico k ·

Ek self is baie jammer dat die Curriebeker so afgewater is. Dit was my gunsteling reeks en ek het die reeks baie meer geniet as die superreeks. Maar ons kan niks doen om proffesionele sport te keer nie. As jy wil hê jou span moet die beste wees, dan moet hulle voltyds oefen en kan nie nog ‘n beroep beoefen nie. En moenie dink die rugbyspelers in die “amateur” dae het nie ook baie geldelike “voordele” gekry nie. Dit is interessant hoe oud is beroepsport. Rugby liga het reeds in 1896 weggebreek van rugby omdat die spelers betaal wou word. Ons rugby is deur die ryk adelikes gespeel wat nie geld nodig gehad het nie. Rugbyliga deur arm fabriekwerkers wat moes onbetaalde verlof neem as hul op ‘n Saterdag wou speel. En dan het Uys Krige vertel hoe hy beroepsrugby in 1930 in Frankryk gespeel het. So beroepssport is deel van die lewe en dit is net rugby wat so lank uitgehou het daarteen.

Johan ·

Die bulle moet wen al is dit in Bloemfontein hulle Kan ver wen die spelers is daar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.