Eike-agttal met SA slot vermorsel Brasilië

Met ʼn slot uit Suid-Afrika in sy verwoestende agttal, het Roemenië Saterdag Brasilië op die Arcul de Triumf-stadion in Boekarest met 56-5 vermorsel.

Johan van Heerden, wat voorheen vir die Pumas en die Griffons uitgedraf het, het in sy 24ste toets vir die Eike gespeel.

Die Roemeense flank Andrei Gorcioaia het drie keer gaan druk, twee keer binne die eerste tien minute; en Luke Samoa, die span se losskakel, het 14 punte behaal deur met sewe uit sewe doelskoppe te slaag.

De Wet van Niekerk, ʼn produk van die Stellenbosse Rugbyakademie, het vir Brasilië op die regtervleuel uitgedraf.

Die Eike het die afgelope paar weke op toer met 25-9 teen Kanada gewen, maar met 21-33 teen Japan slae gekry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Veritas ·

Dinge lyk maar sleg as spelers van dié gehalte nie eers probeer om die Springbokspan te haal nie. Die vyande van die Afrikaner is besig om die stryd te wen. Hulle weet maar alte goed dat ‘n volk sal verdwyn as jy sy taal, kultuur en godsdiens só afwater dat dit nie meer belangrik is vir lede van daardie volk nie.

Nico ·

Ons moet pasop een van die dae speel die bokke teen n hele suid-afrikaansetoets span.Kan ons eie reeks begin

Daniel ·

hy het vir die griffons en pumas gespeel. dis nie eers provinsiaal nie. hy speel vir Romania.

dis n ander saak as hy vir n top 10 land gespeel het.

Stellenbosch rugby akademie. so hy kon nie eers WP se groepe haal nie.

brazil sal teen Tukkies verloor en groot verloor

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.