Eina! Daar slaan Allister die transformasiebal aan

Warrick Gelant – dalk word hy Saterdag Bok. (Foto: GB Jordaan)

Toe die Springbokafrigter, Allister Coetzee, verlede jaar die leisels geneem het, is hy geloof toe hy die span met gekleurde spelers gelaai het.

Maar namate die druk toegeneem het, het dié spelers drupsgewys begin opdroog.

Hoe lyk die Bokspan se vyftiental vir Saterdag se toets in Padova teen Italië? Net vier spelers van kleur in die opdrafspan. Ja, mense, teen Italië.

Hoekom is die regering nou so stil?  Is Heyneke Meyer dan nie om dié rede geoffer nie?

Is Coetzee bang dat die wiele, net soos verlede jaar, dalk weer teen Italië gaan afkom?

Ja, die toerspan is met spelers van kleur gelaai en die Suid-Afrikaanse rugbybaas, Mark Alexander, het met groot tevredenheid daaroor gespog.

Maar hoe gaan Coetzee, of wie ook al, dit regkry om aan die riglyn te voldoen dat daar binne ʼn jaar of twee 50% gekleurde spelers in die groep moet wees as ʼn rits gekleurde spelers nou net duiksakke vashou?

Die vraag is of Curwin Bosch, Raymond Rhule, Lukhayno Am, Oupa Mohoje en Uzair Cassiem teen Wallis kans op die toer sal kry.

Boonop, toe van die sleutelspelers seergekry het,  is ʼn Bok wat oorsee speel,  Duane Vermeulen, nader getrek. Ja, almal het dit verwag, want Vermeulen is immers die eerste keuse.

Maar wat gaan aanstaande Saterdag  gebeur wanneer Wallis wag?

Boonop sal verskeie van Coetzee se staatmakers soos Elton Jantjies, Franco Mostert, Francois Louw en Duane Vermeulen dan nie kan speel nie omdat die toets buite die toetsvenster val en hulle na hul oorsese spanne moet terugkeer.

Gaan Coetzee dan met die randspelers waag?

♦  Daar is net twee veranderinge aan die span wat die Franse verlede Saterdag in Parys met 18-17 geklop het. Dit is die haker Bongi Mbonambi wat in die beseerde Malcolm Marx se plek gekies is en Pieter-Steph du Toit, wat die flank Siya Kolisi vervang, wat na Suid-Afrika teruggekeer het om sy vrou met die geboorte van hul tweede kind by te staan.

Dan kry Warrick Gelant darem kans op die plaasvervangersbank en kan Chiliboy Ralepelle die eerste keer sedert 2013 weer toetsrugby speel as hy opgestuur word.

Daar is nie plek op die bank vir Damian de Allende nie.

Die Springbokspan (toetse en punte tussen hakies)

15. Andries Coetzee (11 toetse, 0 punte), 14. Dillyn Leyds (7, 5), 13. Jesse Kriel (27, 35), 12. Francois Venter (5, 0), 11. Courtnall Skosan (11, 10), 10. Handré Pollard ( 24, 198), 9. Ross Cronjé (8, 10), 8. Duane Vermeulen (38, 10), 7. Pieter-Steph du Toit (30, 20), 6. Francois Louw (56, 40), 5. Lood de Jager (34, 20), 4. Eben Etzebeth (kaptein, 65, 15), 3. Wilco Louw (3, 0), 2. Bongi Mbonambi (12, 0 ), 1. Tendai Mtawarira ( 97, 10). Bank: 16. Chiliboy Ralepelle, 17.  Steven Kitshoff, 18. Trevor Nyakane, 19. Franco Mostert, 20. Dan du Preez, 21. Rudy Paige, 22. Elton Jantjies, 23. Warrick Gelant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lukie Carelsen ·

Terwyl Rudy Paige (die swakste skrumskakel wat nog vir die Bokke gespeel het) deur Allister Coetzee in die Bokgroep ingesluit is saam met ander kwotaspelers sal die Bokke nooit hul potensiaal bereik nie. Ek se weg met Allister Coetzee – die swakste Springbokafrigter ooit!

Die wereld het gelukkig uiteindelik kennis geneem van die chaos in ons land i.t.v. misdaad, korrupsie, finansieele en politiese onstabiliteit, en natuurlik politieke inmenging in ons sport, toe hulle die WB aan Frankryk toegeken het.

Die volgende stap moet wees om ‘n algehele sport boikot teen S.A. in te stel todat spanne op meriete en meriete alleen gekies word. Finish en klaar!

Veritas ·

Lukie, jammer om jou te ontnugter maar die skrif is aan die muur vir SA rugby. Hoe swakker Bokrugby presteer, hoe gelukkiger is die regering. Met die ‘Nelson Mandela wêreldbekertoernooi’ in SA het die ANC besef watse samewerkende invloed, rugby op die bevolking gehad het. Dit is iets wat hulle nie wil hê nie. ‘n Gelukkige bevolking maak die bestaansreg van partye soos die ANC onnodig. Hul kan slegs stemme werf en aan bewind bly indien hulle die swart stem agter hulle kan kry. Die enigste manier om hierin te slaag is om die rassekaart te speel. Die kwotastelsel is juis hierom ingebring. Om die bevolking op alle vlakke teen mekaar op te sweep. Hulle besef maar alte goed dat hulle dae getel is sodra hulle nie meer wit teen swart as wapen kan gebruik nie. Klink dalk na ‘n bogstorie maar hou maar dop hoe vinnig hulle, hul eie droogmakery, op apartheid se skouers plaas.

Callie ·

Was ook maar net net maar Frankryk darem gewen met meeste kwotas uit. Kobus Wiese en sy Suprerugby maatjies wat nooit die moed aan die dag kan le om te erken kwotas is die ondergang van ons rugby nie, is deel van die oorsaak dat niemand daarteen opstaan.

bgj van der westhuizen ·

wel stem saam die regering wil die springbok uit he en laat hulle nou maar dit op neek verder ek mors nie eers my tyd om na springbokke te kyk nie wand kan al voor af se hulle gaan verloor wand oor ras en kleur oral in gedruk word val alles uit mekaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.