Eindstryd: Daar’s nie vir Damian plek as losskakel óf heelagter nie

Damian Willemse – kry nie plek as losskakel óf heelagter nie. (Facebook Foto Leon Lestrada)

Damian Willemse het buite die struktuur van die SuperRugby-reeks nie op losskakel oortuig nie, en voor sy besering in die o. 20-Wêreldkampioenskap en meer onlangs vir die Westelike Provinsie ook effens gesukkel.

En die WP-afrigter John Dobson het besluit Willemse sal Saterdag in die Curriebeker-eindstryd teen die Sharks nie losskakel óf heelagter – die twee posisies waarvoor die Bokafrigter Rassie Erasmus hom oormerk – speel nie.

ʼn Nuwe skakelpaar, in die Springbokke Jano Vermaak en Josh Stander wat vanjaar as losskakel indruk gemaak het, en die keuse van Willemse as binnesenter, is die vernaamste kenmerke van die WP-span wat Dobson gekies het.

Die Springbok-agsteman Sikhumbuzo Notshe is ook weer slaggereed en speel in die eindstryd.

Aan die een kant is die meer taktiese skakelpaar miskien presies wat in ʼn eindstryd nodig is. Die vraag is egter hoe Willemse, wat nie op die verdediging terugdeins nie, in die nuwe posisie met sy keerwerk sal aanpas.

Die span ‒

Dillyn Leyds, Sergeal Petersen, Ruhan Nel, Damian Willemse, SP Marais, Josh Stander, Jano Vermaak, Sikhumbuzo Notshe, Ernst van Rhyn, Kobus van Dyk, JD Schickerling, Chris van Zyl (kaptein), Wilco Louw, Bongi Mbonambi, Ali Vermaak. Bank: Scarra Ntubeni, Caylib Oosthuizen, Michael Kumbirai, Salmaan Moerat, Jaco Coetzee, Herschel Jantjies, Dan Kriel, JJ Engelbrecht.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

What a joke! ·

Jinne ne…nou hoe stap hy dan so maklik in die Bontebok span in en help verloor die laaste wedstryd teen die All Blacks oor hy uit plek speel en nie was posissioneel waar hy moes gewees het nie!
Nou kan hy nie eens plek kry in WP se span nie….Ek verstaan nie so mooi nie! Kyk die man het talent en hy gaan sekerlik moontlik nog groot rugby speel vorentoe maar ons weet hoekom hy daar teen die All blacks gekies is en is toe te lig bevind is..Help nie jy probeer iets ryp druk nie!Nog n ding kies die man op een posisie en vestig hom daar want jul neek sy toekoms op om so rond te val met waar hy moet speel….Hou hom en ontwikkel hom nou op loskakel en laat hom groei daarin…

Derick ·

Kyk hulle kan SA spelers rondskuif soos hulle wil, hulle sal NOOIT op die vlak van NZ spelers kom nie.

Leon ·

Ons hele SA Rugby word op ‘n “joke” gebaseer, jy as speler weet jy is die beste, maar as dit by keuses kom, gaan jy nie gekies word nie, want daar is mense in posisies wat wil voorskryf hoe en wie gekies moet word, en dan wonder hulle hoekom ons nie meer as die beste in die wereld gereken word nie….politiek is ‘n nare ding!

Callie ·

Nee, julle wil nie verstaan nie. Die arme ou het talent. Sy ondergang is hy is nie wit nie. Oor hy as kwota kwalifiseer word hy ryp gedruk. Enige een wat nie wit is nie moet in n rugby seisoen een goeie systap maak en n drie druk dan is hy wereld klas. Gaan luister na enige rugby program of selfs toks en tjops. Almal wat kamstig potensiaal het en nog groot naam gaan maak in springbokrugby is gekleurde spelers volgens die kommentators. Stop dit asb. Die Habanas en Beasts en Chesters het nie lofsangers nodig gehad nie. Hulle het dit op meriete gemaak. Dis nou soos om Cheslin Kolby te kies want kwotas moet volgemaak word. Magtig, julle verdryf rugby liefhebbers. Ons wil net die beste sien. Wit, swart, geel, pienk of groen. Wees net die beste in die land in jou posisie en ons support jou. Wees n kwota en ons laat die game R. I. V

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.