Eindstryd is Rassie se laaste toets as hoofafrigter

Rassie Erasmus het die Springbokke tot hoër hoogtes geïnspireer. (AP Photo/Christophe Ena)

Rassie Erasmus, die man wat waarskynlik selfs baie meer lof verdien as wat hy tans kry, het bevestig dat die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland sy laaste toets as die Bokke se hoofafrigter sal wees.

Die 47-jarige Erasmus is ook SA Rugby se direkteur van rugby en balanseer sedert verlede jaar dié twee verpligtinge in sy bekwame hande.

Onder Erasmus se toesig is die Bokke nie net die Rugbykampioenskap-wenners nie, hulle is tans ook die naasvoorste span ter wêreld, terwyl hulle Saterdag in hul derde Wêreldbeker-eindstryd sal speel.

“Saterdag sal my laaste toets as hoofafrigter wees. Ek het nie gedink dat 25 toetse so vinnig sou verbyvlieg nie; dus gaan Saterdag ’n emosionele wedstryd vir my wees,” het Erasmus gesê.

Volgens Erasmus het hy met sy terugkeer van Munster aanvanklik gedink hy sou meer tyd saam met sy familie deurbring, terwyl hy agter die skerms aan strategieë dink om skoolspanne, die Blitsbokke en die Bok-afrigter van hulp te wees.

“Maar wanneer jy Bok-afrigter word, skroom jy nie om jou hande self vuil te maak nie. Die adrenalien begin deur jou are bruis en jy word werklik deel van die aksie. Dit is hartseer om te dink dat daar nog net drie dae oor is, dan is alles verby.”

Hy het bygevoeg dat hy steeds baie betrokke by die span sal wees en sy opvolger as afrigter sal bystaan.

“Ek moet sê, om afrigter te wees het my weer soveel hoop vir Suid-Afrikaanse rugby gegee. Twee jaar gelede het almal oor hoop gepraat, terwyl ek net op rugby wou konsentreer. Tog het ek van plan verander – as ons met passie speel, dan help ons mense om van hulle probleme te vergeet.”

Maar vir eers sal hy alles in die stryd werp om die William Webb Ellis-trofee te wen.

“Ons het ’n éénmalige kans om weer Wêreldkampioen te word – iets wat ongelooflik baie vir Suid-Afrika en sy inwoners kan beteken.”

Die Bokke se briljante verdedigingsafrigter, Jacques Nienaber, is glo in die binnebaan om die volgende Springbok-hoofafrigter te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

PATTY ·

Rassie sterkte vir saterdag se groot uitdaging. Ons is almal bankvas agter die bokke. Het gisteraand die insetsel van jou gekyk op DSTV en haal my hoed af vir al jou uitdagings en jou deel as speler en aftrigter vir SA Rugby. Wees rustig tot Saterdag.

Werner ·

Erasmus se Bokke kon die Allblacks die afgelope tyd net een keer in vier toetse klop. Is ons regtig die 2de beste span?

Maak dit van ons wêreldkampioen as ons Saterdag wen, of Wêreldbeker-kampioen?

Vonkprop ·

Is die All Blacks in die finaal om die beker te verdedig?…….nee. So is hulle die beste span?

marja ·

Heyneke kon 1 uit 8 en Alistair 0 uit 4 – tog kry Rassie die meeste kommentaar oor 2 verlore, 1 wen (1ste in 10 jaar In NZ en 1ste span wat 5 driee in NZ kon druk) en ‘n gelykop. Net 1 van die wedstryde was in SA (en moes hom gewen het).

schaun ·

Sou die all blacks teen die sa span gespeel het sou hulle definitief n pak slae gekry het maar wen eers die engelse voor julle begin feesvier en grootpraat.

Ag nee! ·

Bokke, Hier gaan ons weer met n nominasie. Wat se ondervindig het hy? Wil jy nou n tweede krieket fiasko sien? Kom by asb..

bokke ·

Hy rig al 4 jaar die Bokke af as hulp-afrigter. Oorgenoeg ondervinding.

Siener ·

Stem saam Werner. Rassie se wen presentasie is maar baie ondergemiddeld as jy dit met Hansen vergelyk. Hansen het net 10 wedstryde uit 107 verloor as afrigter. Ek wonder wat is Rassie se wenrate in 25 wedstryde?

Werner ·

Sedert 2014 kon die Bokke net 22 van hul 44 toetse wen. Hulle het 19 keer verloor en 3 keer gelykop gespeel. Dit is n wenpersentasie van slegs 50%.

Rassie was op 50% voor die Wêreldbeker begin het. Nadat hy Namibia, Kanada en Japan geklop het, het sy % verbeter, maar dis steeds in lyn met Jake White en Snor. Definitief niks om oor opgewonde te raak nie.

Swartwolf ·

Tussen 1891 tot 2007 het die bokke ‘n 67% wenpersentasie gehad. Tussen 2007 en 2019 het dit gedaal tot laer as 60 %.

bokke ·

Blykbaar ‘n wenrekord van 64% (‘n paar maklike wedstryde in ‘n wereldbeker-toernooi help altyd). Vir ‘n SA coach is dit redelik goed. Bokke se wenpersentasie voor hertoelating was 66%, so min of meer op dieselfde vlak (weens rassisme het ons natuurlik nie altyd teen ander spanne se sterkste spanne gespeel nie). Bokke was nooit regtig baie goed nie, apartheidsregering het net mense gebreinspoel om te dink ons is onoorwinlik.

Kaspaas ·

Geluk aan die leunstoel en sleutelbord beoordeellaars hierbo!! Ek is seker julle halwe lee koppies koffie langs julle smaak vir julle beter as die halwe vol koppies van die res van ons!! Doen so voort!!

Jeannette ·

Rassie kon my nie maar gewag het tot na saterdag en dan dit aangekondig het nie dit maak mens sommer moedeloos

bokke ·

Ek sal vir Peter De Villiers as tegniese raadgewer vir die agterlyn aanstel. Die agterspel het erg agteruitgegaan sedert De Villiers weg is.

Swartwolf ·

Jy kan nie ‘n reguit (agter) lyn trek met ‘n krom stok nie. Kyk wie rig die voorspelers af kyk wie rig die agterlyn af. Watter is meer kompeterend op toetsvlak ?

bokke ·

Rassie is hoofafrigter en te blameer want hy laat nie die agterlyn toe om te speel nie. Sy wedstrydplan van skop alles die lug in maak dat die agterlyn die bal bittermin sien en ook kies hy ‘n lomp en stadige losskakel wat in elk geval nie ‘n agterlyn kan wegstuur nie maar eerder self stormram. Om nie eers te praat van sy keuse van heelagter wat nie die bal kan vang en pass nie.

Dubbelloop ·

Roep maar vir Ackers terug, anders moet hulle na een vd top oorsee se afrigters kyk.
Siener, jy en Werner, vergeet van vergelyking van Rassie met Hansen. Dit is maar nie rellevant nie.
Julle klink na moeilke bok supporters. Het julle die AB support en voel nou sleg om die bontebokke te support, noudat julle span reeds môre uitspeel vir die derde plek? A nee a! Anyway geniet die laaste twee wedstryde wat oor is! Go bokke!

Werner ·

Dubbelloop, ek is n Bok-ondersteuner, maar ek laat nie toe dat emosies swaarder weeg as feite nie!

Siener ·

Ek is ‘n All Black ondersteuner en trots daarop. Ek dink dis die rede waarom Rassie bedank het , hy wil nie weer as afrigter teen die All Blacks verloor nie. ‘n Afrigter kan net soveel verloors vat teen die All Blacks.
Ek stem saam oor Ackers as ‘n afrigter maar tipies bok kultuur het hulle lankal vir Ackers die deur gewys.

Griet ·

Hier gaan ons alweer…kla kla kla….bla bla bla. Hoekom is nie een van die doemprofete en deurgesitte bank “kenners” die Bokke se afrigter nie? Rassie is goed genoeg, daarom is die Bokke in die finaal. Ondersteun hulle.

Swartwolf ·

Tussen snorre en toetie weet niemand wie die swakste afrigter was nie. Snorre het ‘n beter rekord want hy het Jake se wereld kampioene geerf. Die spelers het hom sommer gese wat om te doen. Toetie was clueless. Gelukkig was Rassie daar om die gesukkel om te draai.

Apools ·

Hoor SAR soek ‘n internasionale afrigter met statuur en nie een of ander lokale nar nie. Akker is ‘n goeie keuse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.