Elf van 2016 se Junior Bokke na oefenkamp vir o.20-Wêreldkampioenskap

junior-springboks-grootElf spelers wat Suid-Afrika verlede jaar by die o.20-Wêreldkampioenskap in Manchester verteenwoordig het, is na die eerste oefenkamp in Stellenbosch ter voorbereiding vir vanjaar se toernooi genooi.

Curwin Bosch, wat verlede week vir die Sharks op heelagter teen die Reds in die Superrugby-reeks uitgedraf het, Zain Davids, Stedman Gans, Manie Libbok, Benhard Janse van Rensburg, Embrose Papier, Cobus Wiese, Ruben de Villiers, Ernst van Rhyn, Carlű Sadie en Kwenzo Blose is ingesluit in die groep van 50 spelers wat van 5-17 Maart in Stellenbosch sal saamtrek.

Salmaan Moerat, wat die SA Skolespan verlede jaar aangevoer het, is saam met voormalige spanlede van dié span, Gianni Lombard, Manuel Rass, Wandisile Simelane, Damian Willemse en Muller Uys ook na die oefenkamp genooi.

Na afloop van die oefenkamp sal die groep na 28 spelers verminder word.

♦ Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Maandag aangekondig dat Chean Roux, wat die Maties tussen 2008 en 2010 na drie Varsitybekertitels gebrei het, die leisels by Dawie Theron gaan oorvat wat na afloop van verlede jaar se toernooi in Manchester die tuig neergelê het.

Roux het gesê dit sal aan spelers ’n “fisieke en geestelike uitdaging” stel om ’n plek in die 28-tal te verseker.

“Ons gaan die volgende twee maande hard werk om ons strukture en sisteme in plek te kry, om sodoende die verlangde fiksheidsvlakke te bereik wat van die spelers verlang word,” het Roux gesê.

♦ Die Junior Springbokke speel drie opwarmingswedstryde wat deel sal uitmaak van ’n binnelandse toer teen die Griffons in Welkom (31 Maart), Griekwas in Kimberly (5 April), die Cheetahs in Bloemfontein (8 April).

Gedurende ’n derde oefenkamp wat van 18 April tot 12 Mei in Stellenbosch gehou word, sal die span ook teen ’n Varsitybeker-droomspan (25 April) en die Westelike Provinsie (9 Mei) te staan kom.

Oefengroep –

Heelagters: Gianni Lombard (Goue Leeus), Yaw Penxe (Oostelike Provinsie).

Vleuels: Ciaran Dayaram (Blou Bulle), Ilunga Mukendi (Sharks), Mfundo Ndhlovu (Sharks), Michael Tambwe (Goue Leeus).

Senters: Irvin Ali (Blou Bulle), Heino Bezuidenhout (Blou Bulle), Stedman Gans (Blou Bulle), Manuel Rass (Goue Leeus), Wandisile Simelane (Goue Leeus), Cornel Smit (WP).

Losskakels: Curwin Bosch (Sharks), Benhard Janse van Rensburg (Sharks), Manie Libbok (Blou Bulle), Damian Willemse (WP).

Skrumskakels: Francois de Villiers (Sharks), Embrose Papier (Blou Bulle), Bradley Thain (Goue Leeus), Wayne van der Bank (Goue Leeus), Jondre Williams (WP).

Losvoorspelers: Juarno Augustus (WP), Jaco Bezuidenhout (Blou Bulle), Hacjivah Dayimani (Goue Leeus), Zain Davids (WP), Eduan Lubbe (Blou Bulle), Len Massyn (Goue Leeus), Kuyenzeka Xaba (WP), Muller Uys (WP), Ernst van Rhyn (WP).

Slotte: Ruben de Villers (WP), Salmaan Moerat (WP), Reinhard Nothnagel (Goue Leeus), Hendré Stassen (Blou Bulle), Ruben van Heerden (Blou Bulle), Cobus Wiese (WP).

Hakers: Abraham Coetzee (Cheetahs), Johan Grobbelaar (Blou Bulle), Marnus van der Merwe (Cheetahs), HP van Schoor (Goue Leeus).

Stutte: Kwenzo Blose (Cheetahs), Wikus Groenewald (Westelike Provinsie (WP)), Leo Kruger (Goue Leeus), Andrew Kuhn (Cheetahs), Lee-Marvin Mazibuko (WP), Khutu Mchunu (Sharks), Mashao Mukhari (Blou Bulle), Carlu Sadie (WP), Gerhard Steenekamp (Blou Bulle), Abram Venter (Cheetahs).

♦ Die o.20-Wêreldtoernooi word van 31 Mei tot 18 Junie in Georgia beslis. Suid-Afrika se eerste wedstryd is op 31 Mei teen Frankryk.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.