Ellispark kan Curriebeker-hoogtepunt oplewer

Saterdag se kragmeting tussen die Goue Leeus en die Westelike Provinsie op Ellispark behoort een van die hoogtepunte van die huidige Curriebeker-seisoen op te lewer.

Die Leeus is onoorwonne ná drie wedstryde, en die voorloper in die reeks. Die WP is die verdedigende kampioen, en het albei sy botsings tot dusver gewen.

Anders as die tuisspan, speel die besoekers deurentyd goeie rugby, en is noodwendig die gunsteling om die kragmeting te wen.

♦ Die Pumas was in die jongste tyd die Blou Bulle een oor.

Vrydag, op Loftus Versfeld, is ʼn sege veel belangriker vir die tuisspan as vir die besoekers – nie dat die Laevelders juis kan bekostig om te verloor nie. Die uitslag sal egter toon hoe sterk die Bulle se karakter werklik is.

♦ Griekwas en Vrystaat se botsing in Kimberley gaan bloot daarom om die agteros-etiket vry te spring.

Eerste Liga

♦ In die Curriebeker- Eerste Liga val die kollig ten skerpste op die Valke en die Suidwestelike Distrikte se Arende, wat met snawel en klou in Kemptonpark aanmekaarspring.

Die besoekers is met twee seges in drie wedstryde tweede op die punteleer, en die tuisspan met twee uit twee is derde.

Die wenner sal die voortou in die reeks neem omdat die voorloper, die Luiperds, nie dié naweek in aksie is nie.

♦ Laasgenoemde loop breëbors rond nadat hy sy eerste drie wedstryde in die reeks gewen het.

Die Luiperds het vroeër vandeesweek verklaar dat hulle hul belofte, gemaak tydens die span se sukkelende SuperSport-vertoning, met ʼn sterker poging in die Eerste Liga gestand doen. Hul tradisionele nemesis, die Griffons, lê egter nog voor, terwyl die Valke ook nuwe asem geskep het.

♦ Die Griffons, die verdedigende kampioen, kon nog nie vanjaar in die reeks wen nie, en sal Vrydag teen Boland op Welkom sake wil regstel.

♦ Grens behoort sy wedstryd Saterdag teen die OP in Oos-Londen te wen.

Die naweek se bepalings –

Vrydag

Curriebeker
19:00 Blou Bulle teen Pumas, Loftus Versfeld, Pretoria

Eerste Liga

19:00 Grens teen OP, Buffalostad-stadion, Oos-Londen.

Saterdag

Curriebeker

15:00 Goue Leeus teen WP, Ellispark, Johannesburg
17:15 Griekwas teen Vrystaat, Griekwapark, Kimberley

Eerste Liga

15:00 Griffons teen Boland, Welkom.
15:30 Valke teen SWD, Barnardstadion, Kemptonpark.

Spanne –

Curriebeker

Blou Bulle

15 Divan Rossouw, 14 Jade Stighling, 13 Johnny Kotzé, 12 Franco Naudé, 11 Duncan Matthews, 10 Manie Libbok, 9 Ivan van Zyl, 8 Hanro Liebenberg (kaptein), 7 Nick de Jager, 6 Ruan Steenkamp, 5 Eli Snyman, 4 Hendré Stassen, 3 Dayan van der Westhuizen, 2 Jaco Visagie, 1 Matthys Basson. Bank: 16 Edgar Marutlulle, 17 Conrad van Vuuren, 18 Ruan Nortjé, 19 Jano Venter, 20 André Warner, 21 Tinus de Beer, 22 Dylan Sage.

Pumas

15 Devon Williams, 14 Morné Joubert, 13 Neill Maritz, 12 Ryan Nell, 11 Ruwellyn Isbel, 10 Chris Smith, 9 Stefan Ungerer, 8 Willie Engelbrecht, 7 Stefan Willemse, 6 Marnus Schoeman, 5 Hugo Kloppers (kaptein), 4 Le Roux Roets, 3 Andrew Beerwinkel, 2 Marko Janse van Rensburg, 1 Khwezi Mona. Bank: 16 Simon Westraadt, 17 De-Jay Terblanche, 18 Hilton Lobberts, 19 Francois Kleinhans, 20 Abrie Griesel, 21 Kobus Marais, 22 Henko Marais.

Goue Leeus

15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Howard Mnisi, 11 Courtnall Skosan, 10 Shaun Reynolds, 9 Dillon Smit, 8 Hacjivah Dayimani, 7 Len Massyn, 6 James Venter, 5 Marvin Orie (kaptein), 4 Rhyno Herbst, 3 Jacobie Adriaanse, 2 Corné Fourie, 1 Sti Sithole. Bank: 16 Pieter Jansen, 17 Johannes Jonker, 18 Reinhard Nothnagel, 19 Driaan Bester, 20 Nic Groom, 21 Gianni Lombard, 22 Wandisile Simelane.

WP

15 Dillyn Leyds, 14 Sergeal Petersen, 13 Ruhan Nel, 12 Dan Kriel, 11 SP Marais, 10 Josh Stander, 9 Jano Vermaak, 8 Juarno Augustus, 7 Ernst van Rhyn, 6 Kobus van Dyk, 5 JD Schickerling, 4 Chris van Zyl (kaptein), 3 Michael Kumbirai, 2 Scarra Ntubeni, 1 Ali Vermaak. Bank: 16 Chad Solomon, 17 Caylib Oosthuizen, 18 Carlu Sadie, 19 Salmaan Moerat, 20 Chris Massyn, 21 Paul de Wet, 22 Dan du Plessis.

Griekwas

15 AJ Coertzen, 14 Ederies Arendse, 13 Kyle Steyn (kaptein), 12 André Swarts, 11 Enver Brandt, 10 George Whitehead, 9 Christiaan Meyer, 8 Jonathan Janse van Rensburg, 7 Sias Koen, 6 Eital Bredenkamp, 5 Pieter Jansen van Vuren, 4 Wandile Putuma, 3 Ewald van der Westhuizen, 2 Wilmar Arnoldi, 1 Liam Henricks. Bank: 16 AJ le Roux, 17 Nicolaas Oosthuizen, 18 FP Pelser, 19 Wendal Wehr, 20 Zak Burger, 21 Stephan Janse van Rensburg, 22 Christopher Bosch.

Vrystaat

15 Adriaan Carelse, 14 Ali Mgijima, 13 Carel-Jan Coetzee, 12 Tertius Kruger, 11 Vuyani Maqina, 10 Ernst Stapelberg, 9 Rudy Paige (kaptein), 8 Stephan Malan, 7 Nardus Erasmus, 6 Daniel Maartens, 5 Louis Conradie, 4 Abongile Nonkontwana, 3 Stephan van Schalkwyk, 2 Reinach Venter, 1 Johan Kotzé. Bank: 16 Hanno Snyman, 17 Jannes Snyman, 18 Raymond Woest, 19 Luigy van Jaarsveld, 20 Jannes Snyman, 21 Dian Badenhorst, 22 Reinard Erwee.

Eerste Liga

Boland

15 Juandré Joseph, 14 Charles Mayeza, 13 Wilneth Engelbrecht, 12 Wayne Smith, 11 Valentino Wellman, 10 Elgar Watts, 9 Damian Stevens, 8 Zandré Jordaan (kaptein), 7 Kenan Cronjé, 6 Tapiwa Tsomondo, 5 Rinus Bothma, 4 Marlyn Williams, 3 Stefaan Grundlingh, 2 Clemen Lewis (onderkaptein), 1 Arnout Malherbe. Bank: 16 Francois Esterhuizen, 17 Raeez Salie, 18 Brandon Valentyn, 19 Taine Randall Booysen, 20 Jaywinn Juries, 21 Quaid Langeveldt, 22 Bernado Botha.

SWD

15 Leighton Eksteen, 14 Marlo Weich, 13 Tyler Fisher, 12 Vuyo Mboto, 11 Alshaun Bock (onderkaptein), 10 Divan Nel, 9 Johan Steyn, 8 Wayne Wilschut, 7 Nicolaas Immelman, 6 Janneman Stander, 5 Wynand Grassman, 4 Ruben Schoeman, 3 Vukile Sofisa, 2 Jacques Vermaak (kaptein), 1 Lux Koza. Bank: 16 Reinhardt Stears, 17 Dewald Dekker, 18 Hannes Janse van Rensburg, 19 Le Roux Baard, 20 Dillin Snel, 21 Kirsten Heyns, 22 Ganfried May.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.