Ellispark se rooi gety

Vra vir enige oorsese rugbyspeler watter stadion en sy toeskouers die mees intimiderende is en die antwoord is byna altyd: Ellispark.

Jare lank het Loftus se spook by toerspanne vrees ingeboesem, maar namate die Bulls van hul trefkrag verloor het, het die toeskouers gaandeweg makker geraak.

Maar op Ellispark? Aikôna.

Ja, hulle raak stiller wanneer die ander span voorloop, maar dan word die lont aangesteek en word dit nag vir die teenstanders wanneer daar gesing, geskree , vlae gewaai word en die Mexikaanse golf rol.

Saterdag wanneer die Crusaders in die eindstryd van vanjaar se Superrugbyreeks teen die Lions speel, sal hulle bitter min ondersteuning vanuit die paviljoene ontvang. Trouens, niks nie.

ʼn Paar jaar gelede het spanne alles gedoen om vanuit die Goudstad te ontsnap.

Spanne het in Durban en Kaapstad gebly en voorberei, ongeag die ongerief van ʼn bykomende vlug en die uitwerking van die hoogte bo seevlak wat die longe in die tweede helfte laat brand.

Die Waratahs het een jaar in Witrivier gebly, die All Blacks en Nieu-Seelandse Superspanne het die Pilanesberg-wildtuin, Sun City, Pretoria en Centurion probeer.

Maar die Vrydag moes die span darem op Ellispark gaan stap, ʼn laaste kapteinsoefening hou en die skoppers kon vir oulaas hul visiere instel.

Selfs dít het ook geboemerang, soos die dag toe die All Blacks voor die hoofpaviljoen vir oulaas kringetjie gemaak en Andrew Mehrtens en Jeff Wilson aangelê het pale toe.

Iemand (wie anders as ʼn glimlaggende dr. Louis Luyt?) het opdrag gegee om die nuwe sproeiers aan te skakel.

Die All Blacks was briesend, maar die sproeiers het bly spuit, want dit was glo ʼn rekenaarprogram wat nie verander kon word nie.

Papnat het die spelers in die bus geklim, in afwagting op die volgende dag se “hartlike ontvangs” van 58 000 toeskouers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Arie ·

Die eerste keer die jaar moet ‘n rekord wees, was selfs laasweek ver van vol af. Die Lions verdien beter want hulle speel goeie rugby

Jack Russl ·

Watter ander span het hulle stadions vol gemaak?

Almal praat van die Leeus wat so min toeskouers gehad het by die Semi-Finaal. Hoeveel het die Crusaders gehad? Die Leeus het omtrent 28 000 en die Crusaders 15 000. So die Leeus het amper dubbel die hoeveelheid toeskouers gehad.

Nico K ·

Ek stem saam met Arrie. Veral met die kwarteindronde was die pawiljoene baie leeg. Miskien was die ondersteuners seker van hul saak dat daar ‘n eindstryd gaan wees??

Peter ·

@Jack Russl, ons stadion was leeg agv tydelike stadions wat ons Crusaders van gebruik moet maak. JHB het nie n verskoning nie. Die stadion sal daar voller raak hoe vroeer hulle speel, agv die crime in SA. Dis nie veilig om daar rond te wees na donker nie, selfde by Loftus.

Peter ·

Met n region waar Ellispark is, 8,4mil het die Lions maar 27 000 getrek op n stadion van +- 62 000. 35 000 oop seats. 13 000 by n 18 000 stadion = 5000 seats oop. n tydelike stadion het baie daarmee te doen. En soos wat by Saffas gedoen het, doen ons hier ook, hou jou geld vir n tuis finaal. As die Canes gewen het, was daai 18 000 vol. en dan moet daar ook in ag geneem word dat hierdie een van die koudste winters in ons geskiedenis was. n avg van -2/8′. Glo nie daai joburgers sou eers 13000 gekry het met n temp van 4 gedurende die game nie.

Kelvin ·

Ek stem 100% Peter, ons was ook by die ‘Saders game, en die temp stadium maak n groot verskil, maar dink amper die weer n groter rol. Dalk loop ons nog vir mekaar raak hier in kiwiland, dan gaan maak ons n koue een.

Nico ·

Ek stem saam maak dit veilig vir al die toeskouers dan sal daar meer wees

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.