En daar slaan Aaron Smith toe die bal aan

all blacksIn Nieu-Seeland is  rugby koning … vergeet maar van die oorstromings wat die land die afgelope ruk getref het, vergeet maar van die bus- en treinongeluk in Auckland, want wanneer `n All Black-rugbyspeler in die nuus is, staan die land stil.

Toe die All Black-afrigter, Steve Hansen, Woensdagmiddag in Durban met `n begrafnis-stem aankondig (dit was net ná middernag in Nieu-Seeland) dat die skrumskakel Aaron Smith vir `n wedstryd geskors is en huis toe gestuur is omdat hy die span se gedragskode oortree het ná ‘n voorval in `n openbare toilet vir gestremdes op Christchurch se lughawe, het die land wakker geskrik.

Die Nieu-Seelandse eerste minister, John Key, het dadelik gereageer en gesê dat Smith homself en sy land in die steek gelaat het. `n Voorste parlementslid Tracey Martin was ook briesend en het gesê dat wanneer `n speler die All Black-trui dra (in dié geval die span se formele kleredrag) voordat hulle `n vlug op pad na Buenos Aires gehaal het vir verlede Saterdag se kragmeting met die Argentynse Poemas, “behoort hy ook sy broek aan te hou”.

Dit oorheers die nuus op televisie, op die radio, op webwerwe en in die koerante. Ander politici het ook hul menigs gelug, só ook die Nieu-Seelandse menseregte-organisasie, vroueregte-organisasies, sielkundiges, oud-spelers, borge, en op sosiale media gons dit steeds.

Dit was die derde opspraakwekkende voorval vanjaar waarby topspelers betrokke was. Eers het die Chief-spelers marakkas gemaak tydens hul jaareindgeselligheid waar dinge glo handuit geruk het met `n ontkleedanseres; toe is die jong Wellingtonse speler Losi Fillipi (hy was net 17 jaar oud tydens die voorval) en sy broer net op die vingers geraps ondanks die erge aanranding van vier jonge mense wat `n verjaardagpartytjie gevier het.

In Nieu-Seeland het rugby al tot die val van `n regering gelei.

In 1981 was die land in twee geskeur oor die Springbok-toer. Die Nieu-Seelandse eerste minister, Robert Muldoon, en sy kabinet was ten gunste daarvan dat die toer nie kortgeknip moes word nie en moes voortgaan. Maar aan die einde van die jaar het Muldoon die algemene verkiesing met net een setel gewen, en dit was die begin van die einde van die pad.

Hoe sal dit die All Blacks beïnvloed wanneer hulle Saterdag op Kingspark teen die Bokke opdraf?

Ek glo nie `n duit nie, want die spelerskomite van tien senior spelers (met Jerome Kaio, Kieran Read en Ben Smith aan die spits) het aanbeveel dat Smith geskors en huis toe gestuur moet word.

Ek glo eerder dit sal die span nog verder saamsnoer, dat hulle van hul opgekropte emosies ontslae sal wil raak en aan die rugbymal-mense tuis wil wys dat Aaron Smith die bal aangeslaan het in `n paar minute van waansin.

Ai, moes dit ook nog gebeur het?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Frans C ·

Sy plaasvervanger is netso goed en sal hy nie soveel gemis word dat dit die All Blacks se spelpatroon gaan ontwrig nie.

Fonnie ·

Smith se weglating sal geen leemte laat nie.
Die All Blacks het minstens 5 ander skrumskakels wat vir Faf ore sal aansit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.