Engeland in WB-eindstryd na hulle Nieu-Seeland verfomfaai

England se Anthony Watson word in Yokohama in Japan grond toe gebring. (Foto: Mark Baker, AP)

Die krake wat die afgelope drie jaar in Nieu-Seelandse rugby voorgekom het, is Saterdag in Yokohama in Japan in die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi deur Engeland oopgevlek toe die Rose die All Blacks met 19 – 7 uitgeboender het.

Engeland was rustyd reeds met 10 – 0 voor en kom in die eindstryd teen óf die Springbokke óf Wallis te staan, wat Sondag in die ander halfeindstryd speel.

Die telling vlei boonop die All Blacks, want nog twee drieë deur Engeland is nie deur die skeidsregter, Nigel Owens, en die televisieskeidsregter, Marius Jonker, toegeken nie nadat dit verwys is. Boonop het Elliot Daly en George Ford met strafdoele misluk.

Engeland het die regte wenresep gebruik: Hulle het All Blacks geboelie, hulle het die Kiwi’s agter die voordeellyn gewurg, hulle het die All Blacks in hul eie helfte vasgepen, hulle het takties baie goed geskop, die vaste fasette oorheers en wanneer hulle die kans gekry het, die telbord laat aanrol.

Wanneer laas het ʼn All Black-span so onbeholpe voorgekom, asof hulle nie geweet het hoe om aan te val nie.

Waar het dinge vir die All Blacks verkeerd geloop? Reeds lank voor die afskop toe die afrigter, Steve Hansen, ʼn stekie ingekry het deur neerhalend na Engeland te verwys.

Engeland kyk toe terwyl die All Blacks Saterdag die Haka doen. (Foto: Mark Baker, AP)

Dis gewoonlik wat ʼn mens van Engeland se afrigter, Eddie Jones, sou verwag het, maar nie van die All Blacks nie, wat gewoonlik baie beskeie voor en ná wedstryde is.

Dit was blote kopspeletjies, maar hou maar ʼn wag voor die mond, want dit was net die regte skietgoed vir die Engelse.

Dan het Engeland ook met die All Blacks se koppe tydens die haka gesmokkel toe hulle in ʼn uitgerekte V-formasie die All Blacks amper ingesluk het.

En toe Tuilagi sy span vroeg laat voorloop het, is die gebreke verder blootgelê.

Dis maklik om na die tyd slim te wees, maar draai maar die horlosie terug na 2016 toe die Iere die All Blacks in Chicago geklop het.

Wat van die Bokke se gelykopuitslag in vanjaar se Rugbykampioenskap en verlede jaar sege van 36 – 34 in Wellington?

Wat van die Wallabies se oorwinning van 47 – 26 oor die All Blacks in  vanjaar se Rugbykampioenskap? Wat van die All Blacks se broekskeursege van 20 – 16 oor die Argentynse Poemas.

Die All Blacks was ná jarelange oorheersing ryp om gepluk te word. Hulle het Saterdag loodvoetig en soms doelloos voorgekom en dan het hul dissipline gelol.

Kan Engeland die WB-toernooi wen?

Beslis, want hulle het wedstrydwenners in Jonny May, Anthony Watson, Tuilagi, Maro Itoje, Sam Underhill, Tom Curry en Billy Vunipola.

Soos almal weet, is hulle baie goed deur Eddie Jones en John Mitchell afgerig.

Hulle loop oor van selfvertroue, voer die basiese beginsels reg uit en benut hul kanse.

Punte: Engeland 19 (10): Drie: Manu Tuilagi. Doelskop: Owen Farrell. Strafdoele: George Ford (4).

Nieu-Seeland: 7 (0): Drie: Ardie Savea. Doelskop: Richie Mo’unga.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Swartwolf ·

Dis hoe die All Blacks geklop word. Brutale voorspeler spel, ondeurdringbare verdediging en geen foute. England het al drie gehad. Engelse vaste 5 briljant in fisikaliteit en die los voorspelers die afbreekpunte gedomineer. Mowt ook die leierskap in die engelse span uitwis. Owen Fartel ‘n reuse van ‘n kaptein. Waar is al die wat vertel het die AB’s is onoorwinbaar ? Itv die bokke moet hul besluit wie is erger om te speel, engelse in die finaal of AB’s in 3/4 uitspeel….

Anoniem ·

Dit is die beste ding wat ooit met Wêreld Rugby in 2019 kon gebeur het – Geen span moet ooit weer die rugby veld so oorheers soos die krake span wat vandag van hulle troontjie af geskop is nie want niemand het nog gearriveer nie of so het hulle gedink ONAANTASBAAR ! VOEL OF AL DIE ANDER SPANNE DIE WêRELD BEKER GEWEN HET – WAT ‘N BLYE DAG

Oom Dok Craven sou vandag baie trots gewees het

Lc ·

Wen resep, Eddie Jones + John Mitchell = Webb Ellis. Jammer ons het John Mitchell wegedryf uit RSA

Eddie ·

Uiteindelik bars die All Blacks se bubble en het nie n skeidsregter gehad wat hulle bevoordeel het nie. Puik Engeland, wel gedaan Eddie Jones en John Mitchell.

Ai Tog. ·

Suid Afrika het nie John Mitchel waardeer nie. Het nie doekies omgedraai met die opgepiepte spelers nie. Kyk die verskil in die engelse span met sy invloed saam met Eddie.

Jakes ·

Dankie Engeland, maar ek’s jammer om te sê julle sal nou eers by die BOKKE verby moet kom om daai “Blink Koppie” te lig. En vir al die SA ondersteuners wat so negatief is oor die BOKKE môre sal julle n ander BOKSPAN sien. GO BOKKE!!!!!!!!!!!!!!!

Frans C ·

Engeland se oorwinning het maar net beklemtoon dat wedstryde voorlangs gewen word.Superrugby is aanskoulik maar dikwels word soliede voorspelerspel afgeskeep terwille van hardlooprugby.

Die All Blacks het soos ‘n bokser wat ‘n geweldige lyfhou gekry het,nooit herstel van die Engelse se blitsdrie vroeg in die wedstryd nie en is eenvoudig nie die tyd en ruimte waaraan hul gewoond is,toegelaat nie.

Snaaks genoeg ewe skielik dink en die Bokke het ‘n kans as hul more wen om Engeland te klop want die Bokpak is sterker as die All Blackpak.Hoop nie beserings gaan ‘n rol speel nie.

bokkie ·

Tata haka. Cape Crusaders is nou doodstil. Ek gaan nou winkels toe, hier in die Kaap is die Cape Crusaders baie lief om hul AB truitjies winkels toe te dra. Ha, ha.

ANC ·

Ja want jou springbok trui is ons alergies voor. Ons vra jou niks so hou op ons wil forseer om Bokke te wees. Let jy dan nie op nie, ons neem besluite vir ons self, nie jy of enige ander nie. En jammer AB bly ten minste die Bokke se baas

Gerhardt O ·

Hiermee stuur ek dan groete aan die aandagsoekede Kaapse all blacks. Ek dink my Oupa het sopas die ABO vergewe.

AB ·

Man was dit nou ‘n telleurstelling vir my as All Black ondersteuner!! Wat nog erger is nou moet ek vir die Engelse skree!

Anoniem ·

Nee Jy hoef nie maak net vinnig ‘n positiewe kopskuif – Jy gaan gou uitwerk wat ek bedoel né ?

TwaalfBoor ·

@AB
New Zeeland sit nou met ñ helse behuising krises. Almal het terug aarde toe gekom.

CHAPPIES ·

YESSSSSSS….!!!! HOOG TYD DAT DIE KIWI’S BIETJIE AARDE TOE KOM!!!! WELGEDAAN ROSE

Charles ·

Briljant Engeland! Die boelies is toe bietjie in die bek geruk deur n skeidsregter wie nie ge-intimideer kon word soos die Suidelike Halfrond se blasers nie! Welgedaan.

Anoniem ·

Charles – ek stem heelhartig met Jou saam, lekker man lekke………r ! Ek hou ook van ‘n Engelse V

Oupa D ·

Wat veral lekker was, was dat die Engelse nie die verpestelike haka-twak bloot gade geslaan het nie, maar die AB reeds daar geintimideer het. Die AB’s is ‘n goeie rugbyspan, maar Eddie Jones het hulle uitoorle. Welgedaan!

Andre ·

Dissipline x 1000!

Geen Goue Lokkies, Rooikappie of Haiawatha belaglike haarstyle nie.

Netjiese gedissiplineerde spelers wat hulle LAND verteenwoordig!

… geen plek vir ‘primadonnas’ wat met hulself behep is nie.

Die ‘erratic” Suid Afrikaanse bont kwota rugbypan staan nie ‘n kans nie!

Soos die Vrotea Kroeketspelers en “gender – bender” steroied “popping” atlete.

Want die ANC Regering GANGSTERS is besmet met die “verloorder” virus … en ALLES (ook rugby) is aangetas!

Bokkom ·

Wonder hoeveel van Suid-Afrika se All Blacks Supporters is nou ewe skielik weer Springbokke?

Kerneels ·

Ek het die Kwotas al 25 jaar gelede afgeskud. Die ABs bly my span, wen of verloor.

Therese ·

Kerneels, kan net dink hoe teleurgesteld julle vanaand is. Sterkte!
Laas week was dit die Wallaby-ondersteuners.
Hoe ironies, die Aussie (Jones) en Kiwi (Mitchell) wat die Engelse so briljant afrig.

Piet left the Building ·

Nooit nooit nooit weer ‘n Springbok ondersteuner nie!!!

A Rose by any other name ·

Waar, o waar is al daai groot AB ondersteuners nou?
Hulle is stil…. tjoepstil!
Engeland sielkundig reeds voor met die Haka – gelyk soos ‘n groot tregter wat ‘n klein driehoekie wil verswelg. Wie daai formasie uitgedink het was briljant.

Al wat die Rose kan sê is : “Mind the gap” want hulle lyk myle voor enige ander span wat nog in die Wêreldbeker oor is.

Dolf ·

Die Franse het dit eenmaal gedoen, maar die punte het wel binne hul helfte gebly.

TwaalfBoor ·

@Anoniem
Jaaaaaa……. en waar het julle trots julle gebring? LOL!!!!!!!!!!!!!!!!!!

wicus ·

Een keer n All Black altyd n All Black! Wen eers die koppie voor julle bly raak.

Vita ·

Engeland was baie goed, hulle gaan die WB wen ,teen wie hulle ook al speel, Eddie Jones het baie weggesteek tot vandag,

Dubbelloop ·

Eerstens, ja, waar is al daai groot bekke wat gesê het die AB’s kan nie geklop word nie! Welgedaan julle souties. Na môre sal dit Noord teen Suid wees en raai wat, Suid word deur ons eie Bokke verteenwoordig, politieke span of te not. Rassie is n flippen goeie afrigter om te kom waar hy is met die hele politieke druk en al. Na die laaste game vd bokke sal ek hier iets sê wat ek nie nou wil nie. Rassie en sy bokspan Bo!!

Anoniem ·

Jammer om n paar mense se bubbles te blaas maar die bokke speel nie goeie rugby nie. As hulle more wil wen dan sal hulle Faf op die bank moet laat sit en hul voorry begin gebruik en die bal baie vinniger uit die skrums moet kry en wyd hardloop rugby moet speel. Ek is jammer maar ek verwag dat die bokke gaan verloor want Rassie maak nie die regte besluite nie. Nogtans wens ek hul sterkte toe.

AndrewL ·

Ek hoop net die bokke speel vir punte, en nie vir kaarte nie.

Darren ·

Dìs mis hoe nr9 moet skop. Doelgerig. Akkuraat. Professioneel. NIE soos ene Faffie de Klerk nie

Ja Pan ·

Hierdie selfde All Blackspan het net n paar weke gelede die Bokke opgefoeter. Nou hoekom sal hulle nou om die stryd vir die derde plek dit nie weer doen nie? Die Bokke sukkel altyd teen Wallis en more gaan hulle weer sukkel!

Andrew ·

Die Bokke het All Blacks die 1ste game in Pool laat wen, dit was alles deel van die groter plan om nie teen Engeland in sie Semi Finals te speel. Alles deel van Rassie se skaakplan en AB’s het vir daai trick geval. Die AB’s is goeie rugbyspelers maar nie die slimste ouens nie. As jy met jou brains rugby speel dan klop jy AB’s en dis presies wat Engeland gedoen het vandag – Brains het die No Brains AB’s geklop.

JohanL ·

Ek het dit al op die forum geskryf maar ek herhaal – ek het ‘n snaakse gevoel dat Engeland die RWC 2019 gaan wen in die jaar dat hulle ook die CWC 2019 gewen het. Ek hoop ek is verkeerd! Ek herhaal ek wens ek is verkeerd. Maar Engeland onder Steady Eddy is ‘n span om mee rekening te hou.

Sterkte aan Bokke vir hul wedstryd teen Walles.

Ek mis vir Valerie !! :) :)

Valerie ·

My tissues is op en my hart is gebreek, my geliefde silwer varings is verlep…grootste skok van my lewe

chrisjan ·

Wallis gaan more begeesterd wees soos min.So hier wag ‘n STRYD vir die bokkies.Laat ons maar kyk wie wen.My geld is egter nie op die bokkies nie.

TwaalfBoor ·

@chrisjan
Wallis beter begeesterd wees want hulle gaan ñ les geleer word. Het jou vliegtuig al geland in NZ?

Bokkie ·

As ‘n mens kyk na die die stats ,wen die bokke elke 3de World Cup…1995, skip 1999 en 2003, wen 2007, skip 2011 en 2015. Springbokke het al 35 keer teen Wales gespeel waarvan Springbokke 28 keer al gewen het en Wales 15. Springbokke het al 42 keer teen die Rose gespeel waarvan Springbokke 25 keer gewen het en die Rose 15 met 2 gelyk op tellings. Selfs ‘n baie bekende britse koerant het Vrydag berig dat die Springbokke se kans om die Wereld Beker te wen is die hoogste van al die spanne. Werk dit uit. :)

CallieL ·

My eerste span is AB, dan Engeland, dan Australie, dan Wallis, dan Frankryk, dan Poemas. Is daar ander apanne van belang?

JohanL ·

Dankie Valerie vir jou reaksie – jammer oor die sneesdoekies wat klaar is. Ons moet egter almal onthou op die ou einde is dit net ‘n sport.

Sterkte aan Bokke.

Valerie ·

nou kan ek nie eers meer wyn maak, van ali suur druiwe nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.