Engeland speel in 2018 drie toetse in SA

Suid-Afrika se rugby-wittebrood is verby. Aanstaande jaar gaan ons nie teen die Franse drie losmakers voor die Rugbykampioenskap kan speel nie.

Drie taai toetse word in Junie op opeenvolgende Saterdae gespeel teen die wêreld se naasbeste span, Engeland. Die datums en plekke vir die toetse sal eers heelwat later bekend wees.

Daar is vir die Springbokke in 2018 ook nog ʼn vierde toets teen Engeland op die jaareindtoer na Europa, waar die Springbokke se (moontlik drie) wedstryde, benewens die een teen Engeland op 3 November, nog nie bekend gemaak is nie.

Engeland is ook einde 2018 gasheer vir die All Blacks. Dié twee lande sal die eerste keer sedert 2014 teen mekaar speel. Die Engelse se ander twee tuiswedstryde is teen Australië en Japan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.