Engeland wen weer op Twickenham

Engeland het vir Italië met 31 – 14 geklop. Foto: Twitter.

Ná hul nederlae teen Suid-Afrika en Skotland op Twickenham is Engeland weer op die wenpad nadat hulle vir Italië met 31 – 14 op dié ikoniese stadion geklop het.

Dit was die Rose se eerste sege onder die toesig van die nuwe hoofafrigter Steve Borthwick en hulle het uiteindelik vyf drieë teenoor die twee van die Italianers gedruk.

Die oorwinning beteken dat hulle na die derde plek op die Sesnasiespunteleer opskuif en hulle is binne trefafstand van Skotland en Ierland.

Boonop lyk dit of hul senterkombinasie-kopseer vir eers iets van die verlede is. Ollie Lawrence het goed met Henry Slade kombineer en hy is welverdiend as die speler van die wedstryd aangewys.

Hou Maroela Media dop vir nog berigte oor dié wedstryd en ander nuus oor die Sesnasies.

  • Puntemakers:

Engeland: Drieë: Strafdrie, Jack Willis, Ollie Chessum, Jamie George en Henry Arundell. Doelskoppe: Owen Farrell (2).

Italië: Drieë: Marco Riccioni en Alessandro Fusco. Doelskoppe: Tommaso Allan (2).

  • Punteleer:
  1. Ierland: 10 punte
  2. Skotland: 10 punte
  3. Engeland: 6 punte
  4. Frankryk: 5 punte
  5. Italië: 1 punt
  6. Wallis: 1 punt

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Renier ·

Dankie Eddie,dit is hopelik ook jou skuld,volgens Steve…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.