Engelse held teen Bokke opgesluit ná bakleiery

Danny Cipriani – in die pekel. (Foto: Premiership Rugby).

Die man wat vroeër vanjaar op Nuweland die grondslag vir Engeland se drie in sy sege van 25-10 teen die Springbokke gelê het, is Woensdag ná ʼn nagklubvoorval op die eiland Jersey deur die polisie toegesluit.

Luidens berigte word Danny Cipriani onder meer daarvan aangekla dat hy ʼn polisieman aangerand het, en is hy aangehou tot hy Donderdag in die hof sou verskyn.

ʼn Goed geplaaste dwarsskop van Cipriani het in die derde toets tot Jonny May se drie gelei.

Dit was sy (Cipriani se) eerste opdraftoets sedert 2008 en die Engelse se eerste sege in sewe toetse.

Cipriani se klub, Gloucester, wat deur die Springbok Johan Ackermann afgerig word, het bevestig dat hy bewus is van Cipriani se arrestasie.

Hy is in 2015 aan dronkbestuur skuldig bevind náʼn botsing teen ʼn taxi, en behalwe ʼn boete en skadevergoeding wat hy moes betaal, is sy rybewys vir 18 maande opgeskort.

Cipriani sou sy buiging aanvanklik in 2008 teen Skotland maak, maar is uit die span gesit toe hy twee dae voor die toets afgeneem is waar hy vroegoggend ʼn nagklub verlaat het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

HESTER ·

Klink of hy n gewoonte hiervan maak . Maak van hom n voorbeeld.

Niklaas ·

Die man is ‘n puik speler met ,ongelukkig ‘n effense drank probleem. Hy is gereeld in die sop oor dop stories….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.