Engelse ster buig ook nie die knie

Foto: Twitter.

Billy Vunipola, die sterlosvoorspeler van Engeland en Saracens, het ook nie verlede week die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging gebuig nie.

Die 27-jarige agtsteman is van Tongaanse afkoms en het besluit om staande te bly voor die Gallagher Premiership-wedstryd tussen Saracens en Bristol. Sy broer, Maku, het egter die knie gebuig.

“Hoewel ek ’n persoon van kleur is, is ek steeds meer van ’n persoon vir Jesus. Dinge wat ek al omtrent die beweging gesien het, stem nie ooreen met dit waarin ek glo nie,” het hy tydens ’n podsending gesê.

Vunipola het ook verlede jaar vir Israel Folau ondersteun toe die Australiese heelagter ’n storm op sosiale media ontketen het.

Folau het verlede jaar op sy Instagram-rekening geplaas dat hel op dronkaards, gays, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodedienaars wag tensy hulle hulself bekeer. Hy het bygevoeg dat net “Jesus kan red”.

Volgens Vunipola kon hy vir ’n paar nagte ná Folau se inskrywing nie slaap nie.

“Ek kon doodeenvoudig net gesê het dat ek dit nie ondersteun nie. Maar ek het myself afgevra of ek werklik in Jesus Christus glo, of nie. Ek het niks daarvan gehou om gespot te word nie, maar wat ek wel vertroostend gevind het, is dat ek opgestaan het vir my geloof.”

Intussen sal SA Rugby se uitvoerende komitee vergader oor die kwessie van Suid-Afrikaanse spelers wat besluit het om nié die knie te buig nie.

Die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut), het nie Vrydagaand die knie voor hul wedstryd teen Harlequins gebuig nie.

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, was egter nie gelukkig met wat hy in Engeland gesien het nie en hy het vir meer duidelikheid gevra.

Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het in ’n digitale mediakonferensie vroeër die week aangedui dat die nasionale rugbybeheerliggaam wel die saak sal bespreek.

Volgens Roux sal Saru eers aan die minister terugvoering gee voordat ’n verklaring uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

saggiespraat ·

Baie mooi julle, moennie dat die wereld Jesus van julle ontneem dus nou
iets om oor trots te wees.

Scalla ·

Gee vir Billy n Bells, wat wil jul bespreek Jurie, dit is mos elke speler se persoonlike keuse en wat se terugvoering is aan hom verskuldig, moenie dat daar aan jul voorgeskryf word nie.

Racheltjie Debeer ·

Baie trots op AL ons sportsterre wat hul geloof uitleef en nie onder die druk van BLM swig nie.

Objektief ·

Van wanneer af is dit wet dat jy moet knie buig voor n rassistiese beginsel soos BLM?

Jayson-Lee ·

Verstaan ek dit reg, help my gou. As jy nie die knie buig nie is dit ‘n teken dat jy nie die BLM-beweging ondersteun nie? Wie se belaglike idee was dit?

koos10 ·

As jy in SA bly dan is jy ‘n rassis as jy dit nie doen nie.

Rose ·

Wat het die kinderagtige gier in elk geval met sport te doen.

Anoniem ·

Wat het hierdie BLM in elk geval met SUID-AFRIKA te doen?. Dit is ‘n Amerikaanse beweging wat hiernatoe oorgewaai het. “Monkey see monkey do”?

Jaco ·

Waarom is SARU se uitvoerende hoof wit? Hoe werk dit dan nou met regstellende aksie? Daardie lang lys name wat nie die knie buig nie, lyk ook erg wit vir my. Wat dan nou van transformasie in sport en raskwotas in sport?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.