Enkele Bok tussen wêreld se beste dertig

Beauden Barrett (Foto Facebook)

ʼn Enkele Springbok kry plek tussen die wêreld se dertig beste rugbyspelers na die oordeel van die Walliese webwerf Wales Online.

Dis die slot, Eben Etzebeth, die Bokkaptein in die jongste toets teen die Franse, en hy haal die lys eers op nommer 17.

Die webwerf reken hy is goeie kapteinsmateriaal vir die toekoms, en sê die Bokke se hoop om by die All Blacks kers vas te hou, wentel om hom.

Die All Black-losskakel Beauden Barrett is boaan die lys, wat 10 Nieu-Seelanders insluit.

Daar is ook vier Australiërs; drie elk Engelse en Walliesers; twee elk Iere, Argentyne en Franse; ʼn Italiaan, ʼn Fidjiaan (albei beter as Etzebeth geag) en ʼn Skot.

Die lys –

1. Beauden Barrett (Nieu-Seeland)
2. Kieran Read (Nieu-Seeland)
3. Maro Itoje (Engeland)
4. Ben Smith (Nieu-Seeland)
5. Brodie Retallick (Nieu-Seeland)
6. Dane Coles (Nieu-Seeland)
7. Owen Farrell (Engeland)
8. Jonathan Davies (Wallis)
9. Israel Folau (Australië)
10. Conor Murray (Ierland)
11. Billy Vunipola (Engeland)
12. Sonny Bill Williams (Nieu-Seeland)
13. Tadhg Furlong (Ierland)
14. Aaron Smith (Nieu-Seeland)
15. Sergio Parisse (Italië)
16. Leone Nakarawa (Fidji)
17. Eben Etzebeth (Suid-Afrika)
18. Facundo Isa (Argentinië)
19. Bernard Foley (Australië)
20. Sam Cane (Nieu-Seeland)
21. Sam Whitelock (Nieu-Seeland)
22. Taulupe Faletau (Wallis)
23. Michael Hooper (Australië)
24. Kurtley Beale (Australië)
25. Louis Picamoles (Frankryk)
26. Agustin Creevy (Argentinië)
27. Wesley Fofana (Frankryk)
28. Israel Dagg (Nieu-Seeland)
29. Alun Wyn Jones (Wallis)
30. Stuart Hogg (Skotland)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Callie ·

Feite maak hulle gesaghebbend. Waar Springbokrugby in wereldrugby staan maak hulle gesaghebbend. Kwotas wat goeie spekers aftrek maak hulle gesaghebbend. Kan regtig nie dink aan n SA speler wat dalk op die lys hoort nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.