Enorme taak rus op dié skouers

Op dié klompie skouers (Bakkies se breë stel uitgesluit) rus Saterdag die enorme taak om Springbokrugby se beeld te herstel nadat dit die afgelope jaar tot in die grond in afgebreek is.

Min mense, selfs tussen die grootste Bok-ondersteuners, sal hul kwynende rande op die span verwed wat op Loftus Versfeld teen die Franse uitdraf.

Dit was egter ook die geval toe die Franse in 1967 in Suid-Afrika kom toer het. Boonop was die Hane wat destyds kom toer het die Vyfnasieskampioen.

Daar was heelwat nuwe gesigte in die Bokspan, maar die Bokke het die stang vasgebyt en die toetsreeks met 2-1 gewen. Die vierde toets was gelykop.

Die Bokke het egter hier te lande ook al ʼn paar bitter vernederings teen die Franse gesmaak.

(Foto: GB Jordaan)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rupert Ashford ·

1967? Nou praat jy van ‘n tyd toe almal seker saamgetrek het om Rugby te laat seevier. Nie ‘n tyd waar daar vir baie jare hard gewerk is om ‘n hele generasie in skuldlastige tweedeklas burgers te omskep en dan nog met rassistiese kwotas ook te slaan nie. Maar ons kan hoop ne…;-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.