Enristabeker: derde maal is skeepsreg vir Naka

naka bulleMet sy derde probeerslag kan die Naka Bulle nou ook sy naam op die Enristabeker aanbring.

Só laat weet Buks Burger, die bestuurder van die klub in die Pretoriase Moot, wie se eerste en o.20-span vanjaar ook baie goed in die Blou Bulle se Carltonliga A vaar.

Die Enristatoernooi is geskep om skoolverlaters aan die klubkultuur bloot te stel en die seuns neem in die klubs se kleure deel. Spelers wat vir die bond se Craven- en Akademieweekspan gekies word, kom nie in aanmerking nie.

Naka se span is uit spelers van die Hoërskool Wonderboom, die Hoërskool Hendrik Verwoerd, die Hoër Tegniese Skool John Vorster en die Hoërskool Oos-Moot gekies.

Die span is deur Naka se Matin Knoetze en Anthony Oberholzer gekoőrdineer, en afgerig deur Jimmy Jansen van Rensburg van Wonderboom en Emwee Arlow van Hendrik Verwoerd.

“Hierdie twee manne het hulle uitstekend van hul taak gekwyt, en die talentvolle groep seuns tot in die eindstryd gelei, waar hulle 22-15 teen die sterk span van Centurion koning gekraai het.”

Burger sê die meerderheid van die seuns asook die afrigters het aangedui dat hulle by Naka se jeugklub gaan aansluit om teen ander soortgelyke klubs te kan deelneem.

Die oefeninge by Naka begin Dinsdag 19 Julie en duur van16:00 tot 18:00 vir laerskoolleerlinge. Die oefeninge vir hoőrskoolleerlinge begin Donderag 21 Julie, ook 16:00.

Navrae kan aan Charles van Staden by 083 501 8818 of Anthony Oberholzer by 082 766 1939 gerig word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.