Erasmus ʼn lynstaanbate, maar beseerde Brink sal gemis word

Lourens Erasmus – op flank gekies (Foto GB Jordaan)

Die Lions het, soos hul teenstanders die Waratahs, net een verandering aan hul span aangebring vir Saterdag (15:05) se halfeindstryd op Ellispark.

Die slot, Lourens Erasmus, vervang vir Cyle Brink wat deur die seisoen die oog gevang het met sy verdediging, die dra van die bal en sy goeie werk by die afbreekpunte. Brink het nog nie van ʼn armbesering herstel nie..

Terwyl die keuse van Erasmus die Lions in die lynstane sal versterk waar hulle die beste rekord van die 15 die spanne in die reeks het, sal hulle met Brink se onbeskikbaarheid en die feit dat flank op dié vlak vir Erasmus ongewoond is, tog iets in die wedstryd inboet.

Erasmus se plek op die bank word deur die 20-jarige Hacjivah Dayimani ingeneem, wat reeds 17 wedstryde vir die Leeus en die Leeus-vyftiental gespeel en al tien keer in Superrugby opgedraf het.

Daar is 12 Springbokke in die Lions se span en een op die bank.

Lions se span ‒

Andries Coetzee, Ruan Combrinck, Lionel Mapoe, Harold Vorster, Aphiwe Dyantyi, Elton Jantjies, Ross Cronjé, Warren Whiteley (kaptein), Lourens Erasmus, Kwagga Smith, Franco Mostert, Marvin Orie, Ruan Dreyer, Malcolm Marx, Jacques van Rooyen. Bank: Corné Fourie, Dylan Smith, Johannes Jonker, Hacjivah Dayimani, Marnus Schoeman, Dillon Smit, Courtnall Skosan, Howard Mnisi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wim van der Berg ·

Dankie vir die uitwys van die oorsig, Nico K. Dit is reeds reggemaak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.