Erasmus opgewonde oor wat Nkosi kan doen

Rassie Erasmus. (AP Photo/Christophe Ena)

Sbu Nkosi kry uiteindelik weer geleentheid om sy vaardighede in die groen en goud uit te stal, maar dit is ten koste van waarskynlik die Springbokke se opwindendste speler by vanjaar se Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan.

Cheslin Kolbe sal die Bokke se halfeindstryd-ontmoeting met Wallis misloop nadat hy nie genoegsaam van sy enkelbesering herstel het nie.

Die vlugvoetige voormalige Blitsbok het sy enkel in die groepfase-kragmeting teen Kanada beseer en het dit teen Japan in die kwarteindstryd vererger.

Hoewel sy besering ’n reuseterugslag vir die Bokke is, laat sy plaasvervanger ook Bok-ondersteuners op die punte van hul stoele sit.

Die 23-jarige Nkosi het reeds agt drieë in sy tien toetse vir die Springbokke gedruk en hy was op sy driedruk-beste teen Namibië en Kanada vroeër in die toernooi.

Cheslin Kolbe sal die Wallis-wedstryd misloop. (AP Photo/Mark Baker)

“Dit is teleurstellend om nie vir Cheslin in die wedstrydgroep te hê nie, want hy was briljant die afgelope ruk gewees,” het die span se afrigter, Rassie Erasmus, gesê.

“Tog is ek nog so opgewonde om te sien wat Sbu teen Wallis kan doen. Hy was buitendien reeds baie naby aan ’n plek in die span gewees.”

Erasmus is deeglik bewus van die bedreiging wat die Rooi Drake vir die Bokke inhou.

“Wallis is die verdedigende Sesnasies-kampioen en ten spyte van drie nederlae in die opbou tot die Wêreldbeker, het hulle ’n hele paar uitstekende vertonings gelewer. Maar ons het ook ʼn bietjie momentum opgebou en ons is gereed vir enige uitdaging.”

S’bu Nkosi sal op regtervleuel begin. (Foto: Twitter)

Die Bokke het vier jaar gelede die Rooi Drake in die kwarteindstryd van die toernooi in Engeland gewen en Erasmus spog met tien spelers wat in dáárdie wedstryd betrokke was.

Beast Mtawarira, Frans Malherbe, Eben Etzebeth, Lood de Jager, Francois Louw, Duane Vermeulen, Handré Pollard, Damian de Allende, Willie le Roux en Pieter-Steph du Toit het almal in 2015 diens teen Wallis op Twickenham gedoen.

“Ons het die afgelope 18 maande ongelooflik hard gewerk om onsself in ’n posisie te plaas om die Wêreldbeker te wen. En daardie geleentheid is nou net 80 minute weg.”

  • Die wedstryd begin Sondag om 11:00 (SA tyd) in Yokohama.

Springbokke: Willie le Roux (heelagter), Sbu Nkosi (regtervleuel), Lukhanyo Am (buitesenter), Damian de Allende (binnesenter), Makazole Mapimpi (linkervleuel), Handré Pollard (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Duane Vermeulen (agtsteman), Pieter-Steph du Toit (flank), Siya Kolisi (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Eben Etzebeth (slot), Frans Malherbe (stut), Bongi Mbonambi (haker), Tendai Mtawarira (stut). Plaasvervangers: Malcolm Marx, Steven Kitshoff, Vincent Koch, RG Snyman, Franco Mostert, Francois Louw, Herschel Jantjies en Frans Steyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

bokkie ·

Groot slag maar die spelpatroon wat Rassie volg dalk nie te groot slag nie.

Bok ma kierie ·

Voordat die doemprofete begin sanik wil ek die Bokke sterkte toewens. Mag hulle ons trots maak Sondag. Ek glo (en ek dink Steve Hansen en sy spelers stem saam) dat daar net een span is wat NZ kan wen en dit is die Bokke.

Grietjie ·

Willie le Roux, regtig? Wat van Frans Steyn? Reinach, stel ‘n rekord op maar is nie goed genoeg om weer te speel nie? Daarmee sê ek nie Faf is ‘n slegte speler nie en Rassie ìs ‘n goeie afrigter maar ek hoop hy weet wat hy doen veral met hierdie skoprugby wat ons speel, dit raak afgesaag. Wat is dan mooier as ‘n span wat “flair” het en die bal laat loop, ons het vinnige vleuels en senters.

Francois ·

Ek stem met jou Grietjie, Le Roux verdien nie doe komende wedstryd na laasnaweek nie en Reinach of Steyn verdien dit op sterkte van spel. Hoop Rassie vervang WLR met die eerste bal wat hy aanslaan of mis vang

Wouter ·

Rassie het ‘n wedstryd plan. Ook met Faf en Faf se skoppery. Dit hou die teenstanders in onsekerheid en hulle moet konstant die skrumskakel dophou. Gaan hy hardloop, gaan hy skop of gaan hy aangee? Maw sy direkte teenstander moet hom bly dophou maar tegelykertyd ook bedag wees vir daai skoppies. As sy direkte teenstander dit nie kan doen nie moet ‘n tweede speler reg wees. So dis nou al twee spelers soort van uit die verdediging uit! Ek sê nie dis 100% die plan nie maar iets soortgelyks mag die plan wees met Faf se skoppery! Daarmee sê ek nie dat elke speler in die span my 100% ondersteuning het nie. Maar ai, wie is ek nou, Rassie het myns insiens al bewys hy weet hoe rugby werk en hoe om planne te maak! Gee hom ‘n kans. K’het baie meer vertroue in hom as in van die vorige afrigters!

Robert ·

Die bal moet in elk geval eers verby Faf kom voor die ” opwindende” spelers tot hul reg kan kom.
Laat ons maar wag en kyk…..

Regs! ·

Ja. Hulle kan net sowel met 9 ouens speel. Die res staan elk geval net en tande tel terwyl hulle vir Faf dophou wat die bal skop.

Lou ·

Stem saam, ek dink nie Willie verdien meer ‘n plek in die bokspan nie. Hy is heeltemal te onbestendig en het geloof in sy eie vermoe verloor. As hy enigsins die bal kry dan weet hy nie wat om daarmee te maak nie. Skop doelloos of hardloop in die naaste teenstander vas. Steyn is baie meer aanvallend en kan ‘n bal uit die lug vang.
Kom Rassie dit is nie nou die tyd om Provinsialisties te wees nie. Julle speel nou vir die land. Kies die beste spelers asb.

TwaalfBoor ·

@Lou
Waaaaaar val jy uit met provinsialisties wees? Genade ek twyfel of Rassie ooit weet wat dit is. As jy verwys na “polities” dan kan ek dit verstaan.

Annoniem ·

Ek gaan vir Colbe mis.
Japan het rugby gespeel. Ek het al die Japan wedstryde so geniet.

Outoppie ·

Met die twintigste skop van Faf gaan ek maar my TV afskakel. Dit is erg vervelig !

hercu ·

sterkte aan coach Johan, die bestuur en natuurlik die Bokke :-)

Werner ·

Ek hoop Rassie het vir Sbu geleer systap, want hy is soos Damian Willemse. Hoppie hop hop.

TwaalfBoor ·

@Werner
Stem saam met jou. Spring in die lug en dink dis ñ systap. Teen die tyd dat voete grasvat is die opponent op hom en word hy GESMEER. Ek weet nie waaaaar het die spelers dit aangeleer nie.

Bosvark ·

Rassie ek hoop jy vir jou flaffie hondjie gese om sy been minder op te lug. Hy skop die game weg.

Robert ·

My voorspelling is Engeland teen Wallis in die finaal. Ons is in vir ń groot “upset” die naweek. Is ń noordelike teen suidelike wêreld beker, en die skeidsregters sal sorg daarvoor. “Watch this space”

Rupert Ashford ·

Jy mag dalk net ‘n punt he vir die NZ wedstryd – die All Blacks het nog nie ‘n voet verkeerd gesit hierdie wereldbeker nie en moet een of ander tyd ‘n “af” wedstryd he. En Engeland het die vermoe om hulle te troef. Wallis moes egter nie in die semi-finaal gewees het op grond van die kwarteind nie so of hulle gaan staande bly is ‘n ope vraag.

cr ·

Robert England en Wallis is albei van die Noordelike halfrond.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.