Ervare Namibiese jongspan vir Afrikatoernooi

Namibië het ʼn ervare o.20-span gekies vir die Afrika-o.21-toernooi om die Barthésbeker wat Donderdag in Madagaskar begin en tot Sondag duur.

Nege van die 25 spanlede was lid van die span wat verlede jaar in Harare vierde in die toernooi om die Junior Rugbywêreldtrofee was.

Obert Nortjé (haker), Sam Kuvare, Marino Goagoseb (stutte), Rheinhardt Carelse, Le Beau du Preez (slotte), Riaan de Klerk (losvoorspeler), Cliven Loubser (losskakel), Brandon Groenewald en Alastair Miller (senters) was tussen die manne wat die bronsmedalje net-net misgeloop het.

Loubser en Hans Niehaus (senter) het reeds vanjaar Namibië se senior sewesspan verteenwoordig.

Aan die ander kant het Jan Basson (haker), André Rademeyer (stut), Prince Goaseb (losvoorspeler), Rudi Pretorius (vleuel) en Chad Plato (heelagter) verlede jaar nog vir die Namibiese o.18-span in die Cravenweek gespeel.

De Klerk, Niehaus, Miller, Pretorius en Romanzo Lento (heelagter) het die Namibiese sewesspan by 2015 se Statebondsjeugspele verteenwoordig.

Veertien spanlede speel hul rugby in Suid-Afrika, vyf hiervan by die Blou Bulle se rugbyakademie.

Roger Thompson is die hoofafrigter.

Die Barthéstoernooi dien as voorbereiding vir vanjaar se toernooi om die Junior Rugbywêreldtrofee wat oor vier maande in Uruguay plaasvind.

Die span –

Stutte

André Rademeyer (WP-rugbyakademie), Sam Kuvare (Nasionale Rugbyakademie), Nelius Theron (NRA), Marino Goagoseb (Universiteit van Namibië).

Hakers

Obert Nortjé (Unam), Norman Erasmus (Sharks-akademie), Jan Basson.

Slotte

Rheinhardt Carelse (Unam), Le Beau du Preez (NWU Pukke), Diamando Tjombe (NRA), Lezardo Vos (Blou Bulle-akademie).

Losvoorspelers

Prince Goaseb (BB-akademie), Riaan de Klerk (Walvisbaai), Tjingari Katjivi (Western Suburbs).

Skrumskakels

Wihan von Wielligh (NWU Pukke), Jay-C Olivier (BB-akademie).

Losskakel

Cliven Loubser (Sharks-akademie).

Senters

Brandon Groenewald (Universiteit van Wes-Kaapland), Hans Niehaus (NWU Pukke), Alastair Miller (NRA).

Vleuels

Luke Jansen (BB-akademie), Collins Omalu (Western Suburbs), Rudi Pretorius (NRA).

Heelagters

Chad Plato (BB-akademie), Romanzo Lento (Unam).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Douw ·

Ek sien die Blou Bul Rugby Unie het weereens groot gaan werf in Namibië. Dalk sal dit hul meer baat om seuns in eie geledere te ontwikkel ☺

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.