Ervare twee vul Bokgroep vir Australasië aan

springbok-logo croppedTwee ervare Springbokke is ingesluit in die Suid-Afrikaanse toerspan vir die wegtoetse teen Australië en Nieu-Seeland in vanjaar se Rugbykampioenskap.

Die veelsydige Francois Hougaard (35 toetse) is in die groep opgeneem nadat hy van `n kniebesering herstel het, en die vleuel Lwazi Mvovo (17 toetse) vervang Ruan Combrinck wat `n beenbreuk teen die Pumas in Salta opgedoen het en vir ses weke nie kan speel nie.

Elton Jantjies wat die veld teen die Poemas met `n gekneusde boud moes verlaat, is in die groep ingesluit, maar daar sal eers aanstaande week besluit word of hy fiks genoeg is om teen die Aussies te speel.

Die Bokke speel op 10 September teen die Wallabies in Brisbane en op 17 September teen die All Blacks in Christchurch.

Hulle vertrek Donderdag na Australië.

Die toergroep –

Heelagter: Johan Goosen.

Vleuels: Bryan Habana, Jesse Kriel, Lwazi Mvovo.

Senters: Damian de Allende, Juan de Jongh, Lionel Mapoe.

Losskakels: Elton Jantjies, Morné Steyn.

Skrumskakels: Faf de Klerk, Francois Hougaard, Rudy Paige.

Agsteman: Warren Whiteley.

Flanke: Jaco Kriel, Francois Louw,  Oupa Mohoje.

Slotte: Lood de Jager, Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Franco Mostert.

Stutte: Lourens Adriaanse, Steven Kitshoff, Vincent Koch, Tendai Mtawarira, Trevor Nyakane.

Hakers: Malcolm Marx, Bongi Mbonambi, Adriaan Strauss (kaptein).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Henk ·

Hoekom vat jy vir Marx en Mbonambi saam? Jy weet mos jy gaan nie vir strauss afhaal nie, al is hy swak. Hoekom kleef jy aan Jantjies? Hy is beseer en speel swak. Laat hy Curriebeker rugby gaan speel! En so ook Deallende! Dalk kan hy bietjie op ‘n rusbank gaan sit en KYK hoe ‘n binnesenter behoort te speel! Hoe hy die bal na links of regs behoort uit te gee sodat die bal verder as nr 12 posisie op die veld kan kom! Dalk kan ons briljante vleuels dan wys hoe driee gedruk kan word

Reg ·

Spaar my die senters en losskakel. Wat van Janse v Rensburg en Esterhuizen. Wat van Goosen op 10 en Jesse op heelagter waar hy op sy beste is.

Chris van Jaarsveldt ·

Ons gaan maar weer verloor. Dit is maar die waarheid

Jan ·

Verander asb die naam “Springbok” na enige iets anders. Van bestuur tot gekose hasbeens is n belediging vir die gewese ikoon in SA

Jan ·

Hasbeens: julle weet self wie julle is. Doen die eerbare ding en staan self terug vir meriete spelers. Julle maak kraters van julle self en die Groentrui

Ben ·

Jessie
Brian; Francois
Johan G; Lionel
Morne
Faf
Warren
Jaco;Pieter;Franco;Oupa
Steven;Malcolm;Trevor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.