Eshowe-rugbydag vier 70ste bestaansjaar

eshoweWaarskynlik die oudste klubrugbydag in die land, Eshowe se toernooi om die Bozasbeker, vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar.

Jos Robson, `n woordvoerder van die KwaZulu-Natalse Rugbyunie (KZNRU) vir klubrugby, laat weet die toernooi wat in 1947 die eerste keer plaasgevind het word 19 Maart die 70ste keer aangebied.

George Bozas het die beker geskenk wat in 1948 die eerste keer toegeken is.

Robson sê klubs van regdeur Natal trek jaarliks op dié Zoeloelandse dorp saam vir `n dag van eiesoortige rugbykamaraderie.

Empangeni spog met meeste oorwinnings, 19, en die gasheerklub, wat in 1921 gestig is, het die beker al 14 keer gewen.

Die beker is nog net een keer gedeel – in 1955 deur Hluhluwe en Stanger.

Esikhaweni, die voorste Zoeloelandse ontwikkelinsgklub, het geskiedenis gemaak toe hy verlede jaar die toernooi gewen het.

♦ Denise Coetzee, die sekretaresse van Eshowe, sê hulle wag nog dat `n paar klubs bevestig, maar `n tiental het reeds die jawoord gegee.

Hulle is, behalwe die gasheerklub, Drakensberg (Winterton), Empangeni, Richardsbaai, Esikhaweni, Sentraal (Dundee), Varsity, Ushaka Warriors, Hluhluwe en Green Bottle Ballies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chris Gerber ·

Ek het op fb ook kommentaar gelewer, die klub is 95 jaar oud, BJ van der Plank het in 1921 as Springbok vir die klub gespeel , ons [ERC] het BJ in 1985 onthaal, Wynand Claasen was by die geleentheid die gasspreker
Groete
Chris Gerber [ Voorsitter Eshowe Rugbyklub 1983– 1988]

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.