Etlike wysigings in Cheetah-span; nuwe kaptein

Neill Jordaan (Foto: Cheetahs)

Die Cheetah-span vir Woensdag se wedstryd teen die Pumas op Nelspruit toon etlike wysigings van die span wat die Westelike Provinsie net meer as ʼn week gelede in die Vrystaatstadion met 30-17 geklop het.

Drie daarvan spruit uit die insluiting van spelers in die Springbokgroep vir die Rugbykampioenskap.

Francois Venter word op senter deur Ryno Benjamin vervang, met Niell Jordaan wat die kapteinsmantel by Venter oorneem. William Small-Smith skuif na buitesenter om vir Benjamin plek te maak.

Die opgeroepte losvoorspelers Oupa Mohoje en Uzair Cassiem word onderskeidelik deur Henco Venter (flank) en Jasper Wiese (agsteman) vervang. Laasgenoemde maak sy Curriebekerbuiging.

Jacques du Toit (haker) is terug ná ʼn lang afwesigheid weens ʼn besering, en Joseph Dweba skuif bank toe.

In die voorry ruil Ox Nche (opdrafspan) en Charles Marais (bank) plekke, met Aranos Coetzee wat as vaskopstut opdraf.
Junior Pokomela en JW Jonker is nut op die bank.

Die span –

15. Clayton Blommetjies, 14. Rosko Specman, 13. William Small-Smith, 12. Ryno Benjamin, 11. Makazole Mapimpi, 10. Niel Marais, 9. Shaun Venter, 8. Jasper Wiese, 7. Henco Venter, 6. Niell Jordaan (kaptein), 5. Reniel Hugo, 4. Justin Basson, 3. Aranos Coetzee, 2. Jacques du Toit, 1. Ox Nche. Bank: 16. Charles Marais, 17. Joseph Dweba, 18. Rynier Bernardo, 19. Junior Pokomela, 20. Zee Mkhabela, 21. JW Jonker, 22. Malcolm Jaer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.