Etzebeth al hoe meer in skeidsregters se visier

Eben Etzebeth – in die skeidsregters se visier (Foto Sanzaarrugby)

Rugby is nie ʼn spel vir sissies nie, maar daar is  ʼn baie fyn lyn tussen beheerde aggressie en vuilspel.

Dis hoekom die vurige Eben Etzebeth nie daardie lyn moet oorskry nie.

Elke span het ʼn vuurstoker nodig, maar dan hoef dit nie in elke wedstryd oor te borrel nie.

Dink maar terug aan Johan Ackermann, Mark Andrews en Brad Thorn. Hulle was hard, kliphard, maar hulle was nie die hele tyd in die skeidsregter se visier nie.

Saterdag in die Superwedstryd teen die Lions op Nuweland was Etzebeth weer in die middel van ʼn relletjie.

Ek weet nie wat daartoe aanleiding gegee het nie en ek weet ook nie wat daar gesê is nie, maar daar was net een wenner: die Lions se Ruan Ackermann.

Die jong Ackermann het nie teruggestaan toe Etzebeth aan hom geruk en pluk het en voor die bors gestamp het nie. Hoe harder Etzebeth probeer het om Ackermann te ontsenu, hoe nader het hy aan Etzebeth beweeg, naderhand letterlik kop teen kop met sy spanmaats broederlik om hom.

Met ʼn daaropvolgende skrum, toe die Lions die Stormers verfrommel het, moes Etzebeth-hulle ná ʼn strafskop stert tussen die bene na die Stormers se doellyn terugval.

Die slag was net daar geslaan en dit was een van die beslissende oomblikke wat die skaal na die Lions se kant toe geswaai het.

Die probleem is dat Etzebeth, wat ʼn baie talentvolle speler en die waardevolste rat in die Bok-masjien is, reeds ʼn reputasie opgebou het as ʼn speler wat onnodig skoor soek.

Dink maar terug aan hoe Bakkies Botha in sy speeldae in sy spoor moes trap, hoe skeidsregters (en hul assistente) hom met arendsoë dopgehou het.

Wanneer die Franse in Junie in ʼn reeks van drie toetse teen die Bokke speel, gaan hulle Etzebeth beslis uitlok … en dan is dit in die skeidsregter se hande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

dries ·

Etzebeth is nie eers deel van die moeilikheid maar as jy sien is hy in die middel van die moeilikheid.

andre van heerden ·

Etzebeth se pakslae is op pad. Iemand gaan hom nog ‘n lês leer. Hy is arogant en dink hy is ‘untouchable’. Gee kans

Will i am ·

Net een klein mannetjie moet hom eendag op sy plek sit. Hy sal dan rustig wees vir die res van sy tyd

Theo Scholtz ·

Ek was by wedstryd!!!! Mens sien nie alles op tv nie!! Hy hardloop orals rond en ruk en pluk of trap “per ongeluk”!!!!! Hul wedstrydplan was ook om hom gebou en hy is sommer vinnig gestop ANDERKANT die voordeellyn. Marx het baie vd stopwerk gedoen en Jantjes was ook nie bang nie!!!!

Anti-Vuilspel ·

Hy is maar net ‘n vuil speler, uit en gedaan. Ek het geen respek vir hom of sy soort nie, hulle hoort eenvoudig nie in rugby nie.

Theuns ·

Dis net vir my snaaks dat die sightings commission vir Jaco Kriel uitgewys het vir ñ charge down as ñ “late tackle” maar niks van etsebeth, kolisi of carr gesê het nie. Is dit nie provinsialisme daai nie??

Theuns ·

Kan julle by Maroela nie asb vir ons bietjie insae kry by die sighting commission oor hoe hulle die sightings doen en ook hoekom net sekere spanne se spelers uitgewys en gestraf word, terwyl sekere spanne met baie erger dinge wegkom sonder dat daar ñ woord daaroor gesê word nie?? Dan sal ons dalk beter kan verstaan.

TC ·

Julle klomp suurknolle……Etzebeth is YSTER,julle net jaloers want hy speel vir Stormers/WP en nie vir julle provinsie nie.:-)

Anton Kld ·

Hy mag ‘n yster wees, maar hy is op hierdie stadium ‘n dom yster. Stel nie belang om rugby te speel nie. Arrogant en wil net altyd wys hoe sterk hy is. Saterdag was hy geen faktor nie. elke keer terug geduik. Wil hom nie in my span he nie. Leeus het die “Stormpie” van die Kaap ‘n rugbyles geleer.

Gy ·

Dit gaan nie oor die span waarvoor hy speel nie,hy is en bly n vuil speler ,hy gaan die Bokke en Stormers nog baie punte kos.Hulle het hom saterdag vervang want hulle het geweet.

Lion ·

Ai tog TC, hy kan maar vir die windlawaaitjies speel. Hy sal nooit by Leeu rugby pas nie hy het nie die looks of die game nie. Oo ja en hy het 2de gekom teen die jonge ackertjie.

Louis ·

Dis snaaks dat as hy n yster is het hy baie meer geintimideerd gevoel deur jong kleiner mannetjie wat nie terug gestaan het vir hom nie. Hy is veronderstel om n voorbeeld te wees en persoonlik dink ek op die ingewing van die oomblik was Ruan n baie grote yster en voorbeeld vir menige wat nog die spel geniet

Bert ·

Etzebeth se tjank gaan een van die dae afgetrap word. Fieta sou my ma hom noem.

Adonel ·

Go Lions julle is puik ? Speel n harde spel sonder om aggresief te word.
Wel gedaan Ackerman !!

Pieter ·

En wanner hy weer vir die Bokke speel dan like julle almal weer sy agressie.Dubbel standaarde.Suur druiwe

Piet Pille ·

Pieter die knapie is maar besonder stil teen spanne van N.Z. Wou jong Ackerman intimideer en hulle verloor toe die daarop volgende skrum!! Nee wat hy is ‘n “show-off” wat net sy span kan strafskoppe kos.

Wolf ·

Etsebeth die ‘meanie’ is deur die media geskep. Hy is so dom soos ‘n plank.

Joe Hall ·

Bakkies en ‘n hele spul ysters van vorige dekades sou die outjie laaaaank voor klein speeltyd uit gesort het.

Annatjie Kruger ·

Dankie tog Etsebet is nie in my gunsteling span nie. Hy is ‘n boelie en eendag gaan iemand sy tjank vir hom aftrap.

JohanvSchaik ·

Kyk Etsebeth is soos ‘n drom plofstof. En die opinente is die vuurhoutjies wat hom laat ontplof. Ek wens hy wil weer speel met oorgawe. Tackle die opponent vyf tree terug. Maak een keer reg skoon dat die fetcher flank drie keer kyk voor hy weer die bal probeer steel. Dra boetjie die bal op spoed. Want dan sal jy onthou word as ‘n great springbok. Maar nou gaan jou nalatenskap die wees van ‘n straat vegter wat kon rugby jol.

Corrie ·

Is net “amazing” hoe mense kritiseer…Eben is ‘n baie goeie rugbyspeler…dit is ‘n rugbyveld. Mens sal nou sweer die Leeus is ‘n spul engeltjies… Daar is niks so irreterend soos ondersteuners met tonnelvisie nie.

Beets ·

Ag hulle is net grootbek omdat die ou welpies vir die eerste keer daarin kon slaag om die Stormers op Nuweland te klop. Foeitog. Etzebeth is ‘n yster, vra maar vir Lood wat seker nou nog aan bomskok ly. Hy het alles wat jy in ‘n slot soek. Etzebeth jou lekker ding.

Jannie Kleinhans ·

Snaaks dat julle die Etzebeth voorval nou gebruik om die vieslike laat loop van Kriel met blatante elmboog in die gesig te probeer verdoesel. Swak smaak!!

Beets ·

Stem saam Jannie. Kriel is ‘n vuiluil. Moes definitief ‘n rooikaart gewees het (laat en gevaarlik).

ChrisH ·

Eben vat die agressie altyd te vêr. Die oposisie weet dit. Die ander span se apelers moet hom net vroeg in n wedstryd stamp of pluk en dan vergeet hy om rugby te speel en wil net die spelers speel.

Hy is n goeie speler maar moet werk aan se temperament

Marita ·

Hy en spanmaat, Elstadt, kan maar gerus gaan vir woedebeheer berading.

Dirkie ·

Eben is n baie goeie slot; voel soms rugby kommentators en skrywers maak hom baie beter as wat hy is. Wat my pla van Eben is dat wanneer hy teen bv Retallick van NZ speel is hy net n skadu van die speler wat hy is as bv teen spanne soos bv Skotland en Italie. Saterdag kon enige mens sien as die pak terugspeel hy beslis nie in die game was nie. Dus wanneer hy begin stamp en stoot.

Andre ·

Rugby bly lekker met of sonder die Etzebeth of Kriels.Almal het Bakkies gelike wat woes was.Y worry oor die 2 softies geniet die game money en skreeu vir die Sharks !!!

Martin ·

Man laat ek julle nou vertel. Die stormers is soos Robben Eiland. Jy lees net so nou en dan van hom in die geskiedenisboeke.

Scalla ·

Stem saam met TC, hy was n yster, nadat hy hom vasgeloop het in n begeesterde Lions span is hy nou n gebuigde yster, groot gif kom gewoonlik in klein houertjies. Go Lions.

Koos ·

Eben Etzebeth is ‘n harde speler, nie ‘n vuil speler nie. Daar is ‘n groot verskil tussen die twee. Die laaste groot vuilspeler was Bakkies Botha, wat genot daaruit geput het om kleiner teenstanders uit die spel te probeer haal.
Veel meer om oor te bekommer is skeidsregters wat nie vorentoe aangee”e raaksien nie. Twee van die Leeus se driee was ongeldig as gevolg van vorentoe aangee”e.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.