Ex-Wallaby en Junior Bok Dan Vickermann oorlede

Dan Vickermann (Foto theaustralian.com.au).png

Dan Vickermann (Foto theaustralian.com.au).png

Die voormalige Wallabyslot Dan Vickermann, wat die Junior Springbokke twee jaar verteenwoordig het voordat hy na Australië verhuis het, is Saterdagaand oorlede.

Geen rede word aangegee vir sy skielike dood nie, maar geen verdagte omstandighede rondom sy dood word vermoed nie.

Die 37-jarige Vickermann, wat in 63 toetse en drie Wêreldbekers vir die Wallabies gespeel het, het in 2000 na Australië verhuis nadat hy die vorige twee jaar vir die SA onder 21-span gespeel het.

Hy het daarna vir die Aussies ook op o.21-vlak gespeel en in 2002 sy toetsdebuut gemaak.

Vickermann was ʼn aggressiewe slot wat vuur in die Wallaby-pak gestook het. Hy het vir die Brumbies en Waratahs gespeel en in 2012 weens voortdurende probleme met stresfakture in sy bene besluit om halt te roep.

Vickermann laat sy vrou Sarah en twee jong kinders agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pb ·

Dan Vickermann was een van daai no-nonsens slotte. Hyt my baie geirriteer as die Bokke op die aanval was, het hy by menige geleenthede of die Bokbal gesteel in die lynstaan of met sy verdediging n stokkie gesteek voor n Bokdrie. Rus sag Yster…een van die harde grotes in internasionale rugby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.