Faauli gestraf vir duikslag teen Bulls

ʼn Gevaarlike duikslag in Saterdag se Superrugbywedstryd teen die Bulls het tot die skorsing van die Chiefs se senter Jonathan Faauli gelei.

Hy is vir vier weke geskors nadat hy in die 27ste minuut van die wedstryd in Hamilton die Bulls se Springboksenter Jan Serfontein gelak het sonder om sy arms te gebruik.

Faauli is nie op die veld gestraf nie, maar die wedstrydkommissaris het hom uitgewys, omdat hy gereken het die oortreding het ʼn rooi kaart geverg.

Hy (Faauli) het Sondag voor Sanzaar se vuilspelkomitee skuld erken.

Luidens ʼn verklaring deur Sanzaar het die oortreding ʼn skorsing van ses weke geregverdig, maar die skulderkenning en ander versagtende omstandighede het daartoe gelei dat hy net vir vier geskors is.

Die skorsing geld tot Saterdag 29 April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Bloubal ·

Die hele flippen wedstryd is deur n absolute patetiese skeidsregter gehanteer. Die Chiefs het met moord weggekom. Obstruksie,onkant en en en.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.