Faf du Plessis beboet vir balpeutery

Foto: Express News-skermskoot

Foto: Express News-skermskoot

Faf du Plessis van die Proteas is Saterdag beboet vir balpeutery tydens die tweede kriekettoets teen Pakistan.

Du Plessis is met 50% van sy toetsfooi beboet nadat skeidsregters Vrydagaand gesien het hoe hy die bal teen die ritssluiter van sy broeksak vryf. Skeidsregters het die kaptein, Graeme Smith, ontbied en die bal is vervang. Pakistan is vyf straflopies toegeken.
Die skeidsregters, Ian Gould en Rod Tucker, het die voorval by David Boon, die wedstryd se skeidsregter, aangemeld. “Du Plessis het nie die klag teengestaan nie en die boete is toepaslik gegewe die omstandighede,” het Boon gesê.

Du Plessis is die eerste Suid-Afrikaner wat vir balpeutery beboet word.

Lees ook:
Faf du Plessis moontlik gestraf vir balpeutery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.