Faf ʼn held, maar sou dit in SA gebeur het?

Faf de Klerk, held van die Sales Sharks. (Foto: GB Jordaan)

Nóg ʼn weeskind van Suid-Afrikaanse rugby, nóg ʼn held oorsee.

Wanneer Faf de Klerk Sondagoggend wakker word, is dit as die Sale Sharks se held.

Dié oud-skrumskakel van die Lions en die Springbokke was Saterdag die spil van die Sharks se oorwinning van 30-29 oor Harlequins in die Engelse Premierliga.

Hy het ʼn doelskop oorgeklits en die wenstrafdoel kort voor die einde deurgejaag.

Is dit nie waaroor enige rugbyspeler droom nie? Is dit nie wat enige rugbyspeler wil hê nie, om die nodige erkenning te kry, om na waarde geskat te word en om soveel moontlik speelkans te kry nie?

Ja, daar is verskeie redes waarom hulle oorsee speel: geld, transformasie, wedstrydpatrone wat afgedwing word en waarby hulle nie aanpas nie en dat hul vaardighede en talente nie na behore geskat en ontwikkel is nie.

Die ellelange lys Springbokke wat in Europa speel, raak net al hoe langer: onder meer Duane Vermeulen, Francois, Louw, Schalk Burger, Arno Botha, Franco van der Merwe, Flip van der Merwe, Juandré Kruger, Vincent Koch, Marcel van der Merwe, Werner Kruger, Jannie du Plessis, Bismarck du Plessis, Faf de Klerk, Ruan Pienaar, Piet van Zyl, Pat Lambie, Francois Steyn, Rohan Janse van Rensburg (hy het twee van Sale se drieë gedruk, en keer darem oor twee maande terug), Bryan Habana, JP Pietersen, Jan Serfontein, Cobus Reinach en Willie le Roux.

En dan praat ons nie van die magdom ander talentvolle spelers soos Cheslin Kolbe, Paul Jordaan, Duhan van der Merwe, Jaco van der Walt, Jacques du Plessis,  Jean Kleyn, Gerbrandt Grobler, Paul Willemse en Chris Cloete nie.

Daarby is daar ʼn rits ander spelers soos onder andere CJ Stander, Brad Barritt, WP Nel, Quinn Roux, Don Armand en Scott Spedding wat vir ander lande toetsrugby speel. En wat nog van die hordes Suid-Afrikaanse spelers wat in, en nou selfs ook vír, Japan speel?

Maar kom ons wees eerlik, as die sowat 370 Suid-Afrikaners wat nou in Europa speel, nie gewaai het nie, waar sou hulle in Suid-Afrika ingepas het?

Wat sou van die 370 spelers geword het wat agtergebly het?

Die bus is oorvol, daar is nie meer plek vir almal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wilhelm Jooste ·

Ek stem saam dat daar nie plek is vir al daai spelers nie en dat die bus dan vol is maar:Behoort jy nie dan die bestes vir jou eie land te hou en te sorg dat jy die beste in jou toets span gebruik nie.Maar ons laat ons beste spelers gaan omdat transformasie moet plaasvind.Ek voel net elke speler moet n regverdige kans kry omdat hy die beste beskikbare speler in n spesifieke posisie is.

Jakkalas ·

Ja ek stem saam daars nie plek vir almal nie. Maar sekerlik sal jou verskeidemheid keuses beter wees as wat ons nou sien en dit sluit die afrigters ook in. Politiek, swak rand en die power afrigting/spankeuses veroorsaak spelers om te loop.

Maggie Parsons ·

Dis hartseer. Maar Ja as dit nie vir ras kwotas was nie was dit nie nodig vir ons beste spelers o. Oor see te Gaan speel nie. Nou pluk SA rugby die vrugte van verloor verloor?

bgj van der westhuizen ·

wel daar is nie meer trots om te se jy is n springbok nie wand dit bestaan nie meer nie en om te se jy speel vir suid afrika lag die mense wand die anc regering het alles laat verval nou waarom sal hulle nie gaan speel saar hulle geld kry vir wat hulle doen nie

Lou ·

Pieter Kruger, jy wil hê ons moet glo dat daar nie vir dié, wat geloop het uit SA, plek sou wees terug in SA rugby nie. Ek glo dat ten minste die top 20 tot 30 van dié spelers dadelik ingespan kon word, en saam met die top 5 tot 10 van die spelers, wat agter gebly het, ‘n uitstekende poel sou wees om ‘n Springbokspan te kies wat weer ‘n wêreldbeker sal wen! Dit klink meer soos die waarheid! Baie goeie beriggewing oor waar al die spelers hul bevind, maar hou maar jou opinie vir jouself!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.