Faf praat oor die skopgrappies

Faf de Klerk. (Foto: GB Jordaan)

Die Springbok-skrumskakel, Faf de Klerk, loop deesdae onder internetgrapjasse deur en dit is veral sy skoppe van agter die skrums en losgemale wat vir lekker grapmateriaal sorg.

De Klerk het die afgelope naweek in die kwarteindstryd teen Japan die bal 17 keer in 74 minute geskop, terwyl hy die bal 36 keer na ander spelers laat loop het.

Die Bok-skrumskakel se oënskynlike skopbeheptheid het hom die bynaam “Gaan Skop de Klerk” by grapjasse op sosiale media besorg.

Tog berig die rugbywebwerf Rugby Rocks dat die blonde skrumskakel nie sy humorsin verloor het nie.

“Jy moet die humor in hierdie tipe dinge raaksien. As jy te veel aandag daaraan gee, sal jy begin om fokus te verloor op dinge wat werklik belangrik is,” het De Klerk gesê.

Hy het bygevoeg dat dit onmoontlik is om nie grappies op sosiale media raak te sien nie.

“Party van die goed is regtig snaaks en ek geniet die meeste van hulle. Tog is daar ouens wat ’n bietjie persoonlik raak. Ek kan verstaan dat mense baie lief is vir die Springbokke en baie betrokke by die span is; as daar byvoorbeeld iets gebeur waarmee hulle nie heeltemal saamstem nie, sal hulle hul misnoeë duidelik te kenne gee.”

De Klerk se oudafrigter by die Pumas, Jimmy Stonehouse, het op sy beurt aan Maroela Media gesê dat ʼn mens nie die 28-jarige nommer nege vir die skopplan kan kritiseer nie, aangesien dit definitief die Bokke se wedstrydstrategie is.

“As mens kyk toe Herschel (Jantjies) op die veld verskyn het, het hy ook maar geskop; gaan kyk na die All Black-wedstryd en dieselfde het gebeur.

“Jy kan wel vir Faf kritiseer op die uitvoer van die skoppe – is dit té ver of té diep. En die tweede ding, as hy skop dan kan mens die vleuels of die senters wat die bal moet jaag en nie goed genoeg in die lug daarom meeding nie, kritiseer.

“Maar wat die aantal skoppe betref, moet niemand my vertel dat dit Faf is wat só bly skop nie, dit is definitief die Bokke se wedstrydplan.”

Springbok-hardebaard Duane Vermeulen het ook al vir De Klerk in die bres getree.

“Ons het ’n vasgestelde wedstrydplan en ons probeer om daarby te bly. Faf weet hoe om rugby te speel en hy bly ook getrou aan ons plan,” het Vermeulen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Se net ·

Ek is ‘n leeu ondersteuner – en in die tyd wat hy nog vir die leeus gespeel het – het ek altyd gese Faff bring net ‘n goeie energie op die veld ! Hy speel sy hart uit !

Jan ·

Faff jy skop die bal weg en All Blacks druk n drie. En al jou geskoppery maak die bokke moeg om weer die bal trug te kry

Carel ·

As die skoppies nie perfek geplaas is nie staan ons besit af en maak die vories se hardewerk ongedaan
All Backs met besit is gevaarlik

Waar gaan ons tyd kry om drieë te druk ·

Faf was 74 min op die veld en het 17 keer geskop. As mens aanvaar die oponente het 50% van die tyd die bal gehad beteken dit dat Faf elke 130 sekondes wat ons die bal het skop. Dan moet ons nog toelaat vir die res van die span se skoppe en al Willie se knocks. Waar gaan ons tyd kry om drieë te druk????

Martin ·

Tipies???????? almal weet dis die bokke se gameplan! Gee heeltyd vir die beste span in die wêreld bal besit en wen dalk 10 meter veld???? goeie gameplan hoor????

Jaco ·

Niks persoonliks nie maar as dit kom by huidige vorm en taktiese skopwerk is Cobus baie beter. Behalwe dat sy skoppe baie meer akkuraat is is sy algemene spel ook beter. Ek sal beslis vir Cobus in die Semi speel en om eerlik te wees vir Jantjies op die bank. Die skop tegniek kan dalk nog werk teen Wallis (wat nie weet waar die bal is) maar sou jou daai wedstryd teen die A.B probeer gaan jy baie seer keer. Persoonlik dink ek ons het gewys dat ons kan mooi aanval rugby speel met bal in hand en dink ek dis hoe ons die beker sal wen. Eks beslis nie n “kenner” nie maar my logika se vir my dat as jy 20% bal besit het en jy loop 5-3 teen Japan voor voor na 40min is dit dalk nie n slegte idee op jou plan aan te pas en bietjie aan te val ipv als weg te skop nie…..?

Beste stuurman staan aanwal. ·

Ek besef Faf voer net opdragte uit. Ek wil aan die opdraggewers sê dat indien Faf elke nou en dan die bal nie wil uitgee na die balhonger vleuels toe nie en dit in die All Blacks se hande gee deur te skop dan gaan die bokke 2 de kom. Ek sien geen wedstrydplan daarin om ‘n bal waarvoor die voorspelers hard gewerk het, net eenvoudig in die teenstaanders se hande te skop nie. Die Varingdraers gaan julle afslag.

Joke! ·

Wat de hel dink Rassie is die spelers as hul net moet opdragte uitvoer? Androids? Volg net opdragte ?regtig ? Wat de …
Geen wonder dit gaan soos dit gaan en lyk soos dit lyk in Bok rugby nie? Dit beteken die spelers kan nie aanpas nie wanneer die ander span innoveer nie! Maak jul mense n grap? Laat talent die spel dikteer maar ek moet se ek sukkel om talent te bespeer as hul soos robotte speel…

James ·

Willie en Faf is nie op par nie.
End van die prent.
Met hulle twee daar staan ons nie n kans nie.

Attie. ·

Wanneer die Bokke opdraf in die finaal gaan elkeen van ons in SA se harteswel van trots. Faf, jy gee vir my baie genot om te sien hoe die energie uit jou uitstraal maar my seun, luister na my asseblief. Moenie elke 2 de of derde of vierde bal in die hande van die opponente skop nie. Gaan kyk mooi of jy sien die All blacks dit doen, nee hulle klou verbete aan die bal want die voorspelers het hard daarvoor gewerk. Ons het net twee skoppers, een skop te veel en die ander een skop te mis. Ons vertrou die eindstryd gaan nie teen die All Blacks wees nie

Attie. ·

Net nog dit, ons sien die bokkie sit nou al op jul skouer. Een van die dae is hy weg en daai protea lyk nie baie mooi op n groen trui nie. Speel asof daar n groot bok op jul bors sit soos vanouds.

Ig ·

James stem saam met jou daar is ander spelers wat baie meer in vorm is op die oomblik

Jakes ·

Faf se belaglike verduideliking staan my nie aan nie. Indien dit wel taktiek is van Erasmus om gebiedsvoordeel te bekom dan miet hy ten minste n skopper kry wat weet hoe on die skoppe korrek uit te voer. Faf is nie die veste nr 9 in SA nie en ek kannie wag om sy verskoning te hoor wanneer ons groot pakslae gaan kry teen NZ nie. Dis n grap.

Gemaskerde Sopbeen ·

Wat is die verskil tussen Chuck Norris en Faf de Klerk? Chuck Norris skop NET EEN keer!!

Joke! ·

Teminste dink faf dit snaaks ek ag dit pyn in die agterstewe….

What a joke! ·

As chuck daai bal skop land hy op die maan my maat! Faf kry nie die bal verder geskop as sy uitgestrekte been nie! Nee wat…

Werner ·

Faf kan 100 keer in ñ game skip vir al wat ek omgee waar my probleem in kom as as ons net die bal terug wen van ñ losgemaal en daar dan geskep word my regtig geen wonder Japan het ñ bal besig van 81% teen oor 19% van die bokke gehad teen rustyd nie

Brandon ·

Goed. So dis die wedstrydplan! Wel Rassie, kanse is skraal dat jy Wallis sal klop met daardie taktiek en nog skraler dat jy NZ sal klop daarmee. Maar volpunte vir jou ( en Mnr Faf) dat jul die tes van die wereld so mooi op hoogte hou van jul taktiek. Faf was Japan se mees waardevolle speler, Rassie raak dalk Wallis se mees waardevolle afrigter. Dalk eet ek my woorde oor 10 of 11 dae, maar met dié swak wedstrydplan en die nog swakker uitvoering daarvan, (lees Faf de Skop), gaan die Bokke soos die ander Faf ( DuP) se Protea-blommetjies verwelk

aj ·

Bedaar!

Kom ons vat dit kalm!

Rugby is net ‘n interessante speletjie waar geluk dikwels bepaal wie die wenners sal wees. (Daai bal kan in enige rigting spring!)

Kom ons respekteer die spelers en ander ampsdraers … gewone mense met ma’s en pa’s, familie en vriende!

En elkeen is uniek … en anders! … met ‘n eie siening van rugby!

Haal diep asem!

Judge Dredd ·

….die bal spring nie as iemand hom vang(All blacks) – so nee, dis nie net ‘n game van geluk…..

Goeie spel ·

Baie goeie spel deur Faf, ‘n skop of 2 het wel nie getrek soos hy dit wou hê, hy het wel baie goed aangeval en baie goed verdedig en maak nie saak of daai opponent 2 keer sy size is nie. Hy skep energie en positiwiteit. Hy verduidelik ook dat hul volgens de wedstryd op die tafel speel, so ek is positief dat hul nie dit gaan doen teen by NZ nie. Iemand bo sê beste stuurman staan aan wal en dit is sooo! Ek voel net, kom ons ondersteun hom en die span eerder – die grappies is goed, maar werklik negatief inklim asof jou lewe daarvan afhang……..

wimpie ·

Ons gaan sukkel teen Wallis met die game plan. Wallis is fikser as die Japanese.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.