Faf spring skorsing vry

Faf de Klerk (Foto GB Jordaan)

Die Springbok Faf de Klerk het skorsing vrygespring nadat hy Vrydag met ʼn rooi kaart in die wedstryd tussen sy klub, Sale, en die Wallise streekspan Scarlets in die reeks om die Anglo-Walliese Beker gestraf is.

Hy het homself die rooi kaart op die hals gehaal toe hy twee geel kaarte binne twee minute gewys is.

Die tugkomitee het Dinsdag beslis dat albei oortredings tegnies van aard was, en dat die afstuur voldoende straf is.

De Klerk mag onmiddellik weer speel.

Sale het die Scarlets – met tien spelers in die Walliese span wat die Skotte Saterdag in Cardiff opgedreun het – met 45-18 oorrompel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Snuffels ·

2 geel kaarte binne 2 minute??? Sjoe dit wil gedoen wees!

Henk ·

TWEE geelkaarte binne TWEE minute? Onder watse rugbyreels speel hulle die kompetisie?

Jack Russl ·

Hulle speel dieselfde reels. Faf het ‘n geelkaart gekry, toe hy afdraf het die bal waarmee die spel weer begin moet word op die veld gekom. Faf het toe sy rigting so bietjie verander oppad boefblik toe, die bal gevang en dit weggegooi. Daarvoor het hy toe ‘n tweede geel kaart gekry wat toe rooi word.

Ek is nie seker hoe hulle hom ‘n kaart kan gee as die spel gestop is terwyl hy afgaan nie. Enige iemand duidelikheid hieroor?

Snuffels ·

Dankie Jack…dit klaar baie op vir my! Ja nogal interessant om te weet, die spel het tog gestop, so nie seker van daai besluit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.