Faf weer nie in Lions se 23-tal nie

Andries Ferreira – terug in die beginspan na sy ruskans (Foto GB Jordaan)

Die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk, wat volgens die Sale Sharks van Engeland  ʼn driejaar-kontrak met hulle gesluit het, is weer nie in die Lions se 23-tal vir Vrydag (11:45) se laaste toerwedstryd in Australië nie.

Die Lions speel die naweek teen die Brumbies wat hulle moeilikste wedstryd van die drie op toer behoort te wees. Hoewel die Brumbies nog nie veel meer kon doen as om hulle vrot landgenote te klop nie, is hulle wel die Aussies se beste span.

♦  Dillon Smit is vir Saterdag weer die skrumskakel op die bank met Ross Cronje wat in ʼn goeie seisoen weer in die beginspan is.

Johan Ackermann-hulle het die agterlyn onveranderd vir die wedstryd behou, maar het voorlangs vyf veranderinge aangebring aan die span wat die Rebels verlede week 47-10 verniel het.

Die hele Lions-voorry word vervang. Corné Fourie, Robbie Coetzee en Johannes Jonker speel in die plekke van Jacques van Rooyen, Malcolm Marx en Ruan Dreyer.

Op slot keer Andries Ferreira terug in die plek van Lourens Erasmus, en Ruan Ackermann vervang vir Cyle Brink.

Brink se naam is saam met dié van Robert Kruger op die plaasvervangerlys gekoppel en daar sal later in die week besluit word wie van die twee op die bank sal sit.

Lions –

15 Andries Coetzee, 14 Sylvian Mahuza, 13 Lionel Mapoe, 12 Harold Vorster, 11 Courtnall Skosan, 10 Elton Jantjies, 9 Ross Cronjé, 8 Warren Whiteley (kapt.), 7 Ruan Ackermann, 6 Kwagga Smith, 5 Franco Mostert, 4 Andries Ferreira, 3 Johannes Jonker, 2 Robbie Coetzee, 1 Corné Fourie. Bank: 16 Malcolm Marx, 17 Jacques van Rooyen, 18 Ruan Dreyer, 19 Lourens Erasmus, 20 Robert Kruger/Cyle Brink, 21 Dillon Smit, 22 Jacques Nel, 23 Anthony Volmink.

Afskop: Vrydag 11:45.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Frans C ·

Die weglating van de Klerk is nie ‘n verrassing nie. ‘n Plaasvervanger moet so gou as wat moontlik is in die span opgeneem word.Dit mag ook ‘n duidelike waarskuwing wees,dat as jy op twee stoele probeer sit ,gaan jy tussen die twee val of tewel jou aandag kan nie verdeeld wees tussen twee werkgewers nie.

thelsa ·

Tipiese ‘revenge’ span. Jou lojaliteit bepaal jou insluiting in die span en nie jou vermoë in ‘n gegewe posisie nie. Faf is op enige dag ‘n beter speler as Ross. Is dit dan nou ‘n skok as spelers hulle heil in fie buitelamd gaan soek ? Komaan ouens. . Skrik ! Al is dit net wakker !!

Leeuers ·

Ross speel baie beter Rugby as Faf hierdie jaar. En Smit gaan nog een van die grotes word so hoekom moet hulle vir Faf kies as hy geen waarde gaan toevoeg volgende jaar nie? Dit is hoekom die leeus so suksesvol is die laaste paar jaar, hulle slaan nie ag op jou reputasie of hoeveelheid internasionale toetse as daar spanne gekies word nie, hulle kies die speler op vorm.
Sterkte Faffie, hoop jy maak ‘n reuse sukses van jou loopbaan in Europa en dankie vir die laaste 4 seisoene!

Frans C ·

Daar is niks verkeerd mee om van werkgewer te verander nie.Wat wel verkeerd is,is as jy agter jou werkgewer se rug,aan wie jy nog met ‘n geldige kontrak verbonde is,met ‘n ander werkgewer onderhandel.

Onthou jou huidige werkgewer het dalk nog ander planne vir jou,maar moet nou langs ‘n ompad verneem dat jy oppad uit is.Die Leeus het vir de Klerk nader getrek en speelkans gegee en het hy by hulle ‘n Springbok geword.Eintlik is de Klerk se optrede niks meer as stank vir dank.

Doen die eerbare ding en speel oop kaarte met jou werkgewer sodatook sy planne met die
span kan aanpas.Daar is ‘n hele paar oud Leeus wat ook die paaidjie geloop het en eintlik
nadat hul daar Springbokke geword het die pad gevat het,

Jack Russl ·

Nie almal is so kleinlik om ‘revenge’ spanne te kies nie.

Ross het ‘n baie beter speler geword van waar hy was ‘n paar jaar terug. Faf is ook ‘n goeie speler, maar sy spel is nie waar dit was nie. Hoekom moet hulle tyd spandeer om ‘n speler te gebruik wat oor ‘n paar maande nie meer by jou gaan wees nie. Gebruik dan eerder ‘n speler wat jy kan ondervinding gee om Faf se plek te vat.

Indien die hele leeus span se sukses afgehang het van Faf, dan sou ek saamstem dat hy moet speel, maar hulle het ‘n goeie groep spelers wat almal die stap op kan maak.

hans ·

Faf is n goeie speler, maar het vanjaar maar gesukkel. Ek twyfel of Johan hom sal uitlaat oor hy volgende jaar waai, dink net nie sy form is goed genoeg om span te haal nie

Josua Keys ·

Ek wil dit net weer graag noem, ongeag die weglating van Faf briljante speler het Ackerman n plan gehad by die Leeus wat frugte afwerk, hoe gouer ons keurder ophou glo in name en spelers op vorm kies sal ons rugby 100% verbeter. Ek weet nie of die mense kan onthou in 2016 toe die Leeus teen die Crusaders gespeel het en met so n groot telling agter amper van die veld geloop het nie, wie was die plaasvervanger skrumskel so +- 20 minute net voor die eindvluitjie geblaas het, “Dillion Smit” en hy het in daardie 20minute die hele wedstryd geswaai en die leeus het amper heeltemal terug gekom in die wedsrtyd maar wel verloor, Dillion is n baie beter speler as waarvoor hy krediet kry ek sal hom baie meer wil sien speelkans kry as 10 of 5 minute en ek dink hy kan nog groot dinge vir die Leeus doen GEE HOM ASB NET MEER KANS VIR ONDERVINDING, hy kan losskakel vleul, of selfs heelagter speel en hy skop ook baie goed, komaan Johan gee die man meer speel geleentheid. chance!!!!!

Josua Keys ·

Dillion Smit verdien beslis meer speeltyd as wat hy huidiglik kry, hy het in laasjaar 2016 se super reeks teen die Crusader as plaasvervanger so +- 15 minute voor die einde van die wedstryd op die veld gekom en in daardie 15 minute die leeus amper help terugbring om die groot agterstand uit te delg en daarom weet ek hy kan nog groot deure by die Leeus oopmaak, goeie skrumskakel, vleuel en sal losskakel en heelagter kan speel en hy skop ook nie sleg nie gee asb die ou meer kans, Faf is n briljante speler maar Dillion verdien ook sy kans!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.