Fidji het Saterdag die tweede land ná Amerika geword om sy plek vir 2019 se Wêreldbekertoernooi in Japan te bespreek.
Hy het Tonga in Nuku’alofa met 14-10 geklop, en seker gemaak hy kan nie in die reeks om die Stille Oseaan-nasiesbeker ingehaal word nie.
Die Fidjiane sal saam met onder meer Australië, Wallis en Georgië in Groep D speel.
Oseanië se tweede deelnemer sal ná aanstaande Saterdag se laaste wedstryd in die reeks tussen Fidji en Samoa in Apia bepaal word.
Uitslae tot dusver –
Tonga 30, Samoa 26; Samoa 30, Tonga 10; Fidji 26, Samoa 16; Fidji 23, Tonga 18.
Opgesomde punteleer –
Fidji 12, Tonga 6, Samoa 5.