Fidji eindig Blitsbok-opmars

Siviwe Soyizwapi

Fidji het die Blitsbokke se aanslag op die Hamilton-kroon beëindig, toe hulle Neil Powell se manne 29-7 in die bekerhalfeindstryd geklop het.

Die eilandmanne het hopeloos te veel skietgoed gehad en het uiteindelik vyf drieë gedruk. Zain Davids het die Suid-Afrikaners se enigste drie gedruk.

Vroeër was die Blitsbokke so te sê onstuitbaar en het die groepfase onoorwonne afgesluit. Hulle het met Kenia (29-7), Frankryk (17-5) en Skotland (26-) afgereken. Daarna het hulle ’n sterk Samoa-aanslag afgeweer om die kwarteindstryd 28-19 te wen.

Kyle Brown het sy 68ste toernooi op ’n uitstekende manier afgeskop, toe hy die openingsdrie teen Kenia gedruk het.

In die ander bekerhalfeindstryd het die VSA (die voorlopers in vanjaar se reeks) vir Nieu-Seeland 17-7 getroef om hul plek in die eindstryd te verseker.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Manie ·

Lyk my die Blitsbokke is op n baan wat almeer die afgrond in gaan. Ek wonder of rugby en krieket se kwotas hulle nie ernstig begin byt.

Henk ·

Al daaraan gedink oor hoe pateties die blitsbokke se spel deur die toernooi moes wees as die hoogtepunt in die berig handel oor Brown se mylpaal om die eerste drie in sy 68ste toernooi te druk? Ek kan werklik nie onthou wanneer laas die blitsbokke so swak gespeel het as wat hulle hierdie laaste drie wedstryde gespeel het nie. Die rooi ligte het laas jaar eintlik al begin flikker, kampioene of nie.

Frans C ·

Fidji was te ,te-te groot,te sterk, te vinnig.Daar is ‘n spreeekwoord wat sê:’Die een se dood is die ander se brood.’ Die vertrek van staatmakers uit die sewesspan na die 15 man kode
word deeglik gevoel.
Die gevolg is dat Powell weer van vooraf moet span bou en nuwe helde na vore moet kom.
‘n Mens voel jammer vir Powell want ‘n afrigter se sukses word gemeet aan die span se
sukses.Die span loop dus dieselfde pad as die Lions wat gaan sukkel om sy vertonings in die Superrugbyreeks te herhaal.

Nou kan ‘n mens maar net hoop dat die insluiting van die sewesspelers daadwerklik die span waarby hul aangesluit se spel sal verbeter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.