Fidji neem voortou in Stille Oseaantoernooi

Die verdedigende kampioen, Fidji Warriors, het Woensdag in Soeva die voortou in Wêreldrugby (WR) se Stille Oseaantoernooi geneem.

Hy het Junior Japan, wat na die eerste ronde voor was, met 28-3 onder stof geloop.

Die Fidjiane is goed op pad om die toernooi die derde keer op die ry af te wen.

Hulle was rustyd met 14-3 voor en het kort ná rustyd twee vinnige drieë ingeryg, voor ʼn fel dog puntelose stryd die res van dié helfte gekenmerk het.

Samoa A het sy eerste sege in vanjaar se reeks behaal deur met 40-10 met Tonga A af te reken.

Die Tongane was na 17 minute met 10-7 voor, maar daarna was dit eenrigting verkeer.

Samoa is nou tweede ná Fidji, Japan is derde en Tonga laaste.

Die toernooi loop Saterdag ten einde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.