Fidji se naasbestes behou Stille Oseaan-titel

fidji-logoFidji se onoorwonne Warriors het nes verlede jaar Wêreldrugby se Stille Oseaan-uitdaagreeks gewen nadat hy Saterdag oortuigend met Samoa A afgereken het.

Junior Japan het die tweede plek in die reeks tussen die Stille Oseaanlande se naasbestes ingeneem ná ʼn goeie oorwinning oor Tonga A.

Fidji het met 48-25 gewen, en Japan met 42-33 in die laaste ronde van die toernooi wat in die ANZ-stadion in Suva, Fidji, afgehandel is.

Die voorste driedrukker Lepani Raiyala (Fidji) het twee tweekunste vir ʼn totaal van vier behaal; en twee Japannese agstemanne, Foeala Makisi en Tewita Tatafoe, het elk ʼn driekuns behaal.

♦ Samoa het aanvanklik die Fidjiane deeglik vasgepen en die wenspan was ná 30 minute slegs 10-6 voor. Nog tien punte binne die volgende tien minute het die rustydtelling egter na 20-6 opgeskuif.

Die tweede helfte het in ʼn geweldige tempo begin en binne sewe minute het elk van die spanne twee keer gaan druk.

Die Samoane het nooit tou opgegooi nie, en Fidji moes in die tweede helfte hard werk om sy krimpende voorsprong te behou.

♦ Tonga het op sy beurt binne agt minute met 12-0 teen Japan voorgeloop, voor die uiteindelike wenspan wakker geskrik en drie verdoelde drieë binne tien minute aan te teken en die voortou met 21-12 geneem het.

Elk van die spanne is voor rustyd nog ʼn slag oor die doellyn – in Japan se geval vir ʼn bonuspunt (26-17).

Die spanne het steeds drieë afgewissel en 14 minute voor die einde het Japan se voorsprong tot 35-33 gekrimp, eerdat hy kort daarna die uitslag bo alle twyfel gestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.