Fidji te groot en sterk vir die Blitsbokke

Fidji het die Blitsbokke Sondagaand op Twickenham die vierde keer ná mekaar geklop en daarmee hul vyfde sege in die nege toernooie tot dusver in Wêreldrugby se huidige sewesreeks behaal.

Die Blitsbokke het die eindstryd met 17-21 verloor.

Benewens die oorwinning plaas dit die Fidjiane nou sewe punte voor die Blitsbokke op die reeks se punteleer. Slegs ʼn totale ineenstorting in aanstaande naweek se toernooi in Parys waar hulle nie die kwarteindronde haal nie en die Blitsbokke die toernooi wen, kan Fidji moontlik van die 2017/’18-reekstitel weerhou.

Suid-Afrika is die verdedigende kampioen.

Die Blitsbokke, wat die laaste twee toernooie sonder twee van hul mees ervare spelers en spelbrekers, die beseerde Cecil Afrika en Branco du Preez moes speel, het in die eindstryd ook vir Werner Kok vroeg in die wedstryd verloor.

Dit kan egter nie as verskoning gebruik word nie. Die Fidjiane, wat die toernooi onoorwonne afgesluit het, was die beter span. Hulle het die veel ligter Suid-Afrikaanse agterspelers se gewillige verdediging te dikwels kon afskud en was ongetwyfeld die beste span in hierdie toernooi.

Engeland het op hul tuisstadion en die yslike tuisskare, nie net die halfeind teen Suid-Afrika verloor nie, maar ook in die uitspeelwedstryd om die bronsmedalje teen Ierland, wat die eerste keer op dié uitsoekverhoog meeding, pak gekry (19-21)

ʼn Mens hoop maar dis ʼn voorspooksel van wat in die komende toetsreeks in Suid-Afrika gaan gebeur!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

LHS ·

Engeland sou die reeks wat kom 3-0 gewen het maar daar is toe ooreengekom op 2-1 More gaan ons hoor Wallis is in die 6 de plek en S.A. is nou 7 e op die ranglys. Voor die noodroep ” Erasmus and Koalise must fall” gaan begin mag ons dalk selfs nader aan 10e posisie wees. Jammer om die paar wat nog positief probeer wees se bubble te bars maar die finale fase van Springbok rugby vernietiging is reeds aan die gebeur.

Frans C ·

Wat die berig nie sê nie nadat Fidji opgehemel is,dat Fidji baie vinnig Pro 14 sterre ingespan het nadat hul nie langer in die Pro 14, nodig was nie.Dit was dan ook die die uitblinker in die Barbarian span oor Engeland wat al die spanne grys hare in die toernooi besorg het.

Jammer dat die uitgedunde Sewes nie die een kon deurtrek nie,nietemin welgedaan.

bolla ·

Fiji het 5 toernooie gewen en ons 1. Dis duidelik wie die beste span is en die beker moet vat.

alwyn burger ·

Spelbreker ? Wanneer het die woord ons rugbyleksikon ingesluip? Pas die woord spelskepper nie beter nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.