Fisieke Leeus kneus Bokke se ego’s

Siya Kolisi van Suid-Afrika en Hamish Watson van die Britse en Ierse Leeus-span (24 Julie 2021) (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Die Britse en Ierse Leeus het vandag die Springbokke in die tweede helfte van ’n klipharde eerste toets platgetrek om met 22-17 in Kaapstad te wen.

Warren Gatland het ná daardie SA A-wedstryd gesê dat die Bokke se ego’s effens gekneus is en dat die Suid-Afrikaners sukkel om met ’n ander plan vorendag te kom as hul teenstanders nie skroom om hulle fisiek aan te vat nie.

Ja, dit was dalk alles deel van die tradisionele bekgeveg-sessies, maar in die laaste 40 minute van vandag se kragmeting kon ’n mens dit nie verhelp om aan Gatland se woorde te dink nie.

Die Leeus het skielik beter geskrum, hul rolmaalbewegings het begin werk en die Bokke is knaend met doeltreffende lugskoppe gepeper.

Momentum is maar soos jou karsleutels – jy verloor dit maklik en as ander nog boonop hard werk om dit by jou af te rokkel, kry jy dit nie sommer terug nie.

Suid-Afrika se Elton Jantjies met die Britse en Ierse Leeus-span se Kyle Sinckler (links) en Mako Vunipola (24 Julie 2021) (Foto: Rodger Bosch/AFP)

Nadat die Suid-Afrikaners ’n rustydvoorsprong van 12-3 (danksy Handré Pollard se skopskoen) geniet het, het die Leeus gewys dat hulle nie sommer sal hênsop nie en dat hulle oor die vermoë beskik om takties na ’n hoër rat oor te skakel.

“Ons het ’n hele paar dinge waaraan ons in die komende week moet werk. Ons was later ons eie grootste vyand en ons het begin foute maak,” het Siya Kolisi na afloop van die wedstryd gesê.

Tog is dit darem nie nou al nodig vir Bok-ondersteuners om hul klere te skeur en stof op hul hoofde te gooi nie.

As jy die vinnige kleedrepetisie teen Georgië miskyk, het die Springbokke laas in November 2019 ’n mededingende rugbywedstryd gespeel en almal onthou wat die uiteinde van daardie toernooi was nadat hulle ook die eerste wedstryd van hul veldtog verloor het.

Dan kan hulle seker ook hul sterre dank dat hulle vir die uitgeslape Rassie Erasmus as hul waterdraer het. ’n Mens kan hom maar vertrou om met iets vindingryks vorendag te kom om die Leeus se opmars te stuit.

  • Puntemakers:

Britse en Ierse Leeus: Drie: Luke Cowan-Dickie. Doelskop: Dan Biggar. Strafskoppe: Biggar (4) en Owen Farrell.

Springbokke: Drie: Faf de Klerk. Strafskoppe: Handré Pollard (4).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Snowball ·

Bokke verloor teen die Leeus en Marius Jonker danksy ou Gatland se hissy fits voor die tyd. En hoe mis ons nie vir Dwayne nie! Wat ‘n misrabele dag!

Tubac ·

So what oor Gatland se hissy fits! Daar gaan ons alweer oor n skeidsregter. Piet se opsomming oor die wedstryd is heeltemal in die kol.

MakersMark ·

Die tv ref was pateties. Selfs hoofstroom media trek sy beslissings uitmekaar uit en vra dat hy nie verder in die reeks gebruik word nie. Skeidsregters se beslissings het ‘n groot impak op wedstryde se uitkom veral as dit taai wedstryde is om te wen. Daar word op hul vertrou om korrekte beslissings te maak nie ruggraatlose beslissings nie.

twaalfboor ·

Die bokke het die pad duister geraak toe hulle halftyd hul vaste 3 vervang het. Nswe, Mbonambi en Nyakane het hul goed van hul taak gekwyt. Marx, Malherbe en Kitshoff was pap geskrum en “non existing” op die veld. Faf se irriterende en doellose skoppe het my teen die mure uit gedryf. Kolise het soos gewoonlik geskitter in sy afwesigheid.
Dis nie asof die Leeus so goed was nie, die bokke was maar net pateties.

Harley Davidson ·

Dit is n goeie een ander rugby lande kies hulle beste spelers sa is onderworpe aan kwotas gebaseer op kleur.

Politikus ·

Dit was Kitshoff, Malherbe en Marx wat die wedstryd vir Bokke verloor het….het nie geweet hulle is ook kwotaspelers nie?!

jou gewete ·

Dis hoekom ek hulle nie steun nie. los kwotas uit sport

Vrijburger ·

Die huidige Springbokspan mag of mag nie op meriete gekies wees, maar dit is irrelevant. Die Springbokke is verteenwoordegend van ‘n kwota stelsel wat geld op alle vlakke tot op laerskool vlak. Kwota’s beteken spelers word of in- of uitgesluit volgens ‘n kriteria wat nie meriete is nie. As ‘n speler uitgesluit word, maar nie op grond van meriete nie, is dit diskriminasie. In SA Rugby is die kriteria ras. Dus is SA Rugby skuldig aan rasse diskriminasie. Gevolglik kan ek nie die Springbokke ondersteun nie.

piet ·

Jy kan ondersteun wie jy wil maar die Bokke word op meriete gekies daar is nie beter spelers nie (‘n ondersteuner se gunsteling is nie noodwendig die beste speler nie, inteendeel….). Daar is ook geen twyfel dat spelers van kleur ons rugby versterk het nie. Ek raak ook nou redelik GV dat elke keer as die Bokke verloor kom die ou kwota storietjie navore.

Vrijburger ·

Jaaa Piet – lees ‘n bietjie weer wat ek geskryf het.
“Die huidige Springbokspan mag of mag nie op meriete gekies wees, maar dit is irrelevant.”
Dit is ook vir my irrelevant of die Springbokke wen of verloor, of wat die ras samestelling van die span is.
Wat wel vir my relevant is, is dat daar wel rasse kwotas (dws rassisme) in SA rugby is en wel op alle vlakke.
So ek is ook “redelik GV” en wel vir die “ou kwota storietjie” wat steeds in SA sport is, 30 jaar later!

MakersMark ·

Patetiese bokke moes eintlik gewen het. TV skeidsregter sonder ruggraat en swak leierskap op die veld het hul die wedstryd gekos. Willie se drie was definetief ‘n drie, en Watson moes ‘n rooi kaart gekry het vir die duikslag op Faf. Moet bysê die bokke se kaptein raak weg na 50 min en hul mis Duane se fisikaliteit en leierskap. Game over. Bokke op hul beste kan 25 op die Leeus sit.

Politikus ·

Kitshoff, Marx en Malherbe was pateties en moet die blaam dra vir die Bokke se nederlaag.

MakersMark ·

Hele span was swak in 2 de helfte. Enigste spelers wat genuine probeer het was Am en Mapimpi. Ten spyte daarvan kon bokke steeds gewen het. Om met 5 te verloor met sulke patetiese spel, plus twee reuse foute deur TV ref, wys hul het geweldige potensiaal vir verbetering. Gewoonlik speel leierskap ‘n groot rol. En dit was afwesig. Hoop hul kry hul mojo volgende toets. Kwagga moet waai en kaptein moet of halftyd gaan bench of besluit hy gaan lei van voor af deur 2 de helfte.

piet ·

Die Bokke is baie voorspelbaar, druk slegs driee op twee maniere: Rolmaalbewegings (hiervoor moet jou voorspelers die oorhand he wat nie altyd die geval is nie); uit gebroke gespel met ander woorde wag dat die ander span foute maak en kapitaliseer dan. Ons kan nie driee druk uit vooraf uitgewerkte bewegings nie (lyk my ons afrigters stel ook nie belang daarin nie, makliker om net die bal te skop en te hoop van die beste). Maak vir droewige, eentonige spel.

MAGRIETHA ·

Bokke moet beste spelers kies kolisie was n 3de senter hang da buite rond , waar was di kookwater haker gwaba hy sou n verskil gemaak het,waars van staden seke die beste kantman op n losbal , Faf het seke n aanbod van sikker sa gekry want hy skop alles weg ons vleuls staan en koud kry hul kry nie balle of faf skop weg of bal eindig op binne senter ,hoop skrumskakels wrd verbied om balle te skop in toekoms,dan n vraag teken oor skeidsregter willie le roux se nie 3 was 50 – 50 ma hy moes die twyfel gekry het faf gooi bal nie by bek van skrum in nie maar agter die stut in by flank en plaas homself elke keer onder druk ma nou ja SA rugby da is werk

piet ·

Alle afrigters weet dat die Bokke op die dominansie van hul voorspelers staatmaak om wedstryde te wen. As jy die afrigter is van sterk spanne soos die Leeus en die All Blacks is dit net ‘n kwessie van die regte ouens kies om te sorg jy word nie voorlangs geboelie nie. Verder hoef jy glad nie bekommerd te wees nie want alhoewel die Bokke gevaarlike agterspelers het, word hulle nie op ‘n innoverende wyse aangewend nie en word die konserwatiewe roete altyd gevolg.

MakersMark ·

Piet die bokke het in hul laaste toets, voor die Leeus, England stukkend gehardloop. Onthou jy ? World Cup Final…..En gisteraand is die beste drie van die game, Willie s’n, na Mapimpi se briljante skoppie, verkeerdelik nie toegeken nie.

piet ·

MakersMark – Nee ons het nie. Albei daai driee het uit gebroke spel gekom alhoewel albei driee ook ‘n tikkie briljantheid gehad het. Ons voorspelers het die Engelse gedomineer. Hierdie wedstryd het my herinner aan die wedstryd teen Wallis in die halfeindstryd, dieselfde twak is opgedis net hierdie keer was ons aan die verloorkant omdat ons voorspelers vasgevat is. Ons sal ‘n haas uit die hoed moet ruk want ons voorspelers gaan nie hierdie ouens oorheers soos met ander spanne nie. Dalk is ek negatief maar ek dink die Leeus gaan verder wen in die res van die reeks. Ons ouens lyk nie op dieselfde fiksheidsvlakke nie en lyk nie of ons ‘n plan B het nie of gaan afwyk met waaraan ons gewoond is nie. Hoop ek is verkeerd.

MakersMark ·

Wys my een van top 7 toets spanne wat se agterlyn wild kreatief is en driee druk uit willekeur? Dalk Franse as hul die dag opdaag. “Pop up defence” en spoed van voorspelers maak dit moeilik. Bok agterlyn nog steeds dodelik in spasie met min kanse. Probleem was 2 de helfte voorspelers. Maar ons weet hul kan baie beter as dit.

Politikus ·

Diegene wat die ou afgesaagde kwotastelsel verskoning aanvoer vir Saterdag se bokflop moet in die spieël gaan kyk. Kolisi, Nche, Mbonambi en Nyakane was skitterend voor en het die wedstryd op die regte koers geplaas in die eerste helfte. Toe kom Kitsshoff, Marx en Malherbe op en smyt alles weg met hul gebrek aan fisikaliteit en fiksheid en hul patetiese spel.

MakersMark ·

Kolisi was swak ook as kaptein. Die begin voorry was baie goed, sit by Am en Mapimpi wat hard probeer het die hele wedstryd. Halftyd toe verdwyn die kaptein totaal en die nuwe voorry vas aan die slaap.

piet ·

Ek dink Kolisi was oukei in die eerste helfte. Kwagga is egter geheel en al ‘n waste of space.

MakersMark ·

Kaptein was ok eerste helfte, soos altyd. Tweede helfte fade hy totaal. Kwagga was baie swak hele game Rassie sal moet veranderings aanbring.

piet ·

Die Leeus lyk vir my nou ‘n baie goed gekondisioneerde span. Hulle het dit gewys in al hul wedstryde op toer, speel teen ‘n goeie pas en blyk sterker te word soos die wedstryd vorder. Dit gaan ‘n probleem wees vir die Bokke wat nie heeltemal op dieselfde fiksheidsvlakke blyk te wees nie. As ek Gatland is, sal ek die pap ‘n bietjie dikker aanmaak van die begin af en bietjie meer hardlooprugby speel. Ek sal nie verbaas wees as die punteverskil groter raak in die Leeus se guns soos die reeks aangaan nie.

david ·

Piet is doodreg oor die Bokke se aanvalsvermoe. Jare gelede het die destydse Transvaal ‘n senter gehad wat presies soos deAllende gespeel het–toe was dit Stampkar rugby genoem, Baie voorspelbaar.
Die Bokke se voorry was te gou omgeruil. Hulle het heel goed gevaar teen die Leeus.
Die tweede fout was om vir Franco Mostert om te ruil vir Lood de Jager. Lood was eintlik net ‘n toeskouer.
Kolisi was baie stil, totdat Mostert omgeruil was….toe moes hy Mostert se werk ook doen en het so die oog begin vang..
Wat bepaal die reels vandag oor ‘n “tiptackle”Vroeer was dit ‘n rooikaart, En die een op Willie le Roux ?
Vir my soos gevaarlike spel gelyk

Frans ·

Gatland het die sielkundige oorlog gewen en die heel week oor die TMO gekerm.Arme Marius Jonker was duidelik onder sy invloed.Hy trap kly met Roux se drie en së die video materiaal tot sy beskikking is nie duidelik of Roux voor die skopper was nie.
Tog beslis hy ten gunste van die besoekers.Hoekom die skeidsregter dit aanvaar weet ek nie tensy ‘inconclusive’ nou ‘n ander betekenis het,Hy moes mi die TMO se beslissing van die hand gewys het en beslis dat die drie onder die omstandighede bly staan.
Met die Springbokke diep in BIL se helfte is daar ‘n skrum.Die besoekers se pak gaan nie vorentoe nie.Die vaskop swaai die skrum en die skeidsregter straf die Bokke.
Die 1974 span wat ek die laaste toets in aksie gesien het. was in alle opsigte strate beter as die huidige span . My eerste toets was in 1960 op Ellispark teen die Kiwis.So vasberade was die Springbokvoorry dat hul met die eerste skrum die Kiwis soos spykers ombuig,

SjN ·

Laat hulle die volgende toets slegs die Bulle span laat speel, Dan wen ons weer. Faf skop Alles weg.

piet ·

Soos teen Treviso…….Teen Treviso was dit 50 punte dink net wat dit sal wees teen die Leeus.

JohanR ·

Asseblief tog kan Cobus Reinach Saterdag speel, en Faf de Klerk op die bank tot soe die 70ste minuut! As hy daai voet uitgooi agter die skrum dan gooi ek ietsie in my voorkamer! Wat het gebeur met die bomb squad? Dit was meer soos die damp squib squad! Ek weet Warren Gatland het half tyd hard met sy spelers gepraat. Was Rassie en Nienaber in die kroeg?

piet ·

Die spelers speel volgens instruksies van die afrigters (die “gameplan”). So as Reinach speel, sal hy beter moet up and unders skop as Faf. Ek dink nie hy kan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.