Fisieke Springbokspan vol WB-wenners

Springbokke-31-vs-Walles-30-Nelspruit-21-Jun14-GB-Jordaan-Morne-Steyn-13-904x1024.jpg

Morné Steyn. (Foto: GB Jordaan).

Dit is mos ʼn uiters fisieke Springbokgroep wat glad nie vir die Britse en Ierse Leeus behoort terug te staan nie.

Die nuwe Springbokafrigter, Jacques Nienaber (en sekerlik ook Rassie Erasmus), het Saterdagaand ʼn allemintige groep van 46 spelers aangewys vir die twee toetswedstryde teen Georgië op 2 en 9 Julie, die reeks van drie kragmetings teen die Britse en Ierse Leeus daarna en die kragmeting tussen die SA A-span en die Britse toerspan.

Die kern van die span sal die 30 spelers wees wat in 2019 die Wêreldbekertoernooi in Japan gewen het.

Net drie spelers, Beast Mtawarira, Francois Louw en Schalk Brits, is nie oorweeg nie, want al drie het uitgetree.

Daar is agt nuwelinge in die groep, Aphelele Fassi, Yaw Penxe, Rosko Specman, Wandisile Simelane, Joseph Dweba, Sanele Mohamba, Nicolaas Janse van Rensburg en Jasper Wiese.

Altesaam sewe spelers het meer as 50 toetse agter hul naam, met Morné Steyn en Francois Steyn wat reeds in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het.

Die slot Eben Etzebeth (85 toetse) gee voorlangs die pas aan.

Spelers wat hulself ’n bietjie ongelukkig kan ag, is Cornal Hendriks, hoewel daar steeds kontraktuele samesprekings is vanweë sy hartprobleme.

Dan is Marcell Coetzee ook oor die hoof gesien nadat hy Vrydagaand sy buiging vir die Bulls gemaak.

Die krag van die span gaan in sy fisieke aanslag lê, wat die deur vir spelers soos die twee Du Preez-broers, Dan en Jean-Luc, en Rynhardt Elstadt  oopgemaak het.

Die span wemel van spelers wat in die buiteland speel, terwyl spelers wat plaaslik uitgeblink het ook die regmerkie gekry het.

Daar is baie vaart en flair agterlangs en voorspelers wat nie bang is om die vuur te stook nie.

Die Springbokgroep van 46 is:

Heelagters: Willie le Roux, Damian Willemse, Aphelele Fassi

Vleuels: Makazole Mapimpi, Cheslin Kolbe, S’bu Nkosi, Rosko Specman, Yaw Penxe

Senters: Damian de Allende, Jessie Kriel, Lukhanyo Am, Frans Steyn, Wandisile Simelane

Losskakels: Handré Pollard, Morné Steyn, Elton Jantjies

Skrumnskakels: Faf de Klerk, Cobus Reinach, Herschelle Jantjies, Sanele Nohamba

Losvoorspelers: Duane Vermeulen, Pieter-Steph du Toit, Siya Kolisi, Kwagga Smith, Jasper Wiese, Jean-Luc du Preez, Dan du Preez, Marco van Staden, Rynhardt Elstadt

Slotte: RG Snyman, Eben Etzebeth, Lood de Jager, Franco Mostert, Nicolaas Janse van Rensburg, Marvin Orie

Hakers: Bongi Mbonambi, Malcolm Marx, Scarra Ntubeni, Joseph Dweba

Stutte: Steven Kitshoff, Frans Malherbe, Trevor Nyakane, Thomas du Toit, Ox Nche, Vincent Koch, Coenie Oosthuizen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

MakersMark ·

Goeie keuses – lekker harde voorspelerschou van Elstad en Wiese. Dalk moes Marcel Coetzee dit gemaak het veral na ‘n fantastiese vertoning Vrydag waar hy Pieter Steph oorskadu het. Maar dis sy eerste wedstryd op tuisbodem ook na ‘n besering so die logika om Eskom te kies na ‘n string sterk vertonings maak sin. Grootste vraag is of die huidige kaptein die beste speler in sy posisie is en of hy die beste leier in die span is met Pollard en Duane albei gekies.

Hendrik Marthinus ·

Stem saam Makers Mark
Sou beslis Marcell gekies het in die plek van Dan du Preez
Kom ons Hoop Vermeulen betyds herstel van Sy besering
Een swaeltjie maak nie n somer nie is n gesegde, maar Vermeulen het dit verkeerd bewys
Goeie span gekies, daar Sal altyd ongelukkige ouens wees
Kom ons ondersteun die manne, dus nou nie Meer provinsies nie maar die Bokke

N ·

Moet met jou saam stem. Daar is heelwat spelers op die oomblik wat die nr 6 trui meer verdien as die huidige kaptein, Marcel Coetzee een van hulle.

Hendrik Marthinus ·

O ja, Hoop net nie Mnr de Reyter sit ons krag af Wanner die Bokke en Leeus speel nie
Hoop die man doen genoeg van Sy kosbare Maintenance voor die tyd

Snowball ·

Jy blameer een wit man wat sy bes doen om Eskom om te draai – hy moet jare se ANC VROT EN KORRUPSIE in 2 jaar regkry. Dink net waar sou dit wees as dit nog ‘n kader was wat daar gesit het. Onregverdig!

Hendrik Marthinus ·

Snowball
Daar is n verskil tussen probeer doen en regkry
As ek en hopenlik jy ook ons werk probeer doen en nie doen nie word ons dadelik weggejaag
Kyk net wat het hy Vrydag gedoen, hy se n Paar dae tevore kragnetwerk is swak, gee ons loadshedding
Geen Ander keuse nie, waaragtig 2 Dae daarna is die kragnetwerk wonderbaarlik herstel om 5 ure krag te voorsien
Maar net daarna, Ag Jammer ons noodopwekking is laag, terug loadshedding
Noem jy dit iemand wat die naam CEO werd is
My vriend hy se tussen 17:00 en 22:00 moet ons amper niks krag gebruik nie
Is dit nie die tyd Wanner ek en jy na werk by huis Kom en ons gesinne moet voed nie?
In somer maande moes hy Sy sogenaamde maintenance gedoen het, hy weet mos in winter maande gaan krag verbruik Meer wees
Besef hy Dan nie die Dae is korter in winter maande nie maw langer donker as in somer maande nie
Lyk my nie so nie
Ek ondersteun n goeie CEO ongeag kleur mnr
Vir my gaan dit nie oor kleur nie maar oor diens aan ek en jy wat betaal daarvoor

N ·

Sou graag vir Marcel Coetzee en Jan Serfontein in die groep wou sien. Twyfel oor Scarra Ntubeni se insluiting

Hendrik Marthinus ·

Stem saam, Jan Serfontein was n yster voor hy Europa toe is
Hy moet terugkom SA toe, die nat velde oorsee doen hom nie goed nie
Naaste aan Danie Gerber wat ons ooit gehad het,

commontar ·

5 jaar terug se opinie behoort nie vandag te tel nie. Jacque Fourie was n yster voor hy Japan toe is. Hy moet speel, die velde in SA sal hom goed pas. Danie was ‘n buitesenter en Jan speel binnersenter – maar daar is seker nie ‘n verskil nie. Vaskop, loskop – altwee is tog stut.

Vrijburger ·

I am South African. I am boycotting all South African national teams until all racial quotas (especially at school level) are lifted. Equal opportunities are not the same as equal outcomes and quotas are outcome based, thus including or excluding players not on merit but on the color of their skin. Including or excluding players in a team based on race is racism! And the national teams, that may or may not be chosen on merit, represent this discrimination that happens on all levels of sport in South Africa. I can not support this injustice by supporting the Springboks.

Niklaas ·

Daardie leë stadions is moeilik om te aanvaar en bly deurgans vreemd vir ons. So jammer dat hierdie Covid virus ding nie sommer net kan weggaan nie. Ons moet glad nie hierdie Britse Leeu span onderskat nie, al het ons (op papier) een sterk en gedugte span. Dit beloof om ‘n taai stryd te wees , hierdie rugby toer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.