Fleck skommel kwaai vir Wolves; Marais verander net twee vir Kings

Die Stormers se afrigter Robbie Fleck het sy sterkste moontlike span gekies om die Sunwolves Saterdag op Nuweland te pak en die Bulls se Nollis Marais het net twee veranderinge vir die Loftusstryd teen die Kings aangebring.

Fleck sê hy volg nou die Nieu-Seelandse resep om sy sterkste span op te stuur voordat sy spelers in ʼn uitspeelwedstryd betrokke is. Die Stormers speel op aanstaande naweek op Loftus teen die Bulls en die week daarna op Nuweland in die een kwarteind. Hulle teenstander vir die kwarteind is nog nie finaal bepaal nie.

Fleck se veranderinge aan die span wat verlede week net-net teen die Cheetahs gewen het, is die skuif van Dillyn Leyds na heelagter in die plek van SP Marais wat verlede week beseer is; EW Viljoen en Damian de Allende wat die beseerde Shaun Treeby en Juan de Jongh (harsingskudding) vervang; Seabelo Senatla wat in Leyds se plek op vleuel speel; die opwindende jongeling Juarno Augustus wat die beseerde Kobus van Dyk op steelkantflank vervang en Siya Kolisi wat na sy ruskans terugkeer kom in die plek van die geskorste Rynhardt Elstadt; en Eben Etzebeth wat na sy ruskans in Chris van Zyl se plek speel.

Op die bank kom Dan Kriel en Bjorn Basson in die plekke van Viljoen en Senatla wat albei na die beginspan opskuif; Ramone Samuels skuif af bank toe met Mbonambi se terugkeer na die beginspan en Chris van Zyl skuif af in die plek van Sikhumbuzo Notshe, wat beseer is.

♦  Marais het net twee veranderinge en ʼn ‘tegniese’ skuif aangebring aan die Bulls se span wat die Sharks verlede week in Durban geklop het.

Tian Schoeman begin in  die plek van Tony Jantjies wat sy ribbes in dié wedstryd beseer het, en  Travis Ismaiel, wat na sy besering weer slaggereed is, vervang Kefentse Mahlo. Duncan Matthews skuif van die regterkant na die linkervleuel.

Die spanne

Bulls
Warrick Gelant, Travis Ismaiel, Jesse Kriel, Jan Serfontein, Duncan Matthews, Tian Schoeman, Rudy Paige, Nic de Jager, Jannes Kirsten, Ruan Steenkamp, RG Snyman, Jason Jenkins, Conraad van Vuuren, Adriaan Strauss (kapt.), Lizo Gqoboka. Bank: Jaco Visagie, Pierre Schoeman, John-Roy Jenkinson, Ruben van Heerden, Shaun Adendorff, André Warner, Tinus de Beer, Burger Odendaal.

Stormers
Dillyn Leyds, Cheslin Kolbe, EW Viljoen, Damian de Allende, Seabelo Senatla, Damian Willemse, Jano Vermaak, Nizaam Carr, Juarno Augustus, Siya Kolisi (kapt.), Pieter-Steph du Toit, Eben Etzebeth, Frans Malherbe, Bongi Mbonambi, JC Janse van Rensburg. Bank: Ramone Samuels, Steven Kitshoff, Wilco Louw, Chris van Zyl, JD Schickerling, Justin Phillips, Dan Kriel, Bjorn Basson.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.