Fleckie se kans om ʼn punt te maak

Robbie-Fleck

Robbie Fleck

Die Amerikaners se Sofia Coppola het in 2003 ʼn groot lokettreffer gemaak, ‘Lost in Translation’ of wanneer dit vrylik vertaal word, ‘Verlore in Vertaling’.

Dit gebeur gereeld in die sportwêreld, veral wanneer ʼn Franse, Spaanse of Italiaanse span speel.

Die betrokke afrigter of kaptein probeer sy bes  om sy gevoelens oor te dra, maar iewers gaan iets verlore wanneer hy in Engels dink en gesels. Dink maar aan Thierry Dusautoir (gewese Franse rugbykaptein), Sergio Parisse (Italië se kaptein) of die sokkerafrigters José Mourinho en Pep Guardiola

Dit was die gevoel wat ek gekry het toe ek die kommentaar van die Stormers-afrigter Robbie Fleck onder die oë gehad gehoor het oor hoe die Stormers vanjaar sal speel.

Volgens Fleck sal die Stormers, net soos in die verlede, ʼn vreeslose benadering volg en van veilig speel is daar nie sprake.

Vreesloos?

Ek hoop Fleck bewys my heeltemal verkeerd, want vir ʼn span wat in 2015 net 32 drieë kon druk (die derde minste in die reeks) en verlede jaar met 49 opgevolg het, vergeleke met ondermeer die Lions se 71,  Chiefs (68), Crusaders (65) en Hurricanes (61), maak dit mos nie sin nie.

Die Stormers het wel tot die halfeindronde deurgedring, hoewel hul paadjie sonder dorings was omdat hulle oorsee net teen die Sunwolves (17-elk) en later teen die Rebels (57-31) en Force (22-3) gespeel het en toe in die halfeindronde op Nuweland met 60-21 deur die Chiefs ontspoor is.

Vanjaar is hul paadjie opdraande, omdat  hulle op toer teen die Crusaders, Highlanders en Hurricanes sal speel.

Dalk bring dit die beste uit die span na vore, want van die Aussie-spanne is geneig om jou na hulle vlak toe af te trek.

Nou kán Fleck vreesloos speel, nou kan hy veiligheid in die boonste laai van die kas be^re, maar dan moet hy woord by daad voeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louis ·

Kyk nie meer super rugby nie , al ons beste spelers is oorsee en ek betaal nie honderde rande om n B span te sien speel nie,

Smirre ·

Vreesloos? Kyk hoe bewe die ander spanne Flekkie ☺☺☺☺

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.