Flikker Superrugby-gevaarligte reeds vir Pro14?

Die Cheetahs en die Southern Kings het nog nie eens hul eerste wedstryde in die nuwe tussenvastelandse Pro14-reeks gespeel nie, of daar is aanduidings dat die gevaarligte vir die reeks begin flikker.

Luidens berigte uit Europa beteken die bykomende TV-inkomste, spruitende uit die insluiting van die twee Suid-Afrikaanse spanne, ʼn ekstra meevaller van £500 000 (sowat R8,5 miljoen) vir elk van die spanne in die reeks; en lek die Pro14-base hul lippe af om dit verder uit te brei, dalk na Duitsland en Spanje.

Dit val saam met ʼn waarskuwing dat die beheerliggaam nie in dieselfde strik as Sanzaar moet trap nie, wie se geld- en magsug tot die onpraktiese Superugbyreeks met 18 spanne gelei het.

Die veels te ingewikkelde reeksstruktuur en verwaterde mededinging het die belangstelling in die reeks dermate laat kwyn dat die Sanzaar-base dit ingrypend moes inkort.

Dis juis die voortspruitende regstellende optrede wat die Cheetahs en die Kings genoop het om ʼn nuwe tuiste te vind, en Australiese rugby in ʼn ongekende en onverkwiklike krisis rakende die vermindering van sy franchise’e gedompel het.

Die nuwe Pro14-struktuur moes uit die staanspoor nie net vir twee afdelings voorsien nie, maar bykomend die nasionale derbywedstryde (die enigste werklike geldmakers in die reeks) insluit.

Wat ʼn moontlike uitbreiding na Duitsland en Spanje betref, is dit interessant om in gedagte te hou dat die belowende Duitse nasionale span twee SA afrigters het, en sy opdrafspan in die jongste tyd soms tot meer as die helfte uit spelers met SA wortels bestaan het; en dat SA spelers vanjaar tussen die voorste puntemakers in die Spaanse Liga van Eer getel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ratel ·

Ek is opgewonde oor ddie nuwe kompetisie, maar ek voel ons moet n jaar gegee geword het om deeglik voor te brei.

Nico ·

Is daar nie n job vir my nie hier word van groot geld gepraat super 15 lyk na n vulletjie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.