Flip van der Merwe uitgewys vir ontoelaatbare spel

Flip vsn der MerweDie groot Springbokslot Flip van der Merwe is uitgewys vir ontoelaatbare spel in Saterdag se sege oor die Wallabies in Kaapstad.

Van der Merwe is deur die uitwysbeampte beoordeel dat hy reël 10.4 (a) oortree het. Die reël verbied die tref van ‘n speler met die arms of die hande.

Die skeidsregter het onmiddellik ‘n geelkaart uitgereik, maar die uitwysbeampte wil dit een stap verder neem en het Flip uitgewys. Volgens hom moes dit ‘n rooikaart gewees het.

Die verhoor sal gedoen word deur Nicholas Davidson van SANZAR en vind Maandag plaas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Conrad ·

Ek dink HM moet hom finaal stuur. Ek persoonlik dink dat Flip nie veel beteken in die bokspan nie. Kruger is vir my by verre n beter speler. HM moet ophou om te gaan vir gewig. Gewig beteken niks teen eerder te gaan vir goeie talent nie.

Simon Riekert ·

Conrad, is dit nie maar die ding met no.4-slotte nie? Vat vir Bakkies, Mark Andrews?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.