FNB steeds bankvas agter Bokke

Foto: Twitter.

SA Rugby (Saru) en First National Bank (FNB) het bevestig dat hul vennootskap nog sterk staan. Die bankreus het sy Springbok-borgskap met vyf jaar verleng.

Volgens ’n verklaring wat vandag uitgereik is, het die gesprek om die borgskap te hernieu reeds verlede jaar vóór die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan begin.

“Ons is verheug dat FNB sy verbintenis met die Springbokke voortsit,” het die uitvoerende hoof van Saru, Jurie Roux, gesê.

Volgens Roux is die bank reeds sedert 2017 deel van die Springbok-opset en in hierdie tydperk is die Bokke op talle gebiede ondersteun.

“Hulle het in ’n uitdagende tydperk hul vertroue in die Springbokke gewys. Ek glo egter dat ons goed vir mekaar was omdat die span sukses in 2019 gesmaak het.”

Op hul beurt het FNB se Faye Mfikwe gesê dat dit ’n maklike besluit was om deel van die Bok-opset te bly.

“Ons is geweldig trots op die span se prestasies en hul toewyding om die land te verenig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Die Wolf ·

Eerder dit, as om klandisie te verloor na die nuwe bank wat so vreeslik adverteer.

Vriendelike Frikkie ·

Maak die banke regtig wins uit borgskappe? Kan hulle nie maar daardie geld gebruik om hul stelsels te verbeter en dalk so ‘n bietjie meer rente te betaal nie? Is dit nodig vir ‘n bank soos FNB, ABSA of Capitec om te adverteer? Het hulle nog nodig om Coca Cola te adverteer? Almal ken die die banke en produkte. Ploeg eerder daardie miljoene rande terug in beter dienslewering en beter produkte.

Carolina ·

Wie kyk nog na SA sport?!? Gelukkig het ek hierdie boek jare terug toegemaak en baie bly my FNB rekening ook al lankal gesluit ????

Andre ·

Nee wat FNB ons stel geensins meer belang in enige sport nie.Zip Zero Nul.SA sport is klaar verwoes en nie eers die moeite werk om iets oor te sê nie.Gelukkig bank ek nie by FNB nie.

JBN ·

FNB julle mors net geld deur hierdie Anc bontebokspan te borg. Ons ondersteun lankal nie meer n sportspan wat op grond van die Anc se rassistiese kwotabeleid gekies word nie. Ek het jare gelede my FNB rekening gesluit. Dit was een van die goeie besluite wat ek geneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.