Israel Folau se rugbyloopbaan in Australië is iets van die verlede. Dít nadat ’n tugtribunaal bestaande uit John West, Kate Eastman en John Boultbee hom daaraan skuldig bevind het dat hy die Australiese spelers se gedragskode oortree het.
Die ster-agterspeler van die Wallabies en die Waratahs het in April die volgende op sy Instagram-rekening geplaas: “Dronkaards, homoseksuele persone, egbrekers, leuenaars, hoereerders, diewe, ateïste en afgodedienaars – Hel wag vir julle.”
Hy het bygevoeg dat hulle hulself moet bekeer en dat net “Jesus kan red”.
Folau se kommentaar is deur Rugby Australië (RA) veroordeel en in ’n verklaring het hulle gesê hulle is van plan om sy kontrak te beëindig.
Die rugbybeheerliggaam het voet by stuk gehou en die 30-jarige Folua se kontrak van vier jaar (en sowat $4 miljoen) is summier beëindig.
RA se hoof‑ uitvoerende beampte, Raelene Castle, het gesê dat die paneel se bevinding ’n beduidende invloed nie net op sport in Australië sal hê nie, maar ook in die internasionale arena.
“Rugby Australië het nie gekies om hulself in dié situasie te bevind nie, maar ons bly by ons besluit dat Israel, deur sy optrede, ons met geen ander keuse gelaat het as om stappe te doen wat in gister se beslissing gekulmineer het nie.
“Spelers moet veilig en welkom voel wanneer hulle rugby speel, maak nie saak wat hul ras, agtergrond of seksuele voorkeur is nie,” het Castle gesê.
Sy het bygevoeg dat Folau 72 uur het om teen die beslissing te appelleer. Sy wou egter nie uitbrei oor die gerug dat die speler die saak na die Hooggeregshof wil neem nie.
Die tribunaal het onder andere na voorleggings deur Folau, Michael Cheika en Castle self geluister. Hul beslissing het in werklikheid die Waratahs-spelskepper se loopbaan in Australië beëindig, nadat die land se League-spanne ook aangedui het dat hulle nie vir Folau sal verwelkom nie.
Hy kan egter se rugbyheil oorsee gaan soek.
Ander Polinesiese spelers soos Taniela Topou (Wallaby-stut) het hul steun in die openbaar aan Folau gegee en gesê dat RA dan net sowel “hulle almal kan skors” omdat hulle ook oor sterk Christelike waardes beskik.
Castle het bygevoeg dat daar talle spelers is wat die Bybel in sosiale media aanhaal en dat RA dit heeltemal ondersteun.
“Solank as wat spelers hul geloofsoortuigings op ’n respekvolle wyse oordra, sal ons hulle ondersteun.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
RA het reg opgetree. Israel kan sy eie opinie hê, maar hy moet dit vir homself hou. Wat hy sê mag waar wees, maar dis nie nodig om dit aan die groot klok te hang nie.
God het iets beter vir jou instoor Folau dis maar tydelike dinge wat moet gebeur jy het klaar die saatjie geplant omtrent jou uitspraak wees jy net sterk ja en hulle wat nou teen jou is sal jou in die toekoms glo as hulle die werklikheid gaan aanskou..WANT AS GOD DAN VIR MY IS, WIE KAN DAN TEEN MY WEES!!!!..Jy het die ewige lewe gekies. In hierdie wereld sal julle verdrukking he, maar hou goeie moed ek sal weer kom.
Baie dankie dat jy opstaan vir jou Geloof.. en Jesus sal jou verhoog.. die Bybel sê as jy jouself verneder .. sal God jou verhoog.. jy gaan ‘n groot sukses van jou lewe maak.. Mag God jou seen in als wat jy doen.. eendag kom Jesus op die wolke om ons te kom haal.. ek kan nie wag nie.. kom ons is ‘n reine maagd wat wag vir Jesus om te kom.. bly staande.. moenie soos die wêreld wees nie..
Toemaar RA sal eendag oor hierdie besluit moet rekenskap gee
Folau is ongelukkig 100% reg
Hy sal ook.weer elders rugby speel
Trots op hom
Kom ons wees nou eerlik, hy moes net “homoseksuele persone” uit sy stelling gelos het, dan sou niks gebeur het nie.
Twyfel of Rugby Australie belang stel om die “ander” te beskerm.