Folau staan by sy uitlatings

Israel Folau. Foto: AP Photo/Rick Rycroft

Die Australiese rugbybreier, Michael Cheika, het Maandag gesê dat hy nie Israel Folau vir die Wallabies kan kies nie ná die ster-heelagter se “minagtende” uitlatings op sosiale media.

Dit is die eerste keer dat Cheika met die media gesels sedert Folau – ’n uitgesproke Christen – op Instagram gesê het dat gay mense hel toe gaan tensy hulle hulself bekeer.

By dieselfde perskonferensie het die Waratahs- en Wallabies-kaptein, Michael Hooper, gesê dat hy huiwerig sal wees om weer saam met die agterspeler te speel, ná sy jongste kommentaar.

Dít kom ’n dag nadat Folau aan ’n koerant gesê het dat dit die Here se wil sal wees as hy nooit weer [rugby] sou speel nie.

In ’n onderhoud met die Sydney Morning Herald het Folau gesê dat hy in die eerste plek vir die Here leef.

“Maak nie saak wat Hy wil hê ek moet doen nie, ek glo dat sy planne vir my lewe beter is as wat ek ooit vir myself kan dink.

“As dit sy wil is dat ek nie meer speel nie, dan berus ek myself daarby. Natuurlik is ek mal oor rugby en ek sal dit beslis mis. Maar my geloof in Jesus Christus is wat eerste kom.”

Die 30-jarige Folau het gesê dat hy geensins van plan is om sy kommentaar terug te trek of daarvoor om verskoning te vra nie.

“Ek sal staan by wat die Bybel sê en ek deel dit met liefde. Ek verstaan hoe ander dit kan interpreteer, sowel as hulle reaksies, maar dit is glad nie hoe ek dit wil deel nie.”

Rugby Australië het intussen ’n amptelike aanmaning aan Folau gestuur dat hy die unie se gedragskode oortree het en dat hulle die proses aan die gang gekry het wat waarskynlik die begin van die einde van Folau se kontrakte voorspel.

Dit is nie die eerste keer dat Folau in die sop is oor sy kommentaar op sosiale media nie. In 2017 is hy deur Rugby Australië gewaarsku nadat hy hom tot dié mediaplatforms gewend het om sy misnoeë jeens gay huwelike uit te spreek.

“Ons het daaroor gepraat en Israel het ʼn bietjie té ver gegaan. Wanneer jy vir die Wallabies speel, verteenwoordig jy almal in Australië,” het Cheika gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

109 Kommentare

Genieve ·

Verkondig die Evangelie Folau rugby is n bysaak jy staan op God se woord die mense wil mos nie die waarheid hoor nie. Judas het gevra Here sal dit ek wees wat u sal verraai en die Here het gese..jy self se so. praat jy net die waarheid ek salute jou.

Anoniem ·

Ons nooi Jou Suid-Afrika toe en ons het vir Jou slaapplek ?????

Gaitsigubib ·

In n wereld waar almal gelyke regte het kan mens nie jou eie waardes op ander wil afdwing nie, dis egter ‘n jammerlike dag vir vryheid van spraak as jy ook nie mag se hoe jy oor hierdie sake voel nie. Om te praat oor jou geloof word nou gekrimenaliseer. Die “Christen” van vandag lees/leer nie wat in God se Woord geskrywe is nie maar wil graag daaroor debat voer. Aan watter god het jy dan jou hart gegee?

Chris ·

hy verkondig nie sy eie waardes nie, hy verkondig die Bybel sin

SJ Schoeman ·

Israel omdat jy nie skaam is vir die Here nie sal Hy jou in Sy hand hou.Jy het n besonderse talent gekry en is loshande een van die beste rugbyspelers tans in die wêreld.As Australië dit kan bekostig om sonder jou na die Wêreldbeker in Japan later vanjaar te gaan moet hulle n besonderse span wees.Gelukkig sal hoeveel deure vir jou in ander plekke in die wêreld oopgaan.Staan by jou beginsels…..!!!!!.

Sam ·

Ek is gay, en vat GEEN aanstoot van Israel Folau nie. Elke persoon het die reg om te glo. Om hom stil te maak is om teen hom te diskrimineer so hulle doen dan dieselfde as wat hulle sê hy doen aan ons.. Op die ou einde van die dag as jy sy verkondiging gaan lees en jou huiswerk doen, verkondig hy die woord van God. So die Bybel is dan die probleem volgens almal wat hom aanvat, hoe kan jy vir iemand se om NIE die woord van God te verkondig nie? Ek is trots op jou Israel, God het jou in sy hande.

Al maak my keuses mense teen my diskrimineer is ek trots op wie ek is, want steeds is ek ook ‘n kind van God en tog eendag sal ons almal self moet antwoord oor ons sondes, niemand is sondeloos.

Sterkte!

Rika ·

Wow, dit is so awesome dat hierdie jongman God se Wil bo sy eie stel. Dat hy God se naam verheerlik en hooghou maak nie saak wat gebeur nie. hy is selfs bereid om sy rugby loopbaan op te gee. Dankie Here dat daar nog so baie mense is wat nie skaam is om te sê dat hulle U lief hiet nie.

Rina ·

EK voel hy is 100% reg ons het meer van sy soort nodig hoekom teen di bybel gaan sies wat se op voiding kry di mense deesdae en dis nie reg om hom uit di span te haal ni mooi so Folao

Ramkat ·

Baie respek vir hom. Hy lees ten minste die woord reg dat dit ‘n gruwelike sonde is. Die woord sê jy moet jou bekker van die verkeerde weë en nie weer sondig nie. Dit geld vir predikante en elke christen.

waarheid ·

Trots op hom!
Ja die Christene sal vervolg word – maar staan sterk!!

Christiaan B ·

As jy God dien, is die Bybel jou “lewens manual”. Elke ding in die lewe het ‘n manual. As jy dit verontagsaam leef jy volgens jou eie riglyne. Israel sê net wat die Bybel sê. Hy skaam hom nie vir God se Woord nie. Die Bybel is duidelik in veral Rom 1 oor die skandelik hede wat mense bedryf verwysend na seksualiteit deur dieselfde geslag. Die mens het die natuur gaan verander om hulle eie wellus te bevredig. Ongelukkig het die skepsel groter as die Skepper geword.

barend v d westhuizen ·

ek stem saam met hom hy haal net die bybel aan waar om word daar altyd in groot ding van gemaak as dit gay s raak

Gertryda ·

Vryheid van spraak moet nooit ondermyn word nie.
Dis n groot verlies vir Walliebies maar n wen vir God

Tricia ·

Folau, jy is in my gebede.. Staan vas in jou geloof, niemand kan jou uit God se hand ruk nie…

Blaarman ·

Ek stem nie saam met sy stelling nie, maar het groot respek vir sy integriteit. Dit vat ruggraat om so op te staan vir jou beginsels.

Robert ·

Dit vat ‘n man om uit te styg bokant die sekulêre wêreld. 100% agter hom! Die hele wêreld moes stilstaan oor die aanval op die moskee in NS, maar die vervolging van christene elke liewe dag haal nie die koerante nie.

Carol van Niekerk ·

Jongman ek beny jou , jy is so reg dat die Here se Woord reg is en jy net die Woord verkondig . Die Here sal jou seen.

Hendrik UAE ·

Ek wonder as hy ‘ n Moslem was en uitsprake gemaak het wat ander groepe te na kom, sou dieselfde gebeur het?Staan sterk mater.Hy het mos nie hier gay mense uitgesonder nie?

JoeSef ·

@Hendrik, presies, as hy moslem was en goed kwyt geraak het, was hy n held en ” voorbeeld” vir ander.

Johan ·

Ek spreek God se seen uit oor Isreal Falau se toekoms en vra dat God die man sal verheerlik hier op aarde en in die ewigheid wat na die lewe sal volg – Amen

TN ·

Maw , jy het maar net met jouself gepraat om jou eie selfbeeld bietjie te poleer !

Harry ·

Wens ons kon hom ‘n springbok maak – dan sal ek dalk weer rugby kyk. Mense soos hy maak die werels ‘n mooi plek. Dink sy ouers is buitengewoon trots op hom. ( en sy Skepper )
Staan op vir ons God en behou jou vryheid van spraak. Ons Christene het ook regte soos almal anders wat ons haat.

Osie ·

Jakobus 4:12 sê daar is net een Regter. Hy verduidelik dat daar net Een is wat kan red én vernietig – daarom moet ons nie ons naaste oordeel nie.

Engela de Klerk ·

Ek stem saam met Osie. God vra van ons om naasteliefde te betoon. Dis nie ons taak om mense Hel toe te verdoem nie. My leefwyse alleen moet genoeg vir mense wees om te weet ek is kind van God. Los die Regter om Sy werk te doen.

James ·

As ons die Griekse weergawe van die Skrif bestudeer, sien ons ’n wonderlike prentjie wat in God se lewende Woord na vore kom. Wanneer die Woord van Abba Vader ons waarsku om nie te oordeel nie (Matteus 7:1), is krino die Griekse woord wat gebruik word. Hierdie woord beteken “veroordeling”, “straf” of “om te vonnis”. Dit is ’n woord wat beteken “die gesag om die straf vir iemand te bepaal en hulle te vonnis”. Die Woord van Abba Vader beveel ons om dit nie met ander te doen nie.

Pieter ·

Sê jy dan dat Israel gefouteer het deur uit te wys wat verkeerd is? Of verstaan ek jou dalk verkeerd?

Trompie ·

Maar dit wat Folau gese het staan baie eksplisiet in die Bybel! Hy het net gese wat in die Bybel staan. En nee, hy het nie geoordeel nie. Hy het gewaarsku.

En nou? ·

No worries! As jy vir God volg, kan niks jou skade aandoen nie!!!

TLC ·

Amen Amen Amen
Ek buig vir jou
Watter trots is hy nie vir sy famielies nie want ek is
Mag God jou ryklik seën boeta
Wie het nou rugby nodig as God aan jou kant is
Amen Amen Amen

Bennie ·

Ek stem Osie. Ek is nie teen wát hy gesê het nie, maar hoe hy dit gesê het. Ons het God see waarheid in ons harte, maar ons kan nie mense oordeel nie. Waar is die liefde in sy stelling?

John ·

Waar is die liefde vir jou medemens indien jy stil bly en anderkant kyk.
Elke 3de woord wat Jesus gepraat het in sy bediening was oor die hel, dink nie daar is iemand wat twyfel oor Jesus Christus se liefde vir die mens nie!

Ben ·

Stem saam met Folau. Alle respek. Twee mans kan nie voorplant nie en twee vrouens ook nie. Sou ons dit toelaat is die einde van die Mensdom in sig. Dit is “Common Sense” wat die meeste mense nie meer het nie.

Marisa ·

Kyk, dat elk geregtig is op sy opinie is seker so, maar die feit dat hy n groep mense uit beginsel verdoem op sosiale media is onsmaaklik. Staan by jou oortuiging ja, maar hou dit asb van sulke platforms af. Politieke en geloofsake moet liefs uit sport gehou word.

Net so is baie van die kommentare hierbo nogal “deursigtig” en verklap veel meer as wat besef word. Ai tog….

John ·

Verkondig die Woord tydig & ontydig – dit is n opdrag
Dit is nie in belang vd verlore sondaar om polities korrek teenoor hom op te tree nie, inteendeel dit spreek van liefdeloosheid.
Die feit dat Israel sy aansienlike inkomste gaan verloor spreek eerder van iemand wat in liefde op tree ten spyte van die finansiele koste vir homself.

Karin ·

Hy skaam hom nie voor mense nie, voorwaar n trots! Hy sal elders “plek” kry! Ten minste Is hy opreg!?

Leon Hildebrand ·

Izzy het net gesê wat die woord van God sê wat die abselute waarheid is! Staan sterk my broer en dankie dis ons plig as kinders van God om die waarheid uit te lig! ( a city on a hill) Ek vra graag dat ons spelers wat hulle sielle aan onse God en Heerser gegee het sal op staan vir Jesus se woord!

Anoniem ·

@ Ramkat…..99% van alle Christene lees en interpreteer baie goed in die bybel verkeerd en sodra jy met hulle bietjie redeneer oortree hulle dadelik die wet van “kindness”. Die vernaamste oortreding is natuurlik…”thou shalt not kill”….werk dit maar vir julle self uit.

Folau is maar bietjie onervare….

wet ·

Ek verstaan ook nie wat jy eintlik probeer se nie. Maar die stelling dat hy onervare is terwyl hy meer rugraat het as die meeste van ons mans verstaan ek nog minder. Ongeag of dit oor geloofs oortuiging is of nie. Maar ek gaan eerlik wees, blyk of jy ´n goeie kommentator sal wees maar nooit die game wil speel nie?

Joe ·

Wat ‘n voorbeeld is jy vir ‘n ware Christen. Eer Hom en Sy Woord te alle tye.

Vlakvark ·

Maar was die ou dan Moslem moes die wereld sy uitsprake respekteer as gevolg van sy geloof… Stem?

wet ·

Almal weet dat nie moslems as infidels beskou word maar niemand neem aanstoot nie. Maar as iemand uit die bybel kwoteer wat reg en verkeerd is dan neem almal aanstoot?
Dit was ook Falao se persoonlike opinie, hy het dit op niemand afgeforseer nie, afgesien hoe die moslem geloof in almal se kele afgeforseer word.

Willem ·

Vlakvark/Wet:
Julle is korrek. Moslems kan se en doen net wat hulle wil en “almal” stem saam.

JWC ·

Vlakvark… ons hoef nie eens daaroor te wonder nie…. dit sou ‘n wêreldwye kakefonia van formaat afgegee het… Wys jou net waar ons staan in terme van die Bybeltydlyn… tiek-tok…

Wildeboer ·

In Moslem lande word die doodstraf maklik opgelê aan mense wat Islamitiese wette oorskry, insluitend homoseksuele gedrag. Elke Vrydag haal die geestelikes gedeeltes uit die Koran aan wat ooreenstem met dit wat Folau sê.

Johanna Botha ·

Ag die ou storie WEER …lewe net voluit en wees wie God jou gemaak het …jy is na sy ewebeeld geskape en hy maak nie foute nie !

Toetsie ·

Prys die Here vir mense soos Folau wat uitstaan vir die Here se naam en nie bang is om God se waarheid aan te haal uit Sy Woord nie!!! Die NG Kerk kan gerus by hom leer!!!!! Dit is nie ons wat oordeel nie, maar God self. Hou op om sulke moedswillige sondes onder die mat in te vee met “jy mag nie oordeel nie”…

M.franken ·

Hy is reg staan 100% agter hom , Australia sonder hom verloor julle die world cup

George ·

Ja, mense soos hy het ‘n absolute skoon lewe en doen NOOIT enige sonde nie! Wat ‘n gelukkige man !!! Soos ek die Bybel verstaan bly ‘n sonde ‘n sonde ,wat dit ookal is.

John ·

Jou sonde is jou vergewe, gaan dan heen en doen dit NIE weer nie.
As julle my lief het SAL julle my wet onderhou.
God haat sonde en gaan dit straf.

Willem ·

Wow! Ek het groot respek vir Israel! Dit is nou ‘n ware rolmodel. Mag God hom ryklik seën.

Rugby Australië spite hulle self. Israel is by verre die beste nr 15 in wêreld rugby.

Willem ·

Hy verdoem nie “…..mense uit beginsel….” nie; hy sê maar net wat hy in die Byubel raaklees. Of dink jy ons moet die Tien Gebooie en voorskrifte uit die Bybel alles ignoreer omdat dit nie inpas by die post-moderne wereld se sekulêre beheptheid nie ?

Willie ·

Ouens, ons behoort Israel se e-pos adres in die hande te kry en hom te bemoedig, hy gaan dit baie nodig hê om deur mede kinders van die Vader ondersteun te word.

Oom Willem ·

Dit is vir interessant en opvallend hoeveel steun Folau onder Afrikaners kry terwyl die hele liberale Engelstalige wêreld hom wil stenig. Waarskynlik n simptoom van die liberale aanslag op die westerse Christelike beskawing wat nou moet plek maak vir sekularisme en “human rights”. Folau se sterk geloofsoortuigings is duidelik n bedreiging vir menseregte agitators. Nou wonder ek of die liberales wil hê dat pedofiele en verkragters ook sodanige menseregte moet geniet.

John ·

Die wetgewing is oppad – “dit sal wees soos in die dae van Noag” het die Here gewaarsku oor wanneer hy weer aarde toe kom.

Gaitsigubib ·

Raak observasie Oom Willem! Hulle besef nie eens hoe satan in hul harte aan die werk is wanneer hulle skrywes begin met, “ag shame” wanneer gepraat word van krimenele wat die mees gruwelike dade gepleeg het. Dis die rede waarom satan se kinders wereld wyd nie meer behoorlik gestraf word nie. Gaan kyk gerus hoeveel maal le die empatie by die sielsiek misdadiger i.p.v by die slagoffer.

Frans C ·

Die Bybel veroordeel nie homoseksuele mense nie,maar wel die dade wat hul pleeg en roep hul op to bekering omdat dit onnatuurlike en afwykende gedrag is.

Helene ·

Ek ondersteun Folau 100%. Ten minste staan hy op in waarin hy glo. Respek!

Johanna Botha ·

Gaan mense nou gestenig word wat egbreek pleeg ….dit is ook volgens die bybel ….so mense wat klippe gooi na ander is nou helde en moet bemoedig en onderskraag word ! ? ?

Willem ·

Johanna Botha: In moslem lande word mense daaglike gestenig. Is dit okay met jou?

Ja-nee ·

@Johanna Botha. Ek stem 100% saam met jou Johanna. Die sogenaamde “Christene” wat nou hier op en af spring huigel. As statistiek geglo word dat in SA meer as 48% van alle huwelike eindig in egskeiding meen dit dat ten minste 38 van die mense wat hier kommentaar gelewer het (gevat op 80 kommentare) geskei is. Laat ons nie vergeet dat hulle ‘n belofte voor God gebreek het nie, en dit is een van die tien gebooie vervat in die Bybel. Ek veroordeel hulle nie, wat ek wel se is dat moenie huigel en een “sonde” bo ‘n ander wil stel nie. Ongelukkug moet mens die hele Bybel glo, jy kan nie selektief wees en net seker stukke wat jou pas uithaal en aanvaar en nie die res nie. Maw, die bybel se ook jou kinders wat nie hul ouers respekteer nie moet gestenig word, ens. @Willem, jou “stelling” is so lagwekkend dit verdien geen kommentaar nie.

Anoniem ·

Folau I am proud of you. You have showed that the Lord is more worthy than rugby and the union can close doors for you but be assured The Lord will open bigger and better doors for you. If all Christians can stand up take your stand the world will be a better place. God created Adam and Eve not Adam and Steve. The man for the woman and the woman for the man. Praise to the Almighty Father, Son and Holy Spirit

Jean ·

Min mense het die moed om vandag te se wat hulle regtig wil,nie eens te praat om te se waarin hul glo nie! ons is altyd bang oor “wat gaan ander dink” ek salute jou Israel Folau!Jy maak nie n moordkuil van jou hart nie.

JC ·

Hierdie artikel (veral die kommentaar) laat my nou twee keer dink oor mense wat hulself as “ware Christene” sien… ?

Se net... ·

@JC Het presies dieselfde gedink half pad af met die komentaar

Jannie ·

Israel Folau – SALUUT!!!!!!! Dank GOD vir GODvresende kinders van Die Allerhoogste wat nog die moed het om te bewys dat ons nie sal swig voor gruwels in SY oë nie!! Jy SAL jou loon in SY Koninkryk ontvang!! Weereens – SALUUT!!!!!!!

Kobie Jacobs ·

Israel Folau; hoe wonderlik om te weet daar is openlike, oënskynlik wedergebore Christene soos hy in die sportwêreld wat nie bang is om te praat volgens die uitspraak van die Woord nie, al ontstig dit ander mense. Dit is belangrik dat die wêreld (in liefde) hoor van God en Sy Woord, wat die enigste hoop is vir dié lewe en die een om te kom, of mense saamstem daarmee of nie.. Jammer ek het nie sy e-pos adres nie, ek sal so graag met hom wou kommunikeer.

Petrus ·

Daar is miljoene jongmense, kinders wat jare worstel met hierdie saak maar geensins betrokke is by die praktiese beoefening daarvan nie – hulle lewe is klaar hel agv die “unconsciousness” van mense rondom hulle. Waarnatoe gaan hulle? Wat ek wel weet is dat die verregaande onkunde en veroordeling wat hier uitgestal word deur sogenaamde christene , die woord pateties soos ‘n lenteblom laat lyk….

Anoniem ·

As jy die Woord lees en n verhouding het met God dan sal jou sieninge ook verander. Die duiwel doen himself voor as die lig en daarom gaan menigte verlore weens n gebrek aan kennis. Daar is n small pad en n bree pad en menigte bewland op die bree pad na die hel. Dan se die word ook dat daar n weg is wat goed lyk maar die einde daarvan is die weg na die dood. Gaan lees so bietjie ou testament en nuwe testament dan sal jy sien die christene gooi nie met klippe nie maar vermaan mense teen hulle sonde maar ja as jy nie vermaan wil word nie dan sal jy dit in n ander lig sien en veroordeeld voel. Groetnis in die wonderlikke naam van Onse Here en n mooi dag

JWC ·

Bewys hom verkeerd …. as hulle kan… Skuus dit moet HOM wees!! Prys die Here vir so ‘n standvastige mens…. en vergeef my Here, ek skiet ver te kort gemeet teen hierdie man…

Gert ·

Daar word gese die een deur moet eers toe wees voor die ander deur sal oop gaan. Ek is 100% agter jou. Mag die Groot deur vir jou oop gaan

JAN ·

Dit was ń veroordeelde moordenaar wie die laaste enigste persoon was wat in Jesus geglo het. En dit was ń swarte van Serene wie Jesus se kruis gedra het. Hmm?
Terwyl Notre Dame brand (Ons Dame = Maria Magdalena)
En die NGK plaaslik deur Vry Denkers media verwoes word.

Heksie ·

Ekt respek vir hom wat nie huiwer om te erken dat hy ‘n Christen is nie! Hoeveel ander sportsterre gee aan God die eer vir hul talente?

Fanie ·

Awesome! Hierdie man is ‘n ware volgening van die Woord van God. Hy het nie ‘n bang haar op sy kop nie. Laat hy ‘n voorbeeld vir ons almal wees.

Ds. T J de Koning ·

Wat ‘n pragtige voorbeeld stel hierdie broer in Christus! Hy het bloot die Bybelse eis tot bekering wat aan alle sondaars gerig word gedeel. Mag hy vas bly staan vir die waarheid!

Nie net gay wees ·

Ek is nie gay nie maar my eie sonde skreeu ten hemele. Die bybel praat van dronkaards, leuenaars, egbrekers, diewe, swendelaars, prostitusie en en. Ons almal sondig elke enkele dag, die bybel praat van wie onder ons kan sê hy/sy is sonder sonde. Haat teenoor gay mense is net so ‘n sonde. As jy by jou standpunt wil staan dat dit verkeerd is doen so maar kyk ook na jou eie sonde. Niemand van ons het die ewigheid beerwe op grond van ons goeie dade nie. Dit was alles uit genade vir die wat glo Jesus het vir hulle (nie ander) se sonde gesterf en opgestaan. Een vinger wys vorentoe maar vier wys terug.

Dogter van die Koning ·

Ek en my skoonsus het nou die dag ‘n gesprek gehad oor gay wees en saambly en “sê nou maar daar is nie ‘n God nie” ens ens…… basies oor Christenskap…Sy glo nie en ek doen. Verstaan my mooi, ek is nie elke Sondag in die kerk nie, ek lees my bybel, dien my God met oorgawe deur elke dag die beste kind vir Hom te probeer wees. My kennis van die Bybel is nie so ver gevorderd soos meeste Christene se kennis nie. Maar die is my beskeie opinie….
1. “Die wereld en lewe het verander” ja ek gee toe, maar my Bybel het nie verander nie, en ek gaan ook nie my “waardes” aanpas om by die veranderde lewe aan te pas nie.
2. My vraag aan haar was…. Ek respekteer jou vraag (toe sy sê… Bestaan jou God ooit?)
Behalwe dat ek ‘n wandelende voorbeeld is van God se Genade, ek het so baie getuienisse van God se goedheid en genade. As my God nie bestaan nie, is alles ok, dan is daar nie ‘n oordeelsdag nie, nie ‘n ewige lewe nie,nie ‘n hel nie,…als is fine….. maar wat gaan van jou word as my God wel bestaan……. ek gaan heeltemal ok wees…. wat van jou?
Ek is lief vir die mens…. ongeag die verkeerd wat hy/sy doen….. ek verafsku wel die sonde…… my God se woord is my riglyn….

minx ·

Tog mag ons nie ander oordeel nie..haal wel my hoed af vir iemand soos hy wat nie terug gaan op sy woord en probeer vure doodslaan nie.hyt gese hoe hy voel en bly staan daarby,al is dit tenkoste van sy loopbaan.

Denise ·

Hoe hartseer deesdae is die verkeerd reg!!!! En die reg verkeerd ??????

khat ·

Jy weet wat ek stem 100% saam jou wat kan jy verloor as daar nie my of ons God is nie maar wat as daar is dan verloor ek alles jy het dit baie mooi gestel so ek stem ook saam Folou maar die wereld se mense in beheer is geld mal so hulle doen alles vir geld en ek het verstaan wallobies se baas is so bietjie skeef dis nou ientlik hoekom daar so n bohaai is

HESTER ·

Jy is dooodreg . Die uitvoerende hoof van QUANTAS? DRYF HY NIE ALLES NIE.? VRA MAAR NET?

Bekommerd ·

Was ook eers by een van die susterskerke tot my oe oop gegaan het.
Van die predikers draai en verander die Woord om by die samelewing te pas, terwyl die Here se niks mag by die Woord bygevoeg of weggelaat word nie.
Maar jy kry predikers asook valse predikers.
Dasar gaan n geween en gekners van tande wees.

Johann ·

Wonder net hoekom hy nie heeltemal so uitgesproke is oor sport op Sondae nie. Dis ook mos in die bybel.
In die bybelse tyd mag jy niks op ‘n Sondag gedoen het nie. Ons het in 1968 nog Sondag middae in die koshuis geslaap. En oggend en aand kerk toe gegaan. So as God dieselfde is en die Bybel dieselfde is, wat het dan verander. Hoekom is dit nou ok. Die antwoord is dat ons God verander soos die wêreld verander.
Die tannies wat so selfversekerd hier skryf. Ek hoop julle dra ‘n hoed kerk toe. Dis ook in die Bybel. En as jy al ooit die kat in die donker geknyp het. Twee duisend jaar terug sou jy toe gewees het onder klippe. So lyk my God het sy idees oor ‘n hele paar goed verander. Of is dit ons wat het?
Die dag as Fulau self ‘n gay kind het gaan hy dalk anders begin dink

Wildeboer ·

Alles rondom Folau is ‘n storm in ‘n teekoppie. Die sport wêreld is al lankal bewus van sy sienings. Waarom die bohaai maak? Hy het niemand werklik beledig nie. Hy het niemand persoonlik gedreig nie. Die reaksie van sy rugbybase is kinderagtig en blaas die vuur aan. Ignoreer hom, lag vir hom, luister na hom, maak nie saak nie. Rugby mense geniet sy talent.

Johann ·

Jammer die groot twee, seks voor die huwelik en saambly het ek vergeet.

Josua Keys ·

Wat my egter hier pla, is dat wereld rugby by regte aankondig dat daar nie plek vir Christene in hul spanne is nie. As hulle regtig omgegee het kon hulle vir die wereld gesê het dat hulle dalk nie met Isreal se standpunt saamstem nie maar dit is sy uitlatings en respekteer dit maar toe draai hulle nie die wang nie en kyk hom reguit in die oë en sê vir hom hy is nie meer welkom om vir hulle te speel nie. Hoe baie Suid Afrikaners wat Australie toe geimmegreer het het gedink dit is die land van melk en heuning, gelukkig weet ons nou van beter en dit is jammer dat ek dit hier moes noem. Israel jy is n wenner maak nie saak wat die mense van jou sê nie.

Anmar ·

Bekommerd, ek stem saam dat wat geskryf is, is geskryf en dis nie vir hedendaagse predikante of ander om dit na willekeur aan te pas nie, maar ek wil jou tog daarop wys dat jy ‘n vers aanhaal wat net op Openbaring van toepassing is.

Dis nie verkeerd om sonde raak te sien of die Bybel se uitsprake daaromtrent nie, dis ook nie verkeerd om by jou oortuigings te staan nie, maar die uiteindelike oordeel bly God s’n. Dis die een ding wat Jesus ons verbied en ernstig teen waarsku.
Is daar ‘n moontlikheid dat iemand hierdie kommentare vir Folau dalk in Engels kan vertaal. Kan Maroela dalk oorweeg om dit aan hom te besorg. Ek dink met uitsondering van ‘n paar, behoort dit hom te ondersteun op sy pad vorentoe.

CallieL ·

Dis hoekom byna niemand van ons die ewige lewe sal be erf nie. Die Bybel het net een stel reels. Julle kan maar probeer aanpas soos julle wil. N gruwel in God se oog is n gruwel. Gaan lees mooi. Sterkte Folau, jy is n beter Christen as 99% van ons wat hier kommentaar lewer

johan ·

Well gedaan Folau – ons boet deesdae te veel ons morele waardes in om polities korrek te wees
God kyk na sy kinders enhet altyd ‘n plan met jou – al besef of verstaanons nie sy plan nie
Let wel: Ek het geen probleem met gays nie en oordeel hulle glad nie maar in my oe is dit ‘n sonde en sal dit nie kan goed praat nie

schalk ·

Jammer gaan heen en vermeerder is die opdrag . Vader se uitverkorenes die wat gemerk is in gedagte en handelswyse. Messias se almal geroep min vind die weg.Jy het n keuse vandag so maak jou keuse nie jou opini.Sorg jy wat hier lees dat jy die regte keuse maak want jou redding of dood le in jou keuse groete.

Biltong ·

Die Woord sê daar is geen sonde wat jou nié vergewe sal word nie, behalwe sonde @ die Heilige Gees. So ek stem ni saam met “reguit hel toe” nie, maar bewonder Folau se vreeslose geloof, vaste beginsel en voorbeeld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.