Force-besluit: Die stryd begin in alle erns

ʼn Mens hoef nie van die Aussies te hou nie en kan hulle van baie dinge beskuldig, maar dalk kan hulle ons tog ʼn les leer van hoe om saam te staan en nie tou op te gooi nie.

’n Hofbevel is Maandag aan die Force (Rugby Wes-Australië) toegestaan om die Australiese Rugbyunie (ARU) te verhinder om voort te gaan met sy besluit om die Force van sy Superrugbystatus te stroop.

Dít het die deur oopgemaak vir die Force om appèl aan te teken teen die besluit en dit sal op 23 Augustus aangehoor word.

Die warboel het reeds die koppe van Bill Pulver, die uitvoerende hoof van die ARU, geëis, asook van drie ander uitvoerende lede.

Terwyl die koppe in die raadsaal rol, staan die Force-spelers saam.

Dane Haylett-Petty (hy is in Suid-Afrika gebore en is op 10-jarige ouderdom saam met sy ouers Perth toe) en Adam Coleman, die Wallaby-slot, sê die spelers sal die besluit nie gelate aanvaar nie.

“Die geveg is nog nie verby nie,” het Coleman gesê, wat Saterdag in Sydney saam met Haylett-Petty teen die All Blacks in die Rugbykampioenskap- en Bledisloetoets speel.

Hoe hulle hul volle aandag by die All Blacks kan bepaal, is ʼn ope vraag, hoewel baie min kenners darem verwag dat die Wallabies die All Blacks kan skok.

“Hoe lank dit ook al duur, ons sal daarvoor wag,” het Coleman volgens die webwerf Rugbyheaven gesê.

Haylett-Petty het die besluit van die Force-ondersteuners verwelkom om by aanstaande maand se toets teen die Bokke in Perth blou (die kleur van die Force) te dra. Hy het ʼn beroep op hulle gedoen om nie die toets te boikot nie.

Die afrigter van die Force, Dave Wessels (nog ʼn oud-Suid-Afrikaner), sê hy het elke speler gebel en sommige van hulle was in trane.

“In hierdie stadium is daar baie emosie. Sommige spelers het selfs hul salarisse verklein. Dis hoeveel hulle vir die Force en die groep omgee.”

Dit klink mos alte veel na die Southern Kings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Gatvol ·

Ek begin kry die indruk kry dat NZ al die voordeel kry. Ek glo dat hulle die alles agter die skerms bewimpel.Wat goed is vir een geld ook vir die ander.

Frans C ·

Die Force se teenkanting is verstaan baar,want die spanne wat uitgeskop is,het onderskeidelik11de Southern Kings,12de Force en 13de Cheetahs geëindig,in 2017 se Super 18.

Daarteen is spanne wat onder hul geëindig het behou, nl 14de Reds,15de Bulls,16de Waratahs,17de Sunwolwes en 18de Rebels.

Dit wil dus voorkom dat van die spanne behou is gegrond op prestasies van die verlede,want dit sluit drie spanne in wat al ‘n super rugbykompetisie gewen het,nl die Bulls , Waratahs, en Reds.

Dat SARU nie sy stem dik gemaak het oor die weglating van die Cheetahs en KIngs en vinnig vir hul ‘n plek in ‘n ander kompetisie beding het, wys dat dit nie hul man kon staan nie
en nie soos die Force vasgeskop het, oor deelname van die spanne wat beter presteer het,as die wat behou is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.