Foster kies Barrett-broers, Clarke vir Laeveld-toets

Die Barrett-broers, Jordie, Scott en Beauden. (AP Photo/Aaron Favila)

Die tafel is gedek vir ʼn geskiedkundige eerste wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks in Nelspruit.

Die Suid-Afrikaners het reeds Dinsdag hul span vir die kragmeting aangekondig, terwyl die Nieu-Seelanders ’n kort rukkie gelede dieselfde gedoen het.

En vergeet maar vir eers wat daar in die media van die All Blacks, hul spel, hul kaptein en hul afrigter gesê word. Kans is goed dat alle klagtes en probleme by die stadionvenster sal uitwaai sodra die wedstryd begin.

In die agterlyn sal Caleb Clarke die no. 11-trui in die plek van Sevu Reece dra, terwyl die Barrett-broers (Jordie, Beauden en Scott) altyd gedugte teenstanders is.

In ’n neutedop – die All Blacks is oorgehaal om nie net die twee toetse teen Suid-Afrika te wen nie, maar hulle wil ook bitter graag met die uiteindelike Rugbykampioenskap-louere wegstap.

“Die Rugbykampioenskap is altyd ’n opwindende toernooi en vanjaar se bepalings beteken dat daar sommer vanuit die staanspoor ’n reuse-uitdaging op ons teen Suid-Afrika wag,” het Ian Foster, afrigter, gesê.

“Ons het egter ons voete hier in Mbombela gevind en ons voorbereidingswerk vorder flink vir nóg ’n klipharde wedstryd teen ons ou aartsvyande.”

Die Springbokke kon die All Blacks laas in 2014 in Suid-Afrika klop toe ’n Pat Lambie-strafskop die wedstryd vir die tuisspan in Johannesburg beklink het.

All Blacks: Jordie Barrett (heelagter), Will Jordan (regtervleuel), Rieko Ioane (buitesenter), David Havili (binnesenter), Caleb Clarke (linkervleuel), Beauden Barrett (losskakel), Aaron Smith (skrumskakel), Ardie Savea (agtsteman), Sam Cane (kaptein en flank), Akira Ioane (flank), Scott Barrett (slot), Sam Whitelock (slot), Angus Ta’avao (stut), Samisoni Taukei’aho (haker) en George Bower (stut). Plaasvervangers: Dane Coles, Ethan de Groot, Tyrel Lomax, Tupou Vaa’i, Shannon Frizell, Finlay Christie, Richie Mo’unga en Quinn Tupaea.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
krodedil

Miljoene “All Black” ondersteuners in SA sal julle luidelik ondersteun.
Leer die kwota Bokkies ‘n rugby les sodat hulle kan terugkom aarde toe.

Frank

Die Bokke haal altyd die beste uit die AB’s uit…. Ons moet vroeg punte aanteken en momentum kry. Nie weer van agteraf probeer inhaal nie.
Maar nou ja, dit was nog altyd die AB’s se modus operandi…

Hennie Biebouw

Enige mens wat dalk mag dink, dat hierdie twee toetse maklik vir die Springbokke gaan wees, dink weer. Daar is niks so gevaarlik soos ‘n All Black span wat niks het om te verloor nie. Ek sien twee donker Saterdae vir die Bokke.

kaplyn

Die bokke gaan seker weer die skop en strom taktiek gebruik. Ek dink die AB, soos ek na hulle spankeuse kyk, gaan die bokke van hulle voete af hardloop sodra die bal, soos gewoonlik, vir hulle geskop word. Dit is duidelik met hulle keuse van Caleb Clarke en die Barrett broers.