Foto’s: Blitsbokke begin sterk in Kaapstad

Foto: GB Jordaan

Die Blitsbokke het gisteraand 50 000 entoesiastiese toeskouers op sjampanje-rugby trakteer toe hulle Japan met 49-0 in hul openingswedstryd van die Kaapstad-sewestoernooi verrinneweer het.

Seabelo Senatla, wat vandeesweek sy eie wynreeks begin bottel het, het sy 228ste en 229ste drie vir die Blitsbokke gedruk, terwyl Kurt-Lee Arendse ook vir twee drieë verantwoordelik was.

Daarna het HTS Middelburg se trots, JC Pretorius, saam met Selvyn Davids en Ruhan Nel vir die ander drieë gedruk.

Die Suid-Afrikaners speel later vandag teen Fidji en die VSA in hul ander groepwedstryde. Die kragmetings word regstreeks op Supersport1 uitgesaai.

  • Vandag se bepalings:

13:51 teen Fidji

20:03 teen die VSA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae