Foto’s: Bokke neem wraak teen Japan

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Dit was beslis nie die mees aanskoulike wedstryd nie, maar wel akkuraat en doeltreffend genoeg om die Brighton-spook van 2015 finaal te verdryf toe Japan die Springbokke destyds met 34-32 in die Wêreldbeker-toernooi geklop het.

Die Bokke het Vrydagmiddag in die Kumagaja-stadion in Saitame behoorlik wraak geneem toe hulle Japan in ʼn WB-opwarmwedstryd met 41-7 geklop het nadat hulle rustyd reeds met 22-0 voor was.

Die Bokke se wedstrydplan in die hitte en bedompige weer was duidelik: moenie toelaat dat die spel uitrafel nie, hou die Japanners op die agtervoet met hoë skoppe deur Faf de Klerk en Handré Pollard en maai hulle agter die voordeellyn af.

Mag ons kla wanneer die Bokke ses drieë druk en 41 punte aanteken teen ʼn span wat negende in die wêreld is?

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Kom ons blaai terug na 1995 toe die Bokke ook maar middelmatig teen Roemenië en Kanada gevaar het, maar steeds genoeg gedoen het om later die All Blacks in die eindstryd te troef. Wat van in 2007 toe hulle ook maar deurgeskraap het teen Tonga en Fidji?

Dis altyd ʼn kenmerk van ʼn goeie span, om steeds aan die wenkant te bly, al verloop dinge nie heeltemal na almal se wens nie.

Soos ek die afrigter, Rassie Erasmus, ken, sal hy nie te ingenome met sekere aspekte van die Bokke se spel gewees het nie, maar dit was immers ʼn opwarmwedstryd om die pad vorentoe uit te stippel.

Kom ons begin by die pluspunte: momentum is belangrik en dié span ry nou op die golf daarvan.

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Die Bokke is steeds onoorwonne vanjaar en het gewys dat hulle die skroewe kan aandraai wanneer dit nodig is.

Die pak sal nie maklik deur ander spanne oorheers word nie en daar is genoeg vaart agterlangs om drieë te kan druk. Hier en daar het ʼn lynstaan gelol, maar dit sal in oefeninge reggestel word.

En dan die negatiewe aspekte: die Bokke se taktiese skopwerk tref nog nie die kol nie en dalk kon hulle die bal meer wyd gerek het, ondanks ʼn glibberige bal.

Damian de Allende se spelpeil wek (steeds) kommer en hier en daar het die dissipline ook gelol.

Foto: (AP Photo/Shuji Kajiyama)

Maar ʼn mens kan sekerlik nie die dag kla wanneer jou twee vleuels, Makazole Mapimpi en Cheslin Kolbe, vyf drieë tussen hulle gedruk het nie: drie deur Mapimpi en twee deur Kolbe.

Dis sekerlik hoekom Erasmus-hulle vroeg na Japan gereis het, om gewoond aan die bedompige hitte en ander toestande te raak en om hul huiswerk behoorlik te doen voordat hulle die All Blacks oor twee weke pak.

Maar is dit genoeg om die Iere, Wallis, Engeland en All Blacks te klop?

Puntemakers:

Suid-Afrika 41 (22): Drieë: Cheslin Kolbe (2), Makazole Mapimpi (3), Herschel Jantjies. Doelskoppe: Handré Pollard (2), Frans Steyn (2). Strafdoel: Pollard.

Japan 7 (0): Drie: Kotaro Matsushim. Doelskop: Yu Tamuru.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Swartwolf ·

Voorspelers was goed. Duane was weer voor en het die voorbeeld gestel. Maar dankie tog vir Faf en Pollard wat soos voorspel die breins agter die oorwinning was. Stem saam oor die ellende hy is ‘n risiko. Kriel was goed veral op verdediging. Kolbe ten spyte van sy driee (een onderskep) gewys hy kan flaters op verdediging maak. Mapimpi was fantasties.

George ·

Faf? Nou amptelik die nr 9 met die stadigste diens in die wereld. Hoekom gee hy die opponente kans om verdediging op te stel terwyl hy sy skop “adveteer”? Swak

Swartwolf ·

George die strategie was om die wedstryd stadig te maak en die voorspelers in beheer te hou. Dan het Faf en Pollard die Japanese onder druk geplaas met hoe skoppe met ‘n glibberige bal. 2015 toe die wedstryd losgetorring het wat het gebeur? Regte wedstrydplan regte spelers.

Genieve ·

Ja nee met Damian se spel wek kommer en die regte rugby le nog voor.

Anoniem ·

Ons was net 1 keer werklik baas in die skrums, ons behoort Japan te vermorsel het.

Tredoux ·

Faf speel wedstryd na wedstryd swakker. Reinach en Jantjes strate beter as Faf

Nico ·

Wat is die ding van wraak geneem. Dit gee my ‘n pyn in die g… as daar so gewraak word. Dit is meerderheid ander spelers, ander bestuur, ander land en ander alles. Ons moes in die eerste plek nooit die vorige een teen hulle verloor het. Dit was a.g.v afrigters wat net hul boeties in span wil hê. So gaan boetie, boetie ook hierdie wêreldbeker verby ons gaan.

Spiekeries ·

Ek verstaan die strategie agter die skoppe, maar dit het elke keer net besit afgestaan? Die tye wanneer geskop is, was ook nie altyd reg nie. Dit is onsin om van agter ‘n skrum te skop sonder om te weet waarheen jy skop en hoeveel verdedigers reeds daar is. Jantjies is ryp genoeg om die leisels oor te vat.

kolla ·

Jantjies verdien beginspan bo Faf. Kaptein Kolisi die boere georganiseer om nie weer van die ossewa af te val nie. Dankie tog Kwakkies was nie betrokke nie. De Allende uitstekend verdedig, ons sal sukkel sonder hom – alewige kritiek is ongevraagd. Plaasvervangers was oor die algemeen swak, kommerwekkend.

Apools ·

Toe die ossewa se wiele oor die land in 1836 gedraai het was dit 5300 jaar na die wiel uitgevind was. Dit moet iets se. Jou aanmerkings se dieselfde.

Lekker lag ·

Boere val nie van die ossewa af nie. Maar lyk my die kraantjie loop weer sterk dalk tyd om op die waterkar te klim.

Poot ·

En “capt kolisi” kan nie n game deurspeel nie. Wat n grap.

Swartwolf ·

Half day work full day pay. Regte kwota speler. In elk geval lyk of hy eerder die kwotas op die ossewa gehou het as die boere. Die ellende was wel, ellendig hy bly ‘n risiko.

Kerneels ·

Skop SA uit die wêreldbeker. Politiek in sport, rassisme en xenofobia is onaanvaarbaar.

Niklaas ·

Mooi Mapimpi , maar hy sal nie so teen Allblacks baljaar nie. En sy ou kwaal om binne toe te kom speel langs die losskakel, lei tot driee vir die opposisie. Kyk maar na opname van die wedstryd. Kolbe se spel is baie goed. Die Elende se onnodige skoppie met 2 spanmaat spelers langs en net 1 Japanner voor hom getuig van swak oordeel. Kolisi het heel goed gespeel.Ek hoop ons kom ver in hierdie wereld beker vanjaar

Willem ·

Kolisi is ‘n puik speler maar hy kom nou eers terug van ‘n besering en gaan hom duidelik nie binne die volgende maand of twee fiks en in vorm kan speel nie. Nou is die vraag: Is kapteinskap so belangrik om ‘n wêreldbeker in te gaan met ‘n flank wat op huidige vorm (a.g.v. ‘n besering) nie eens in curriebeker rugby ‘n bydrae kan lewer nie?

In 2015 was dit dieselfde met Jean de Villiers toe hy kaptein was. Dis tyd dat daar besef word kapteinskap is nie so belangrik nie. Jy verloor niks deur vir Vermeulen kaptein te maak en vir Kwagga op 6 te speel nie. Rassie is ‘n puik afrigter maar as hy dink Kolisi se spelpeil is op wêreldbeker standaard sit hy die pot vêr mis.

Mapimpi se verdediging is nie op standaard nie en sy 3 drieê kon enige vleuel gedruk het. Hy is nie sleg nie maar is niks spesiaals nie. Nkosi is aan die anderkant puik en op vorm. Kannie glo Rassie kan dit nie sien nie.

Swartwolf ·

Vermeulen en Pollard is albei beter spelers en ten minste in die top 3 in hul posisies in die wereld, beter leiers, en word meer gerespekteer deur ondersteuners oor die hele wereld. Hulle het chutzpah en gravitas, selfde as John en Francois. Kan ons dieselfde se van kwota?

Nico ·

Dit is presies wat ek bedoel het met Meyer en sy boeties in 2015 en nou Rassie en sy boeties. Dit gaan ons weer nog ‘n beker kos.

Willem Roux ·

Wat is die rede dat Faf vir 4 of 5 sekondes sy een been in die grond skop en wag en wag en wag voor hy skop? Maak dit nie die bal te stadig nie? Is dit nie te voorspelbaar nie? Of is ek din? Jantjes en Reinach sal BAIE beter vaar op nr 9

Hennie ·

Moenie te gou bly word nie, volgende week verloor hulle weer soos ‘n plaasskooltjie se vierde span.

Werner ·

Die rubriekskrywer moenie Christie se 95-span en White se 2007-span in dieselfde stuk gebruik nie. White se span het nie teen Frankryk, Ireland, NeuSeeland of Australia gespeel nie. Voorwaar n luckypacket toernooi. Almal behoort almal te speel soos by die onlangse CricketWorldCup .

Dries ·

Maar ons het die spanne goed geklop wat hulle geklop het. Engeland het Australië vermorsel, in die kwarteindstryd van 2007 en hulle het Frankryk ook geklop. Ons het die Pumas goed geklop in die semi-finaal en hulle het die Hane 2x geklop in daardie toernooi. Ons het Engeland 2x met meer as 7 punte geklop gedurende die toernooi. So ons wen van die wêreldbeker in 2007 moet nie afgemaak word dat ons nie teen die bestes gespeel het nie. Ek verwys weer na die Engeland se game teen die Aussies, hulle het die Aussies met gerief geklop. Dis die All Blacks se eie skuld as hulle teen die Franse vasgeval het in die kwarteind.

Poot ·

@Werner
Ai tog… duidelik weet jy nie hoe werk groepe en uitspeel wedstryde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.