Foto’s: Bokke se ‘tweede bestes’ pure goud

Foto: GB Jordaan

Vergeet maar voorlopig van die Springbokke se sogenaamde tweede span.

Die spelers wat Saterdag op Ellispark in die Rugbykampioenskap die Wallabies se tjank met 35-17 kafgedraf het, is daar omdat hulle hul plekke verdien.

Is daar ander spelers, dis nou benewens die spelers wat reeds in Nieu-Seeland is om die All Blacks aanstaande Saterdag in Wellington te pak, wat beter as Saterdag se Bokke is?

Dalk een of twee ongelukkiges hier en daar, maar ek twyfel sterk.

Daar was vooraf in sekere kringe klagtes oor die samestelling van die span, dat van die spelers verroes sou wees, dat van hulle te lanklaas gespeel het, dat die nuwelinge dalk nie die mas sou opkom nie.

Foto: GB Jordaan

En ja, daar was soms ʼn oorywerigheid, soms het die Wallabies gans te maklik deur die verdedigingslinie gebreek, daar was ʼn gebrek aan dissipline soos met André Esterhuizen se geel kaart vir ʼn gevaarlike duikslag op Jack Maddocks, maar in die geheel beskou kan ʼn mens redelik tevrede voel, veral as jou tweede span só speel.

Dit was nie volmaak nie; baie mense sal sê dis net die Wallabies, wag maar vir aanstaande week vir die All Blacks.

Maar gee Saterdag se Bokke die eer wat hulle toekom; gee hulle ʼn kloppie op die skouer, want die grondslag is na alle waarskynlikheid gelê. Onthou, in Wêreldbekerjaar moet jy twee spanne hê wat mekaar kan aanvul, spelers wat kan roteer, spanne wat mekaar kan druk.

Foto: GB Jordaan

Dis waar die nuweling Herschel Jantjies uitgetroon het, waar Lood de Jager soos ʼn beer gespeel het, waar Cobus Reinach ook baie flink was, en Elton Jantjies, wanneer hy die dag raak korrel, van die beste stelskoppers is.

Wat dui die statistieke aan? Dat die Bokke vyf drieë (vir ʼn bonuspunt) teenoor die Wallabies se twee gedruk het, dat hulle ʼn rapsie verder (304 m teenoor 299 m) met die bal gevorder het, dat hulle die bal 136 keer teenoor die Wallabies se 142 aangegee het, dat hulle 113 keer verdedig het, maar 26 duikslae gemis het, teenoor die Wallabies se 117 duikslae waarvan hulle 16 verbrou het.

Die Bokke het ook meer geskop (26 keer teenoor 16), maar takties is die Wallabies onder druk gehou.

Foto: GB Jordaan

Kan ʼn mens met dié Springbokspan nou al oorlog toe gaan?

Dis te vroeg in die seisoen, daar is nog baie om aan te werk, maar hoekom sal ʼn mens kla wanneer jou netbalspan se slae teen die Aussies gewreek is?

Puntemakers:

Suid-Afrika 35 (14): Drieë: Herschel Jantjies (2), Lood de Jager, S’busiso Nkosi, Cobus Reinach. Doelskoppe: Elton Jantjies (5).

Australië 17 (10): Drieë: Dane Haylett-Petty, Kurtley Beale. Doelskoppe: Bernard Foley (2). Strafdoel: Foley.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Valerie ·

Asseblief tog; hier kom die Suid-Afrikaanse siekte van “beste in die wêreld” siekte alweer. Wag tot die WB; geen kans. Nul.

Valerie ·

In perspektief gesien, beteken die Rugbykampioenskap In die WB jaar absoluut niks. In die vorige WB jaar (2015), het Australië die kampioenskap gewen maar die ABs het hulle uitmekaar gespeel in WB. Professionele spanne werk met ‘n plan in ‘n WB jaar; spanne soos die onoortreflike ABs, Engeland, Ierland, Frankryk. Hulle gebruik die kampioenskap/Ses Nasies as voorbereiding, terwyl SA dink hulle het reeds die WB gewen…groot verskil.

Pieter ·

Jy sal seker met niks tevrede wees nie. Regte ou bitterbal.

schaun ·

Valerie, verskoon maar ons afrikaanse volkie ons is al so verniel en op getrap dat ons met min tevrede is maar ek stem saam hulle sal nie eers die uitspeel rontes haal nie.

Snip van Joburg ·

Ai julle klomp wat so negatief is. So what as hulle die wereldbeker verloor. Geniet nou elke wedstryd wat hulle speel. Hoekom gaan speel julle ou kla kouse nie. Wat n mooi sang deur die 2 sangeresse wat die Volksliedere gesing het. Asemrowend.

Vlakvark ·

Valerie ek kan my net in dink hoe hartseer jou lewe moet wees

Griet ·

Ag,Valerie…. jou ou groottoon se SUURKNOL hoor…!!
Sluk prozak vir jou depressie!

DIE BOKKE HET GEWEN !
WELGEDAAN MANNE, JULLE MAAK ONS TROTS

CHAPPIES ·

Daarsy Griet!
Vat die alewige klaekouse vas, hulle gee my ook n pyn.
n WEN is n WEN! Doe zo voort Bokke

Grote Griet ·

Wag vir die WB. Geskryf dan weer in hoofletters as die bokke liederlik verloor.

Poot ·

@Valerie
Jys seker een van daai SA’s wat ń AB trui het. Ons praat weer as die Bokke die WB wen….. galbraak is al wat julle ken. GO BOKKE.!!!!!

Rinkhals ·

Stem saam Valerie. En Aus rugby is uiters power. Nou is diè 2 de bestes goud….die hemel behoed ons. Jantjies het goed vertoon maar as dit NZ, Eng of Ierland was het ons nie so gejubel nie. Elton op 10 en senters uiters middelmatig. Elstad was nerens soos voorspel is – re stadig. Willemse op heelagter genuine middelmatig. Swak wedstryd wat opgepraat gaan word voor die wereldbeker.

Poot ·

@Rinkhals
Die “magtige” All blacks was ook maar power teen die Argentyne. Baie gelukkig gewees om te wen. Jyt ook seker ń AB trui?!

JohanL ·

En daar wys Rinkhals sy kennis van rugby (Willemse???) is onoortreflik :) LOL. Sien uit na sy volgende “sinvolle” kommentaar. LOL

Rinkhals ·

Ag ou JohanL wees tog oorspronklik wanneer se jy iets oor die rugby ipv net om te troll en soek vir ‘n arguments wat kon gebly het. Jou oorspronklikheid is oorverdowend.

Derek ·

Kom nou mense,gee die bokke n kans.
Ja,daar is baie geleentheid vir verbetering nog maar dis ook onnodig om hulle byvoorbaat KLAAR te oordeel en negatief te wees

Johann cb ·

Ons glo die manne sal die tempo deurgaans kan handhaaf! Welgedaan ouens!

Nico ·

Wel wat “superrugby” gewys het, het ons vannaand gesien. Aussies is swak. Waar is huur soldate soos Steyn en Elstadt. Was hulle op die veld?

Poot ·

Nico duidelik het jy die game gemis. Elstadt het sy kant gebring… en toe Frans Steyn op die veld gekom het was die voordeel lyn telkemale gebreek. Of het jy buite gestaan en braai?

PIERRE ·

Nico, ja Elstadt en Steyn was op die veld en het goed gespeel. Waar was jy, seker nie voor die TV?

Willie ·

Gee die manne n kans, dit was nie nie sterkste span wat Rassie laat speel het nie

ChrisE ·

Ek het voorheen al kommentare van die rugbykenners op die forum in twyfel getrek. ‘n Ruk terug het “rugbykenners” Handré Pollard as ‘n onder gemiddelde speler beskou. Die span wat vanmiddag teen die Austaliërs gespeel het, het hulle goed van hul taak gekwyt. Alles was nie perfek nie, maar wat ek gesien het het my beindruk. (Min dinge beindruk my deesdae). Dit is net vir my opvallend dat daar so baie negatiewe kommentare op die forum verskyn. Hetsy sport, polities of enige ander gebeurtenis. Ek verstaan ons bly nie in ‘n ideale situasie nie. Daar word teen ons wittes diskrimineer. Afrikaans word verguis. Boere word vermoor. Almal skree te hemele. Ons moet oppas dat ons nie in sak en as verval nie. Ons (wittes) het in die land gemaksugtig, bederf en bevoorreg geword. Ek het ook lank op my agterent gesit en kritiseer. Ek was my eie vyand en ondergang. Ek het myself gevra, wat doen ek om my omstandighede te verbeter of moet ek wat dat iemand anders dit vir my doen. Ek is vol hoop vir ons rugbyspan. Hulle kies nie hulself nie. Ons kan gerus gaan kyk na oorsese afrigters. Hulle bly gewoonlik nie net een seisoen aan nie. Dit neem tyd om ‘n goeie span af te te rig en te skool. Dit vat langer om ‘n beter span af te rig en te slyp vir groter prestasies. Sit op jou rusbank, teug aan jou bier en eet jou biltong en chips.

Poot ·

@ChrisE
Dankie Chris. Beter kon ek dit nie gestel het nie. Thumbs up vir jou kommentaar.

Lekker lag ·

Kyk Chris jy het die formule vir eindelose geluk: blameer ons lui en gemaksugtig afrikaners, druk jou kop in die sand en wees net positief. Soos ou Jan Brand gese het – “Als sal eendag regkom” Weet net nie wanneer.

pb ·

Jip antoon…die stomme man weet nie eers wie gespeel het nie LOL!! Rinkhals…die manne in groen was uitstekend op die dag…”kwotas” en al!! Elkeen het sy kant gebring en was die beste op die veld.

Lekker lag ·

Jou kwota spannetjie gaan nog bloei. Aus was gister pateties en onbeholpe.

kolla ·

Hierdie kwota spannetjie het al verlede jaar die AB’s in hul agterplaas kafgedraf. Hierdie wereldbeker gaan baie interessant wees. Bittermin te kies tussen die eerste vyf spanne op die ranglys en moenie vir Australie weggooi nie. Ek gaan my kop uitsteek en sê dat die AB’s nie die werledbeker gaan wen nie.

Lekker lag ·

Die span wat 2018 in NZ gewen het het nie kwotas ingehad nie en Whiteley was die kaptein vir 30 min in die 2 de helfte en tussen hom en Faf se leierskap ‘n wen verseker. Onthou jy ou kolla die Loftus game toe die kwotas hoekom toe drop werfbokkies 17 punte in 16 minute vir ‘n skandelike neerlaag of het jy vergeet ???

Cuda ·

Eerste. Geluk aan die bokke. Julle het gewen en Rassie verdien spasie en geduld van ons as ondersteuners om diepte te bou in “elke” posisie. Dis die eending wat ek dink ons vanjaar gaan hê, om saam met die groot honde te blaf. Selfs NZ se spel teen die Pumas was nie kookwater nie. Al wat tel in die WB van 2019, wie is die champ. Rassie het net paar wedstryde oor. Make it count …..

Rinkhals ·

In isolasie gesien ja goeie vertoning kwotas en al. Net paar punte – selfs Erasmus se die span het nie as ‘n span gewen nie maar eerder individue wat goed gespeel het. Dan die Aus span is uiters swak England, Ierland, Wallis en NZ sou baie verder gewen het. NZ se derde span klop die Pumas in Argentinie nie SA of Aus sou dit gister gedoen het nie. Die heelagter was Gelant reeds dit reggemaak bo. Verander na fp toe ipv pb die vorige aanmerking was onvanpas.

Antoon ·

Ek sien jy het jou foutjie agter gekom. Google is darem ‘n wonderlike ding :-)

kolla ·

NZ se derde span? Ek tel 9 gereelde eerste span spelers in die opdrafspan wat teen Argentinie gespeel het.

Neutraal ·

Swak Australiese span = Goeie Bok Vertoning.
Nie negatief nie, net realisties.
Jantjies, het herinner aan Joos as hy om daai skrum breek en dit was lekkerrrrrrrr om te sien.

Ek wonder ·

Ek wonder of, op die laaste foto, dit n vlamblaser is wat op die paweljoen gesit het of het Groenie die Draak ook by die wedstryd bygewoon?

Poot ·

@Rinkhals
Dit wil voorkom of JY in issolasie lewe. Wees bietjie trots…. los die swart galligheid en gaan bêre jou AB trui agter in jou kas.

Poot ·

Sal graag almal se monde wil hoor wanneer die Bokke die WB wen. Al die swart galliges sal seker nogsteeds negatief of die forum wees.

Rinkhals ·

Dalk. Dalk is dit dan ‘n geval van “foot in mouth”. Of dalk “poot in bek”…???

Ruben ·

Die wedstryd het getoon dat ons heelwat diepte het en daar is talent om uit te kies…ons lyk veel beter as twee jaar terug en kan gerus optimisties raak oor die Wb.

Spike ·

Raak ontslae van Elstadt, hy is ñ vuil speler en gaan ons wedstryde kos.

Henk ·

Ek was in my lewe baie nou betrokke in rugby. En in my lewe het ek nooit gesien of gehoor hoe Afrikaanssprekendes mekaar kan sleg se en soos hooligans tekere kan gaan as dit kom by een ou se opinie oor iets wat op die veld gebeur het nie!!! Werklik? Hoe de hel verafgod julle die sport so erg dat julle mekaar so kan minag en sleg se net oor jou opinie met die van n ander verskil!?

Swartwolf ·

Kyk Henk rugby is maar altyd nog ‘n rowwe game jy weet “if it gets too hot get out of the ruck” is dalk meer van toepassing.

Nico ·

Asb. moet dit nie vir poot sê nie. As Rassie se lofsanger gaan hy jy vermorsel waar hy jou kry.

Muffin ·

Al die Ab ondersteuners kan se wat hulle wil. n WEN IS N WEN. Kom ons wees dankbaar daaroor. Wat my aan betref was dit n goeie game. Ek glo ons kan die Ab en Engeland wen en gaan dit doen.

TLC ·

Mooi game Bokke mooi
Laat ons net glo in julle
Wat is die verskil tussen die 2 Jantjies
Een van hulle KAN rugby speel

Ralph ·

Pieter Kruger van Maroela Media. 2de drie van Ausies is deur Bernard Foley gedruk.

Rinkhals ·

Antoon, nee kyk die tyd bo. Ook maar stadig. Maar ek dink An”toon” en “poot” is “verwant”? Iets nie lekker met die voete saam nie…ha ha ha. Maar dis net ‘n grap het nie op jou An”tone” getrap nie.

Swartwolf ·

Kyk man of the match was eintlik kolisi. Uitstekend van sy taak gekwyt sonder om die span te ontspoor met swak leierskap en sy span ‘n wenkans gegee. Mag hy nog baie wedstryd die posisie vervul.

Swartwolf ·

Cheers Nico ek vat een met jou. Kolisi is uitgenip vir daai rol.

Kerneels ·

Kon nie die game kyk, maar lyk my ek moet my woorde sluk oor bedenkinge oor die skakelpaar. Klein-jantjies pure bok op nr 9 gewees… en Jantjies homself weer goed gelyk?

Frans C ·

Dalk kyk ons nie objektief na wedstryde en raak heeltemal emosioneel betrokke.
Die Wallabies is nie sou swak as wat die telling aandui nie.Trouens die feit dat hul ‘n verspot maklike drie verbrou het laat die telling beter lyk as wat die spel van die Bokke
aanbetref.
Die Bokke is in die lynstane ‘n paar keer maklik op hul eie bal geklop.Hulle kon ‘n Wallabiepak met talle ontwrigtings nie totaal oordonder in die skrums nie.Die grootste
bekommernis is die wyse waarop veral hul twee senters die bokverdediging verspot maklik geklop het.Die feit dat hul so dom was om seker die no 1 heelagter Folou om godsdienstige redes uit Australiese rugby te skop dring seker nou tot hulle deur.

Persoonlik is eintlik in twee geskeur, bly dat hy nie daar is maar ook ‘n tikkie hartseer dat ‘n mens die ou nie weer in aksie sal sien nie.Die Springbokvoorry het nie heeltemal oortuig nie en sou die huidige WP voorry met Sadie en Louw ‘n verbetering gewees het.

Dan verstaan ek ook nie waarom Cornal Hendricks nie ook ‘n kans gegun is nie.Die manier waarop hy Jordie Barrett geklop het wys dat hy nog steeds beter as sommige
vleuels in die span is.

Herschell Jantjies wat kan ‘n mens sê.Die beste Springdebuut in jare.Klop hard aan die beur van die beginspan.Daar kan werklik uit die twee spanne ‘n goeie span gebou word,jammer dat die tyd so kort en wedstryde so min is.

Ewald ·

Stem 100% saam met jou. As Australië daai 2 maklike drieë kon gedruk het en die 3 punte van die strafskop voor die pale gevat het was dit n heel ander game. Ek bly in Australië en rugby hier is “dood”. Hoor en sien niks daarvan op tv en koerante. Maar is bly oor die bokke se wen en Hercel se goeie game. Goeie ondervinding vir die jonger manne.

Nico ·

Ja Frans C. Dan dink ek ook dat Lood gelukkid was sat sy drie wel toegeken was. Ek twyfel of die TV skeidsregter daardie drie sou toeken.

Ursula ·

Ja, dinge kon seker beter , maar dit was lekker om net weer rugby te kyk wat postitief was en n wen te vat. Paar spelers het uit gestaan en ander nie so baie, maar wen is n wen,
Dankie Bokke,

Ursula ·

Ja, dinge kon seker beter , maar dit was lekker om net weer rugby te kyk wat postitief was en n wen te vat. Paar spelers het uit gestaan en ander nie so baie, maar wen is n wen,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.